Swaziland bevestig eerste Covid-19-geval

Argieffoto (Foto: ANA)

eSwatini (Swaziland) het sy eerste geval van die nuwe koronavirus (Covid-19) bevestig, aldus die land se ministerie van gesondheid.

Gesondheidsminister Lizzie Nkosi het gesê die geval is Vrydag bevestig. ʼn 33-jarige vrou wat aan die einde van Februarie van die VSA teruggekeer en toe na Lesotho gereis voor sy huis toe gekeer het in Swaziland, is tans in isolasie.

“Sy het op 7 Maart teruggekeer. ʼn Privaat dokter het haar gesien en op 11 Maart ʼn monster geneem vir toetse in ʼn Suid-Afrikaanse laboratorium. Die toets was positief. Die pasiënt is stabiel en is in isolasie en word gemonitor,” het Nkosi bygevoeg.

Mense wat met die persoon in verbinding was, word nou opgespoor. Twee ander vermoedelike gevalle is vroeër vandeesweek aangemeld, maar die uitslag was negatief. Die land wat vir die uitslag van 12 ander gevalle.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Spiekeries ·

Nou ook twee bevestigde gevalle in Namibia (Windhoek).

Karin ·

En wat van al die mense op die vliegtuig en op die lughawe ens ens ens ………..?

SJME ·

Jy vee nie die see met ‘n besem na ‘n kant toe nie… Hierdie virusse en plae het hul eie uitspansel-realms waarin hulle lewe. God is volkome ook daarin, in beheer.

Lorna ·

Ek verstaan daai vliegtuig het al geland en 2 busse is oppad na hul nuwe blyplek vir volgende weke

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.