Tuisonderrig-alternatief in Centurion

Een van die belangrikste dinge vir elke ouer is om seker te maak hulle kinders kry die beste skoolopleiding en is gelukkig. Dit is egter algemeen dat daar heelwat uitdagings is as dit kom by die onderwysstelsel. Of soms pas jou kind net nie in die hoofstroom in nie en is dit nodig om alternatiewe te ondersoek.

Een alternatief is tuisonderrig. Dit is ʼn opsie wat talle huishoudings al oorweeg het, maar vir baie is dit ʼn oorweldigende idee wat nie uitvoerbaar is nie, en in sommige gevalle is dit ʼn onderrigmetode wat net nie gaan inpas met ʼn familie se lewenstyl nie. Dit hoef egter nie meer ʼn uitdaging te wees nie.

Tuisonderrig het al so uitgebrei dat daar al landswyd tuisonderrigsentrums van die grond af gebring is.  Dit bied ʼn briljante alternatief vir kinders wat nie inpas in hoofstroomskole nie, of wat teen hul eie pas moet vorder.

Een van dié sentrums is die privaat akademiese sentrum, Renovatio Academic Centre. Die eienaar van die sentrum, Michelle Oberholzer, bevestig dat daar baie jare se ondervinding ingeploeg is en met haar eie passie vir onderwys, sê sy: “Renovatia is ʼn goed-gedissiplineerde sentrum wat leerders in Afrikaans en Engels kan bedien. Hier het elke kind die geleentheid om op sy of haar eie pas te vorder onder toesig en met die nodige ondersteuning.”

Dié sentrum huisves skoliere van Graad 8 – 12 en is geregistreer by Impaq en Brainline.  Leerders wat van Cambridge en GED gebruikmaak, kan ook by die sentrum geakkommodeer word.

“Ons akkommodeer ook leerders met spesiale uitdagings, onder andere leerders met leerprobleme soos ADD, ADHD, Asperger, ensovoorts. Ons het selfs ʼn siggestremde leerder wat volgende jaar sy matriek gaan voltooi deur Brainline. Hier word elke kind op individuele vlak hanteer en studieplanne word volgens behoefte aangepas.”

Die sentrum is op Centurion Hospice se perseel geleë op die hoek van Clifton- en Noordstraat in Lyttelton en is weeksdae oop tussen 07:00 en 13:30. Daar is ook na-uurse toesig beskikbaar.

Kontak Michelle Oberholzer by 082 219 6330 vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na [email protected]. Besoek gerus die Facebookblad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.