Vlug MH17 is neergeskiet, sê VSA intelligensie

Die foto is by Nederlandse ambassade in Kiev geneem. Foto: The Nose/Facebook

Die foto is by Nederlandse ambassade in Kiev geneem. Foto: The Nose/Facebook

Die passasiersvliegtuig van Malaysia Airlines wat in die Oekraïne neergestort het, het nie noodroepe gemaak nie en die vlugroete is veilig verklaar.

Najib Razak, Maleisië se eerste minister, het ‘n nuuskonferensie gehou nadat hy met leiers van die Oekraïne en Nederland en president Barack Obama in gesprek was. Hy sê “geen steen sal onaangeroerd gelaat word nie” om uit te vind wat met vlug MH17 gebeur het.

Najib sê die owerhede in Oekraïne glo dat die vliegtuig, wat van Amsterdam na Kaula Lumpur onderweg was, neergeskiet is. ‘n Amerikaanse amptenaar en die VSA se intelligensie-owerhede glo die vliegtuig is deur ‘n lugafweermissiel neergeskiet, maar dit is nog nie duidelik wie die missiel afgevuur het nie.

Najib sê dit is onwaarskynlik dat die Oekraïnse regering die vliegtuig neergeskiet het, aangesien hulle glo nie die vermoëns het om dit te doen nie. Die pro-Russiese separatiste wat in geveg met die regering is, het enige verantwoordelikheid ontken.

“In hierdie stadium is Maleisië nie in staat om die oorsaak van hierdie tragedie te bevestig nie, maar ons moet, en ons sal, uitvind wat presies met die vlug gebeur het,” het Najib gesê.

“As dit blyk dat die vliegtuig inderdaad neergeskiet is, sal ons daarop aandring dat die skuldiges vinnig voor die gereg gebring moet word,” het hy gesê.

Volgens die nuutste berigte was daar altesaam 295 mense aan boord vlug MH17 wat 280 passasiers en 15 bemanningslede insluit. Familielede van dié aan boord het intussen by die lughawe in Kuala Lumpur begin aankom om nuus te kry oor hul geliefdes.

Dit is die tweede passasierstraler van Malaysia Airlines wat binne maande neerstort. Vlug MH370 het op 8 Maart spoorloos verdwyn onderweg van Kuala Lumpur na Beijing. Daar is later gesê die vliegtuig het in die Indiese Oseaan neergestort, maar die wrak is nog nie gevind nie.

Lees ook:
Video: Malaysia Airlines-vliegtuig stort neer in Oekraïne

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AmY ·

Moet jy nie sê Geen STEEN Sal Onaangeroer Gelaat Word Nie? Klip klink nie reg vir my nie.

Dalk is ek verkeerd?

Maar terug na die onderwerp: Wat gebeur het, is baie erg. My hart gaan uit na die families van al die passasiers en bemanningslede op daai vlug.

Sune van Heerden ·

Dagsê AmY,

Baie dankie, daar het inderdaad ‘n fout ingesluip. Ons het die wysiging aangebring.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Peter Says ·

Baie tragies, maar soos altyd…oorlog het altyd n negatiewe impak op onskuldiges.

MM Wiese ·

Beeldmateriaal wys rook en puin , missiel tref n passasiersvliegtuig teen daardie spoed ,hoogte ens . Alles val op een hoop ? n Vegvliegtuig wat getref word deur so n missiel se puin is bykans onherkenbaar en word oor honderde meter gevind . Skoon passpoorte uit puin uitgehaal . Net na opstyg is radioverbinding met vliegtuig beeindig . Gaan die Blackbox van hierdie vliegtuig ook nie gekry word nie ,soos 911 se vliegtuie ? Wys vir n Amerikaner n Rambo of Vietnam fliek Saterdag en Maandag sluit hy by die Marinierskorps aan . Pearl Harbour , 911 ens . Rusland maak hom los van die $ . O , so Putin ! Dit sal nie geduld word nie . Hou maar dop .

Dirk Kruger ·

Die Westerse media is ongelooflik, ek het toevallig nuus gekyk toe die storie breek, Toe die eerste tekens van rook op die horison verskyn was daar alreeds ‘n verteenwoordiger van die regering in die ateljee van CNN en bevestig dat die soos sy dit noem, “the intelligence community” het aan haar bevestig dat die straler afgeskiet is deur ‘n “BUK” lugafweer missiel. Op daardie oomblik was daar nog nie eers sekerheid oor die watse vliegtuig geval het nie. Ons almal weet dat jy enige iets kan opdis vir die amerikaanse bevolking en hulle sal dit opeet. Dis dan nie ‘n verrasssing dat die “BUK” missiele in Rusland vervaardig word nie. So Amerika soek alweer rede om oorlog te maak, die feit dat Sirie en LIbie en Irak en Afghanistan besig is om te brand is nie genoeg vir hulle nie. Baie keer wonder ek of die Iranese nie reg is nie, hulle praat van “the great satan”.

MM Wiese ·

Goed so Dirk . Hoeveel mense is daar wat werklik buite die raamwerk van 12 jaar plus se indoktrinasie en goeie slaaf mentaliteit dink . Elke aand Indoktrinasieivisie sit en kyk en alles vat vir die waarheid en eet vir soetkoek . Lw. ek se nie kan’ dink nie maar dink vir onsself .En dit is heel moontlik . Begin jy eers vir jouself dink dan word jy sommer woedend as jy agterkom waar oral vir jou gelieg is .Iemand wys het eens gese “it is impossible to conquer a Bible reading people” Jesus het gese ” Joh_8:32 En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak. ” . Ons moet net ophou toelaat dat iemand anders vir ons dink maw. ons mening vir ons vorm . Daarvoor het ek die Goeie Boek .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.