Vliegtuig beland in rivier

Foto: (Jacksonville-polisie via AP)

ʼn Boeing 737-vliegtuig met 143 mense aan boord het Vrydagaand in ʼn rivier beland nadat dit van ʼn aanloopbaan by ʼn lughawe in Florida in die VSA gegly het.

Die vliegtuig het van Kuba af by ʼn militêre basis in Jacksonville geland toe dit van die aanloopbaan gegly en in die St. Johns-rivier beland het.

Die vliegtuig het in vlak water beland en daar is geen sterftes aangeteken nie. Minstens 21 mense het ligte beserings opgedoen en is na nabygeleë hospitale vervoer vir behandeling.

Kapt. Michael Connor, bevelvoerder van die NAS Jacksonville, het gesê dit kon soveel erger gewees het. “Ek dink dit is ʼn wonderwerk. Dit kon ʼn heel ander storie gewees het.”

Dit is nog nie duidelik hoe lank dit sal vat om die vliegtuig te verwyder nie, maar volgens Connor blyk die vliegtuig stewig vas te wees en is dit onwaarskynlik dat dit sal wegdryf.

Daar is ook onmiddellik werk gemaak om seker te maak dat die vliegtuig nie brandstof in die rivier lek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

? leser ·

waar kom hulle daaraan dat ‘n vliegtuig van die aanloopbaan “AFGLY”

Alida ·

Ai ai vliegtuie kan gly terwyl dit gereed maak om op te styg veral op sneeu. Miskien was daar bietjie olie op die baan

IK ·

Soms gebeur dit ook dat kommentaar afgly van die onderwerp . . .

? leser ·

@koos
dis waarvoor die vliegtuig toegerus is met omgekeerde stoot (reverse thrust) om die rem aanslag aan te help. die aanloopbaan is 300 meter langer as wat nodig is vir die vliegtuig met vrag om tot stilstand te kom

@muffin
ek moet se jou oe is baie goed om die bande raak te sien

Kallimaari ·

@leser….

Gaan soek op die internet gevalle van vliegtuie wat inderdaad afgly van die aanloopbaan. Dit gebeur meer gereeld as wat jy dink. Dit het selfs in George gebeur met SA Airlink, en ek het die vliegtuig self bespeur met sy neus in die pad destyfds toe ek nog op George woonagtig was.

Thinus ·

Vliegtuie wat afgly van aanloopbane is algemeen, en kan ons regtig dankbaar wees dat daar geen lewensverlies was nie! Op n ligter noot en tong in die kies, die owerhede gaan seker sê dit was n toets om die reddingsgordels onder die sitplek te regverdig en nie valskerms nie? Vliegtuie val meer in riviere as uit die lug, daarom reddinsgordels en nie valskerms nie???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.