Staking begin by Tiso Blackstar

Argieffoto

Tiso Blackstar-werknemers verbonde aan die Inligtingkommunikasie Tegnologie Vakbond (ICTU) sal dié week oor salarisse en bonusse begin staak.

Tiso Blackstar besit koerante soos Business Day, Sunday Times en Sowetan. Die maatskappy se Parktown-hoofkantoor is ook die plek waar die kommissie van ondersoek na staatskaping se verhore plaasvind onder leiding van adjunkhoofregter Raymond Zondo.

Die maatskappy het Vrydag ʼn stakingskennisgewing ontvang. Volgens die vakbond het ʼn reeks onderhandelinge tussen werknemers en Tiso Blackstar se bestuur misluk.

“Die maatskappy pleit armoede en ignoreer die feit dat werkers erge finansiële druk moet trotseer weens Tiso Blackstar se versuim om hulle regverdig te vergoed. Die eerste staking wat op 6 Maart vanjaar sou begin, is afgeweer nadat die werkgewer by ICTU gepleit het vir ʼn geleentheid om te onderhandel,” het ICTU in ʼn verklaring gesê.

“ICTU het ook pogings aangewend om ingryping van die kantoor van die staatskapingkommissie te versoek om moontlike ontwrigting van hierdie belangrike nasionale proses te vermy.”

Volgens die vakbond het ʼn reeks gesprekke en vergaderings gevolg wat op 18 April tot ʼn einde gekom het. “Gedurende hierdie laaste vergadering het dit baie duidelik geword dat die maatskappy nie gewillig is om toe te gee aan die eise van werkers nie. Werknemers was nou te lank reeds geduldig en het besluit om die werkgewer se arrogansie te straf deur hul besware na die strate te neem vir openbare simpatie.”

ICTU sê die protesaksie sal begin met ʼn sloerstaking vandeesweek, waarna ʼn volskaalse staking vanaf 6 Mei sal volg. Werkers sal ook op 7 Mei ʼn optog na die maatskappy se kantoor in Parktown hou waar ʼn memorandum oorhandig sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johan ·

En wat as die koerant groep werklik nie groot salaris aanpassings kan bekostig nie?

Willem van der Merwe ·

Het iemand al probeer bepaal hoeveel stakings en/of betogings en/of optogte op n gegewe tydstip aan die gang is?

wraggies ·

Die gedrukte media sukkel al klaar weens aanlyn media, dalk nog ‘n spyker in die kis.

Wonder net ·

Ai ai ai.
Ek wonder hoeveel word word die maatskappy betaal vir die gebruik van hulle kantore vir die staatskapingondersoek.
Is daar nie regeringskantore wat gratis gebruik kan word nie?
So saam met die Zondo kommissie se ondersoek vind daar sommer weer korrupsie plaas. Dalk dalk nie.

marous ·

Wie is die eienaars van die groep ? Sekerlik nie familie van “Jan Kry Die Skuld Vir Alles” nie .

Koos ·

Werknemers was geduldig . . . het besluit om die werkgewer se arrogansie te straf . . . deur hul besware na die strate te neem vir openbare simpatie
Die eerste twee goed hier sal enige regdenkende mens sommer warm onder die kraag maak. En dink hulle nou werklik hulle gaan simpatie kry by mense wat nie betrokke is nie deur hulle te ontwrig of deur eiendom te beskadig?
Waar kom hierdie klomp aan hulle absolute waningeligte arrogansie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.