Video: ‘Hierdie ouma kleur mooi in!’ meen kleuter

Ouma en kleuter

Foto: Adéle Changuion

Wanneer jy ʼn klomp bejaardes en kleuters bymekaar sit, gebeur die wonderlikste ding: al is hierdie twee groepe so ver van mekaar verwyder in ouderdom, is hulle soos vinkel en koljander wanneer die ys eers gebreek is.

Solidariteit Helpende Hand het gister ʼn goedvoel-aksie in Krugersdorp gehou met die Emmanuel Tehuis vir Bejaardes en die Lappies en Lalie-kleuterskool. Dié twee groepe het saam ingekleur, gesing en pizza geëet.

“Julle sal nooit besef wat dit vir ons beteken nie. Ek en my vrou het nooit kinders gehad nie en vandag is dit ʼn gemis in my lewe,” het een van die inwoners van Emmanuel gesê.

Rene du Preez van Helpende Hand sê hulle beoog om hierdie aksie landwyd uit te brei. “Baie bejaardes se kleinkinders sit in ander lande of hulle sien hulle baie min. Hierdie projek verskaf soveel vreugde aan beide die kleuters en bejaardes en dis hoekom ons dit doen.”

Een van die kleuters meen “sy ouma” kan vreeslik mooi inkleur en hy is vreeslik bly dat hy haar “gekry” het. “Ja, sy kleur mooi in – kyk hoe mooi lyk die eend wat ons saam ingekleur het!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hannelie ·

‘n Goedvoel storie! Baie dankie! Ek kyk na die foto’s en merk iets op! Waarom het die meeste van die Oumas blou-rokke aan?

Caroline Amrouni ·

Die oumas en oupas is van Emmanuel Ouete Huis i n Krugersdorp en behoort aan Spade Reën Sending.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.