Vaalwater-boer in gesig geskiet

Foto: Reint Dykema

Foto: Reint Dykema

ʼn Plaasbestuurder in die Vaalwater-omgewing in Limpopo is Vrydagoggend oorval en in die gesig geskiet.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê Ian van Druten, glo in sy vroeë veertigs, is omstreeks 07:00 na store op die plaas en is deur ’n onbekende aantal mans oorval en in die gesig geskiet. Van Druten se vrou wat in die plaashuis was, het die skoot gehoor en dadelik die bure en polisie gebel. Die verdagtes het gevlug.

Volgens Otto is Van Druten in die hospitaal opgeneem, maar is hy nie kritiek beseer nie.

Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, het sy kommer uitgespreek oor die toename in plaasaanvalle in Limpopo. “Ons sukkel veral in daardie gebied met onwettige immigrante wat die aanvalle pleeg. Die afgelope paar inhegtenisnemings was buitelanders, veral Zimbabwiërs. Die probleem is wanneer hulle onwettig in die land is, is dit vrek moeilik vir ons en die polisie om hulle op te spoor,” het hy gesê.

Die aanval op Van Druten is een van talle wat die afgelope maand in Limpopo plaasgevind het. Dinsdag is ʼn wag op ʼn plaas in die Modimolle (Nylstroom)-omgewing deur sewe mans oorval en met ʼn hamer aangerand. Vroeër in April is Sean Henry Bates (19) en sy weduwee-ma deur twee aanvallers op hul kleinhoewe buite Polokwane (Pietersburg) oorval.

Eugene du Toit, ʼn boer van Limpopo, is op 5 April in die vroeë oggendure op sy plaas tussen Groblersdal en Marble Hall aangeval, terwyl Carel “Bossie” Badenhorst (63) se liggaam op 4 April deur ʼn eiendomsagent en voornemende kopers in ʼn stoor op die plaas Doelgerig gevind is. Hy het ʼn wond aan sy agterkop gehad. Slegs twee weke vantevore is Jakes van Deventer (35) op ʼn plaas naby Bela-Bela (Warmbad) aangeval en vermoor.

Drie vermeende misdadigers is verlede naweek in die Naboomspruit-omgewing aangekeer. Otto het aan Maroela Media gesê polisiebeamptes het die mans herken as van die gebied se gesoekte huisbrekers wat glo deel is van ʼn bende. ʼn 30-jarige verdagte is ook op Vrydag 10 April vroegoggend in hegtenis geneem ná ʼn onlangse aanval op ʼn plaas in Limpopo waartydens ʼn vrou glo verkrag en beroof is.

“Daar is ʼn beslis ʼn toename in aanvalle in hierdie gebied, maar ons het wel verskeie inhegtenisnemings die afgelope tyd gemaak,” het Otto gesê. “Dit is dus moeilik om te sê of dit geïsoleerde gevalle is en of daar ʼn verbintenis is. Ons ondersoek of daar dalk lede van ʼn groter groep aanvallers is wat steeds op vrye voet is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Elize ·

Kan die polisie en weermag nie saam klopjagte uitvoer in informele nedersettings in die Polokwane omgewing nie? Want ek dink tog hulle sal n hengse klomp onwettiges vastrek. Maar iets sal moet gebeur en gedoen word, want ons boere kan nie sommer net so afgemaai word, vir niks nie.

Vicky ·

Hoeveel Boere moet nou nog aangerand en vermoor word voor iets drasties gedoen word? Maar as daar een Zim man vermoor word in SA, dan sing die sangers wereld wyd liedjies en al wat ‘n leier is van ‘n ander land maak sy stem dik. Kampe word opgerig vir die ander lande se mense wat se lewens bedryg word in SA (met ons belasting geld seker), maar wat van ons mense wat hier gebore is? Wat nou nog?

Freda Faber ·

Ek is doodseker daardie een kommunis sit agter alles. Hy glimlag nie verniet so breed nie. Wanneer gaan dit ophou? Wanneer gaan die peste onthou dat ons ook geen ander land ken nie en ook hier gebore is nie. Die ironie van die saak is dat die wat ons mense so uitmoor NIE hier gebore is nie maar wel in buurlande en dan kom swaai hul, hul lyf rond en moor ons mense uit. Sterkte Ian en Wilma. Ek dink aan julle.

Alta Haarhoff ·

Ian en Wilma, ons bid vir julle – en vir elke boer, elke dag.

Ronell van Zijl ·

Vaalwater is so wonderlike gemeenskap en Ian en Wilma al lank deel daarvan. Ons dink aan julle in ons gebede. Ons kan net bid en vra dat die geweld en haat ‘n einde kry.

Marietjie Louwrens ·

Ian en Wilma, sterkte vir julle en ons bid vir julle! Mag God se Hand altyd oor julle wees, maak nie saak wat gebeur nie.

isak ·

Dis maklik vir ons om dit en dat te sê as ons nie in die aangevaldes se skoene is nie,elke dag lees ons net kometare en kometare en dis al wa dit bly,doen eerder die regte dinge om jouself veilig te hou.

david ras ·

Dit is nou noodsaaklik dat die Zimbabwiers terug moet gaan, Maak dit vir hulle aanloklik–RAAK ONTSLAE VAN MUGABE EN SY BENDE !

Boesman ·

Ons moet betrokke word om ons self te beskerm. Sluit aan by jou GPF. Ek is betrokke en ry gereeld patrollie. Saam met my vrou. Ons doen iets en is nie net soos baie couch comentators nie. Tyd is ryp vir kommandos om terug te kom. In fact tyd is reg vir die doodstraf ook om terug te kom. As jy n vuurwapen het, dra hom en gebruik hom as jy moet.

Danie ·

Ons kan begin om nie buitelanders in diens te neem nie, en vir hulle almoese by die verkeersligte te gee nie, stadig maar seker sal hulle getalle afneem. Dit is dalk n klein begin.

HEVW ·

Dit is blood ondenkbaar dat n regering op hierdie late stadium nog nie ingryp en ontslae raak van hierdie onwettige misdadigers ( n mooi naam vir hulle) nie Mugabe het van sy land so n gemors gemaak dat hul nie meer daar kan lewe nie en nou pas dit hom en sy maatjie in hul rassehaat baie goed om die boere hier te plunder en vermoor. Mugabe se verkiesingsbedrog wat uit die hel is begin beslis hier n inpak te he. Geen simpatie met hulle. Terug waar hul hoort.
Laat die buiteland dit hoor. Ek is seker in die Europese lande is daar massas wat nie saamstem met hul regerings oor hul Afrika imigrante nie en ook behoorlik gatvol is oor die saak.

J.Z ·

Ek stem ook vir die galg.verseker sal dit n stang in die dek wees vir die gene wat die dade pleeg.

Issabelle ·

Dit is nog weereens skokkend , hartseer & tragies om van die WREDE moorde & AANVALLE op ons mense te hoor !!!! Hoekom & vir wat kom Robert Mugabe SA toe , om vir JZ , ANC & hulle TRAWANTE ” CLOWNS” te ” brain wash ” met geweld & misdaad !!!! Robert Mugabe HOORT in elk geval NIE in SA NIE , want hy ” stir ” met mielie stronke reg oor die land !!!! VERBIED die ” fossiel ” ten ALLE tye in ons land , hy MOET maar net bly in ZIM !!!!!

Angela ·

Maroela julle berig is foutief. Ian van Druten is kritiek in Hospitaal en sy lewe hang aan n draadtjie. Besef mense wat hierdie bose mense doen aan families en almal wat hulle lief het. Dis tragies om te sien hoe sy gesin sit en wag vir n wonderwer, net iets om hoop te kry. Wilma,Anika,Wiane sy gesin sy ma Pricilla en susters Melony en Chantelle ons bid vir julle en weet dat julle krag van bo af sal kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.