Skielik is daar ‘n leegheid, veel groter as die asempie wat ta’ Grietjie altoos was. Haar klein koppie met haar kenmerkende pienk kappie is vir oulaas neergelê.
Maar ta’ Grietjie is een van daardie mense wat haar leeftyd sal oorleef. Nog lank na die Namakwalandse son oor ta’ Grietjie se laaste rusplek loop sak het, sal mense nog “Dis ‘n lekker ou Jan” neurie, of ta’ Grietie in die geestesoog oproepe soos sy die riel kon dans dat die klippe spat.
So met haar seningrige gebreide lyf…
Ta’ Grietjie was op haar manier ‘n ambassadeur vir Garies en die Namakwaland, en veral die kultuur. Die kultuur van die streek se bruin mense deur wie se are nog ‘n sterk stroom Namakwa- en Namabloed vloei.
Op haar opgetoë manier het sy baie brûe help bou in ‘n land wat baie brûe nodig het.
Maar haar soort kom net eenmaal in ‘n leeftyd verby, en daarom is dit goed dat haar herinneringe haar leeftyd ruim sal oorleef.
Ta’ Grietjie is stellig reeds baie besig – daar waar sy nou in haar nuwe geweste die hemelinge die riel leer dans.
goed geskryf, veral die laaste paragraaf, en tog so hartseer
Jammer om te hoor ta Grietjie is oorlede………sy kon die rieldans so mooi doen en daardie “lekker ou Jan” Sterkte aan haar familie!!!