Top-20: Christia Visser kap na kritici in nuwe snit

Christia Visser. (Foto: Verskaf)

Die prins van Potch, oftewel Eloff, is steeds in die no. 1-posisie op die Maroela Media Afrikaanse Top-20, maar gaan dalk in komende weke kompetisie kry.

Die donkerkop sangeres Christia Visser se jongste enkelsnit, “Wat de hel”, is pas bekendgestel en maak sy toetrede tot die trefferparade in die no. 14-posisie.

Die “17 Shots”-sangeres is terug agter die mikrofoon nadat sy en haar man, Thomas Webb, hul skattige babadogtertjie, Kida, in Mei verwelkom het.

Volgens Visser is dié nuwe enkelsnit haar manier om “kantlyn kritici” aan te vat. “Daar is altyd iemand wat nie tevrede is met hoe ek en jy dinge doen nie. Dit kan mense wees wat ons nie ken nie of selfs iemand na aan ons en hulle is dikwels nie bereid om uit te vind presies hoekom ons dinge op ʼn sekere manier doen nie,” vertel die sangeres.

Daar is verder vier liedjies wat klim, 11 wat hul plek verloor en vier wat onveranderd bly.

  1. Eloff – “Witblits”
  2. Riaan Benadé en Jay – “Rowwe bliksem”
  3. Prop — “Kwaaitjie”
  4. Droomsindroom – “Hey sonneblom”
  5. Brendan Peyper – “Insomnia”
  6. Eloff – “Johnnie blou”
  7. Riaan Benadé – “Spontaan”
  8. Irene-Louise van Wyk — “Tekkies brand”
  9. Riaan Benadé en Ricus Nel – “Haai haai”
  10. Taché – “Sal jy vir my wag”
  11. Lianie May – “Bietjie Benoni”
  12. Elandré – “Lieflik”
  13. Bernice West – “Jona”
  14. Christia Visser – “Wat de hel”
  15. Bernice West – “Nie jou X nie”
  16. Elandré – “Hand aan hand”
  17. Karlien van Jaarsveld en Jacob Swann – “Lief”
  18. Droomsindroom – “Afrika son”
  19. Barto – “H2Oë”
  20. Rooksein – “Genade nader”

*Die Maroela Media Afrikaanse Top-20 word saamgestel deur enkelsnituitreikings en verskeie datafaktore word in ag geneem: Apple Music- en Spotify-stromings, YouTube-kykbeurte (spesifiek week-tot-week-data) asook radiospeeltyd. Fisieke albumverkope het geen invloed op dié treffersparade nie.

Nuwe uitreikings

Riaan Benadé en Marno van der Merwe sit agter Muller Brandt se jongste enkelsnit, “Brand die skepe”. Dit is ook die titel van die sanger se jongste album wat pas bekendgestel is.

“Alles wat jou in die lewe keer om jou drome na te jaag, moet verbrand word,” het hy in ʼn   onlangse onderhoud op Maroela Media oor dié lied gesê.

Dié liedjie weerspieël ook die waagmoed wat dit van Brandt geverg het om sy musiekloopbaan met ononderbroke toewyding aan te pak. Hy het by sy dag-tot-dag-werk bedank en met volle ywer die skryf en opneem van musiek aangepak.

Brandt het in 2019 Maroela Media se eie liedjie, “Plattelanders”, saam met Michael van der Walt geskryf.

Ander liedjies wat die afgelope week bekendgestel is, sluit in Armand Hofmeyr se “Marie”, Pedri se “Nou” en “Mooi oomblikke”, Touch of Class se “Dolla” en Lin-Marie se “Alles”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

RS ·

Ek gee my nie uit vir n toffie as ek weet ek kan nie sing of act nie.

Janine ·

RS, niemand forseer jou om na haar te kyk of luister nie. Hemel, maar jy is gemeen!

Werner ·

Ek is n trotse Afrikaner, maar ai tog, die name van die top 20 Afrikaanse liedjies dui op n enorme armoede in die Afrikaanse kunste. Is drink en partytjie die eksklusiewe musiek-genre van Afrikaanse musiek? Met n doef-doef om daarby te pas? Die “alternatiewe” musiek kom byna ekslusief vanaf links, soos die Straatligkinders en Polisiekarre. Waar is die Koos du Plessis’e van vandag?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.