Verkeersbeamptes, handelaar in sop oor drank

(Argieffoto: pixabay)

Twee verkeersbeamptes en die eienaar van ’n drankwinkel het vandeesweek in die Potchefstroom-landdroshof in Noordwes verskyn nadat die verkeersbeamptes gedurende die algehele landwye afsondering glo opgemerk is waar hulle drank van die eienaar ontvang.

Die eienaar van die Overland-drankwinkel het na bewering ook drank aan ander klante gedurende die afsonderingstydperk verkoop.

Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê die verkeersbeamptes. Rullaine Jacob Williams (48) en Moses Kenosi Nche (50), asook die eienaar van die drankwinkel, Nelson Florentino Duarte (45), het hulle Donderdag omstreeks 15:57 aan die polisie in Potchefstroom oorgegee. Dit volg nadat die beweerde transaksie in Ikageng plaasgevind het.

Volgens Naidoo het die verdagtes dieselfde dag nog in die plaaslike landdroshof verskyn waar hulle op borgtog van R1 000 elk vrygelaat is.

Die verdagtes staan tereg op aanklagte van korrupsie en die oortreding van regulasies gedurende die afsonderingstydperk.

Dit is nie in dié stadium duidelik wanneer die verdagtes weer in die hof sal verskyn nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Jan ·

Ja wat sal ons se. Dit lyk my al die staats werkers is maar die selfde. Hulle weet nie wat is reg of verkeerd nie. Maar hulle wil dit toepas.

Michael 1 ·

Ek wil van jou verskil,hulle weet wat reg is verkies net om dit nie toe te pas nie.

Nie Verbaas ·

Mnr Cele, die beamptes se agtergrond is seker ook deeglik nagegaan.

Rodger17 ·

Mooi man dis mos hoe verkeersbeamptes hulle moet gedra!Die eienaar van dopshop,jammer jys gevang want die regering jou in dai posisie geplaas.Nou kan die staat weer drank bymekaar maak.Ek kry so lekker as die mense skelm drank en sigarette koop en daarmee wegkom.Dit laat my oorweeg om na die inperking ook te begin smokkel

Fedup ·

Once obove the law, always above the law. R1000 bail. Wow. Even in these hard times, they get away with just a slap on the wrist. They won’t be going back to court, guaranteed.

Emily ·

Dis tipies, Meeste van hulle is maar net so arrogant, Betaal jy nie bribe nie, vat hulle jou vas.
Ek hoop hulle maak daai drankwinkel sommer permanent toe.

Jaco ·

hier word nou verwys na ‘n slaagpunt van 30% en na “above the law”. Onthou tog net die volgende “voorvalle”uit die ou SA:

PW Botha het gereeld gaan jag waar niemand anders mag gejag het nie. staatsvoertuie is gebruik om hom tot daar te bring en om die gejagde karkasse terug te bring. niks het van dit gekom nie.

PW Botha seun het militere diensplig in die vloot gedoen. dit was bitter moeilik om keuring vir diensplig in die vloot te kry. En hy was pas klaar met sy basiese opleiding, toe beland hy in ‘n elite wageenheid van die vloot waarin net staande maglede gedien het. een naweek was hy af en toe maak hy ‘n motorongeluk in Table View. Geen ondersoek na die ongeluk nie. geen toetse vir dronk bestuur. alles toegesmeer.

Minister Pik Botha het eendag “geval” toe sy iets bo vanaf ‘n hangkas wou afhaal. Na die “val” sy toe sommer dadelik verlam. Meer waarskynlik is egter dat ou Pik haar onder die invloed van drank geslaan het. Ook van dit het niks gekom nie.

Termiet ·

Toe al die “afgryslike” goed gebeur het waar a jy verwys was ons ekonomije sterk, SAL was ‘n trotse winsgewende besigheid, geen beurtkrag nie, uitstekende gesondheids sorg, ‘n weermag wat werldwyd erken en gerespekteer was. Misdaad was nie norm nie. Boere kon kos genoeg kos produser om te kon uitvoer en te spaar vir die maer jare. Ons het met oop deure en vensters geslaap, winkels toe gegaan en die motor sleutel in die voertuig gelos sonder vrees dat dit gaan weg wees as jy uitkom. Elke matrikulant het ‘n regverdige kans gestaan om ‘n goeie toekoms uit te kerf. So ek gun hulle dit. Hulle het hard gewerk vir ONS. Los hulle uit. Jy het baie om voor dankbaar te wees as gevolg van hulle.

twaalfboor ·

Hoe onnosel kan ñ mens wees? Verloor my werk en my besigheid ter wille van ñ paar bottels dop. Drank……………. is ñ lelike dêng, en daars nie “pille” nie.

Termiet ·

As jy desperaat is om kos op die tafel te sit sal jy dit ook doen.

marius ·

Trots eg suid afrikaanse wetstoepassers . Behoorlik opgelei ook ne hoed .

Sonneblomkind ·

Ai tog hoe kanjy nou op die magte vertrou…maar hul is mos gekies ….gekeur… Lekker man lekker. Dink daar moet daadwerklik opgetree word

Anoniem ·

Sien jy Cele hoe word hulle gekeur om ons te beveilig. Of hy nou n metro polisie is of n sap of weermag hulle bly korrup. Cele julle sal dringend almal op jul keuringsraad moet vervang want daar is groot fout.

Flip ·

Hoekom is ek nie verbaas nie. Ons huishulp het vir ons gesê daar waar sy bly vat die polisie/metro polisie R1000 per week by die winkel wat deur buitelanders bedryf word. Dit is blykbaar om hulle en hul winkel te “beskerm” teen “aanvalle”.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.