Tronkstraf as jy weier om jou vir Covid-19 te laat toets

(Foto: Leon Lestrade/ANA)

Ses maande tronkstraf, ʼn stewige boete of albei is jou voorland as jy die streng reëls wat die regering gister oor die koronavirus uitgereik het, sou durf oortree.

Dit sluit in as jy jok oor jou infektering as jy die koronavirus sou hê, as jy weier om in kwarantyn geplaas te word of as jy fopnuus oor die koronavirus versprei.

Die regering het Dinsdag dié nuwe regulasies in die Staatskoerant gepubliseer.

Hiervolgens kan jy minstens ses maande tronkstraf of ʼn boete opgelê word indien:

  • Jy in beheer is van enige byeenkoms waar daar meer as honderd mense is, of van enige perseel soos ʼn drankwinkel, hotel, restaurant, gastehuis, kroeg of smokkelkroeg (sjebien) waar meer as 50 mense byeen is;
  • Jy weier om byeenkomste soos hierbo uiteengesit te verlaat;
  • Jy die reëls oor die sluit van skole verbreek;
  • Jy op enige manier verhoed of vertraag dat voorrade vervoer of versprei word;
  • Jy jok oor infektering met die koronavirus, jok oor iemand anders infektering, of as jy enige fopnuus oor die koronavirus of enigiemand se koronavirusstatus versprei;
  • Indien jy enigiemand aspris met die koronavirus besmet of hulle aspris aan besmetting blootstel (in sulke gevalle kan jy skuldig bevind word aan aanranding, moord of poging tot moord);
  • Jy weier om medikasie te neem, monsters te verskaf of in kwarantyn te gaan indien daar ʼn moontlikheid is dat jy die koronavirus onder lede het. Indien jy dit weier sal jy 48 uur in isolasie deurbring waarna jy gearresteer sal word.

As jy enige van bogenoemde mediese behandeling weier, sal jy op geen skadevergoeding geregtig wees weens optrede deur die owerhede wat uit reaksie teen sulke weiering mag plaasvind nie.

(Argieffoto: Henk Kruger/ANA)

Voorts bepaal die regulasies dat die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) daarvoor verantwoordelik is om alle voorrade en hulpbronne aan te vul en te verskaf sodat noodsaaklike dienste kan plaasvind en die verspreiding van die virus bekamp kan word.

Alle personeel van staatsdepartemente moet beskikbaar wees om gesekondeer te word vir die uitvoer van noodmaatreëls, soos deur die owerhede verlang.

Die nasionale, provinsiale en plaaslike regerings moet plekke van afsondering en kwarantyn voorsien.

Besoektye in tronke, aanhoudingselle, detensiebarakke (die DB), jeugsorgsentrums, kindersorgsentrums, behandelingsplekke vir verslawing en plekke van veiligheid is afgeskaf.

Alle plekke waar drank verkoop word mag slegs Maandag tot Saterdag oop wees van 09:00 tot 18:00 en Sondae van 09:00 tot 13:00. Geen nuwe dranklisensies word meer uitgereik nie.

Alle besteding ter bevegting van die virus en die gevolge van die virus moet plaasvind binne die tersaaklike regulasies en met die instemming van die nasionale en/of provinsiale tesourie.

Alle donateursgeld vir die bestryding van die virus en die uitwerking daarvan moet inbetaal word in die regering se Heropbou- en Ontwikkelingsplan-rekening uit 1994, en mag vir niks anders aangewend word as die doel waarvoor dit geskenk is nie.

Laastens mag spesiale regulasies deur die minister van gesondheid, die minister van vervoer, die minister van justisie en korrektiewe dienste, die ministers van basiese -en hoër onderwys, die minister van polisie en die minister van handel en nywerheid uitgereik word oor sake wat betrekking het tot hul onderskeie portefeuljes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Adriaan ·

Het die guavament maar so beslis opgetree om korrupsie uit te roei, was SA vandag in n veel beter posisie om die krisis te hanteer.

katerinadiekat ·

Ja en om misdaad uit te roei. As hulle so drakonies kan wees oor n virus kan hulle dit ook wees oor die misdaad . Maar nou ja, diegene aan die hoof van die regering hoef nie onder misdaad deur te loop nie. Hulle het gewapende veiligheidswagte 24/7. Die virus maak egter nie onderskeid tussen president en arbeider nie so Daarvoor sal hul gou spring en drakoniese stappe neem.

Judge ·

…..en dan word daar gese dat jy R1400 moet betaal om jou te laat toets by sommige privaat instansies….

Baie mense sal maar hoop dat hul hoesie net ‘n gewone verkoue is, totdat hulle geforseer word om getoets te word.

Lolla ·

Ja ongelukkig is dit R1400.00, maar Lancet se prys is nou af na R950.00. Dis nie ‘n staats instelling nie , maar wel pvt. Gaan dan na ‘n staatshosp waar jy van hulle gratis gebruik kan maak. Bevestig met jou mediefonds of hulle vir die toets gaan betaal. Jy kan ook nie net by Lancet of Vermaak en Ven instap en jou laat toets nie. JY MOET DEUR JOU DR VERWYS WORD. Hulle word dan vooraf inkennis gestel van die pasient.

Lizzy8 ·

Meeste mense het nou nie meer volledige mediese fondse nie, net hospital plan. Wat beteken hul gaan die dokter en die toetse uit hul eie sak moet betaal, so gesamentlik gaan dit jou dan tenminste R1500.00 kos in elk geval. So hoeveel mense gaan hulle laat toets?

Nie Verbaas ·

En in watter tronk gaan hulle jou nogals sit as jy positief is en weier om getoets te word waar jy nie in aanraking gaan wees met ander nie? Tronke is oorvol.

Johan Venter ·

Hierdie ANC-regering maak reëls en regulasies, mens staan verstom oor hul vindingrykheid, dan wonder mens, soos met meeste soortgelyke wetgewing in die verlede, hoe polisieer hulle dit en of hulle ooit aan die praktiese en werkbare daarvan op die grond aandag gegee het?

Gerhard ·

Soos ek die spul ken, sal die owerhede waarskynlik verkragters, moordenaars en kinder-molesteerders loslaat op parool om plek te maak vir die skepsel wat weier om hom te laat toets

Michael ·

Dit klink baie indrukwekkend maar wie pas dit toe en waar is n tronk met minder as n 100 mense om jou aan te hou en wie gaan jou saak ondersoek en watter hof gaan jou skuldig bevind en en so kan ons aangaan.

Tiaan ·

Ek wil myself in kwarentyn plaas teen mensdom…. hence die tweede deel van die woord…

NetM ·

Maar presies. Ek hoop hierdie is ‘n groot genoeg afskrikmiddel vir die troppe.

Johan Venter ·

Na ek gister die woedende reaksie van die minister van sport, Nathi Mthethwa, gesien het oor die besluit van die organiseerders van die Comrades maraton, dat hulle dit durf waag om dit nie summier af te gelas nie, het ek besef hier is nuutgevonde mag in die hand van die ANC regering en dit laat mens hoop en vertrou dat hulle als met wysheid en binne perke sal hanteer.

Hy het gesê die wedloop sal nooit plaasvind nie.

https://maroelamedia.co.za/sportnuus/atletiek/comrades-gaan-eers-voort/

Rose ·

Sal wil sien hoe hulle dit gaan toepas op die unies wat grootskaalse betogings beplan na die 0% verhoging aankondiging.

Johan Venter ·

Jan-Jan, nou wonder ek of Cyril Ramaphosa en die ANC-regering al hierdie en wat nog mag volg, veral hierdie regulasies, genoegsaam met die mense op die grond kommunikeer, of laat hulle dit in die hande van die nuusmedia? Wat van die mense in die landelike gebiede en nedersettings, het hulle al daaraan gedink om pamflette te versprei?

SwartBees ·

hahaha….wat n grap. Eestens gaan die persoon uit op parool wees nog voor hy die binnekant van n tronk sien en tweedens gaan die hof die saak bly aanskuif.

Hulle kan ie eers n dief wat op hetedaad betrap, met al die bewyse teen hom op kamera asook n skuld erkening bekentenis vastrek en vonnis nie.

Gawie ·

Ek sien aan die komentare dat almal alewig negatief is oor alles. Maak nie saak wat die regering doen nie, daar moewt altyd fout mee gevind word.
Mense, ons is almal saam in die ding, as die politieke partye kan saamstaan in ‘n tyd soos hierdie, dan kan ons ook.
Hou op om negatief te wees or alles wat die regering doen en ondersteun hulle eerder om die riglyne uit te voer.

Dorry ·

Stem saam Gawie. Ek dink as hulle ‘n “survey” moet doen van die lande met die meeste negatiewe mense, sal Suid-Afrika beslis heel-bo aan die lys wees.

Rose ·

Alle eer aan hulle hierdie keer, hoop hulle behaal sukses nou, veral omdat dit hulle ook raak, gegewe dat die huidige en eks regering presidente die risiko ouderdom bereik het. Gewoontlik sodra hulle wetgewing uitroep hou dit negatiewe konotasies vir vaal Jan-Allerman op straat in. Ons is soveel keer in die verlede moedeloos en teleurgesteld gelaat deur nuwe wetgewing wat daarop uit is om die minderhede te troef.

SwartBees ·

My tax geld aan die goewerment dui my steun aan hulle. Maar, hoe gemaak as hulle my (en die ander tax betalers) se geld in hul eie sak druk en ons leë beloftes voer?

Alle stelsels het ons as burgers teveel gefaal om hulle te glo.

Michael ·

Die regering wat jy so hoog aanslaan diskrimineer teen wit minderhede met diskriminerende wette en noem een ding wat hulle gedoen of ingestel het wat werk net een en ek vra verskoning.

Werner ·

Hoop hulle kry ook tronk straf as hulle weier om jou te toets hulle het nie eens genoeg toets toestelle nie

AmandaDup ·

Dit is nie nou die tyd om ligsinnig, onverskillig te wees en verwyte rond te slinger nie. Ons moet almal saam staan en die riglyne en wette volg om hierdie virus onder beheer te bring, Die regering doen tans die regte ding en ons moet ons kant bring.

Tienie ·

As jy nou Covid 19 posetief is en die reëls verbreek……..gaan hulle jou nou hospitaal toe vat of eers jou tronkstraf laat uitdien.

Ek sal graag wil weet

marius ·

Waar is die lyste van klinieke en mobiele eenhede per dorp waar mense getoets moet word ? Waar is die medisyne wat verskaf moet word ? Daar word NIKS gedoen behalwe dreig nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.