Verkiesing 2014: Partye soek gelyke speelveld

saukDie Demokratiese Alliansie (DA) en die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) het Woensdag tydens die ondertekening van die verkiesingsgedragskode vir ʼn gelyke speelveld gevra in aanloop tot die land se vyfde demokratiese verkiesing op 7 Mei.

Mpho Ramakatsa, die woordvoerder die EFF, het gesê dat die SAUK nie gelyke mediadekking aan alle partye verskaf nie. “Die SAUK moet aan alle partye billike en gelyke mediadekking verskaf gedurende die verkiesing,” het Ramakatsa gesê. Hy het die SAUK daarvan beskuldig dat die uitsaaier ʼn verbod geplaas het op alle uitsendings van EFF-aangeleenthede. Lees meer hier.

Helen Zille, die leier van die Demokratiese Alliansie (DA), het ook tydens die geleentheid gesê die gebruik van staatshulpbronne tydens politieke veldtogte is ʼn misbruik van mag wat nie die speelveld vir ander partye gelyk maak nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Die EFF teken n verkiesingsgedragkode ? Hou gerus hul gedrag dop.

anita ·

Kan iemand my vertel of Malema se party wel mag deelneem ondanks die feit dat hy belastingskuld uitstaande het.

Kan iemand ook die uitleg gee dat 2 raadslede van die selfde party in een huishouding woon, die
salaris plus byvoordele is oor ‘n miljoen per jaar. Moes die een nie bedank nie? dit is wel ongehoord en die DA sal moet uitleg gee oor hierdie situasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.