Tlokwe: ANC verloor hofaansoek

Annette Combrink, burgemeester van Tlokwe-munisipaliteit

Die hooggeregshof in Pretoria het pas ʼn aansoek van die ANC, om ʼn vergadering, waar die voormalige burgemeester van Tlokwe ontsetel is, ongeldig te verklaar, van die hand gewys.

Regter Neil Tuchten het Maandag bevind dat die raadsvergadering waar die voormalige burgemester, Maphetle Maphetle, ontsetel is, wettig was. Regter Tuchten het ook bevind dat Maphetle se besetting van die burgemeester se kantoor, onwettig is.

Die ANC het verlede Dinsdag aangekondig dat die raadsvergadering, waartydens DA-raadslid Annette Combrink as burgemeester aangewys is, ongeldig verklaar moet word. Die ANC het Combrink nie as burgemeester erken nie en het gesê Maphetle is steeds die burgemeester.

Combrink is op 2 Julie vir die tweede keer sedert November as die nuwe burgemeester aangewys.
Die ANC se tugkomitee in Noordwes het 14 van sy raadslede geskors wat teen Maphetle gestem het. Hulle is ook as Tlokwe-raadslede afgedank.

Lees ook:
Tlokwe hoor vandag dalk oor burgemeester
ANC hof toe oor Tlokwe
ANC in Noordwes stem nóg ‘n raadslid uit
Potch-raadslede met hofdokumente bedien
Video: Oud-Potch-burgemeester weier om te ontruim
ANC skors Tlokwe-raadslede
Oud-burgemeester weier glo om kantoor te verlaat
Voormalige Tlokwe-burgemeester gereed om terug te veg
DA weer in beheer in Potch
DA verloor Tlokwe-burgemeesterspos
Noordwes kry eerste DA-burgemeester

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

johan storbeck ·

soos iemand voorheen opgemerk het dat die land deur die howe regeer word, ek is dankbaar die howe hier word nie gemanipuleer deur die regering soos in zimbabwe nie, as dit is hoe ons dit moet doen dan doen ons dit. ek soek nog net die predikant wat kan opstaan en vir die regering kan se om nie die Christelike geloof voor te se hoe om dit uit te oefen nie,

Deon ·

Een Klein tree weg van ANC diktatuur, een tree Nader na ‘n kanton en selfbeskikking.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.