Vlugtelinge beset steeds Kaapstad

Vlugtelinge in Kaapstad (1 Maart 2020) (Foto: David Ritchie/African News Agency/ANA)

Stad Kaapstad is Maandag steeds besig om ʼn hofbevel toe te pas wat betref vlugtelinge wat onwettig oop ruimtes in die middestad beset.

Richard Bosman, uitvoerende direkteur van veiligheid en sekuriteit, het in ʼn verklaring gesê die hofbevel, van 17 Februarie, het die stad toestemming gegee om sy munisipale wetgewing in die Groentemarkplein-gebied toe te pas. Die operasie is Sondag afgehandel, maar die vlugtelinge het daarna onwettig St Mary’s-kerk oorkant die parlement beset.

“Die kerk het ʼn klag van onwettige betreding aanhangig gemaak en Stad Kaapstad het die polisie bygestaan om die groep van die kerk se perseel te verwyder. Die groep vlugtelinge het daarna oornag ʼn oop stuk grond in die omgewing van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) beset.”

Die stad se wetstoepassers het Dinsdag met ʼn operasie begin om hulle ook van dié stuk grond te verwyder. Kaapstad se inwoners is deur die loop van die dag versoek om die gebied te vermy.

Volgens Bosman mag die vlugtelinge, kragtens die hofbevel, nie enige ander gebied in die stad beset nie. Kragtens die hofbevel hoef die stad, of enige ander agentskap, ook nie alternatiewe behuising te verskaf nie.

“Ons doen weereens ʼn beroep op die vlugtelinge om terug te keer na die gebiede waar hulle gebly het voor hulle St George’s Mall beset het.”

Niemand is in hegtenis geneem tydens die operasie by Groentemarkplein nie.

Drie mans, onderskeidelik 17, 38 en 41 jaar oud, is Dinsdag in hegtenis geneem. Hulle staan tereg op aanklag van die aanranding van ʼn polisiebeampte, die oortreding van ʼn hofbevel en dat hulle hulself teen inhegtenisneming verset het, het Bosman bygevoeg.

“Dit is ʼn uiters gespanne situasie. Stad Kaapstad probeer dit na die beste van sy vermoë bestuur. Ons doen ʼn beroep op alle betrokke persone om ons personeel toe te laat om hul pligte uit te voer kragtens die hofbevel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

marius ·

Laat hulle voor die parlement plak , dan word hulle dadelik terug gevlieg na hul lande toe.

Anel ·

Sit hulle op ‘n skip en laat die skip net weg vaar. Hulle wil nie hier wees nie, so vaar weg, sommer ver weg. Gedink hulle kan hier kom hiet en gebied en nou kom hulle hulle moses tee.

Kruger ·

Dit het ons nou van “nooi die hele Afrika hiernatoe” nou is dit n probleem.

Niné ·

Ons grense is mos oop vir amal om te kom plak. En as hierdie patetiese regering nie ons grense streng beveilig nie gaan die probleem al erger word. Wag tot Zimbabwe die Corona kry dan vlug hulle almal hierna toe. Eish..groot molikheid kom nog.

Yolandie ·

Almal welkom in Suid Afrika, waar die regering nie eers na sy eie landsburgers kan kyk nie of veilig hou nie. Maar ja kom want dis baie lekker hier by ons.

Woeter ·

Kyk die komentaar! Veel vergeet gou dat ons voorvaders die Franse Hugenote ook ook vlugtelinge uit Europa was. Mens kan gerus maar meer verdraagsaam wees en ons mede mense ook vreugde en vrede gin.

Spook ·

Ek gun almal ‘n plekkie in die son. maar om eise te kom stel in ‘n land wat nie jou eie is nie, is ‘n bietjie verregaande. Probeer eerder om die gemors in jou eie land op te los. Ek kry ook die indruk dat die mense eerder ‘n klomp kriminele is, en dit hotagter gekry het in hul eie lande en nou dieselfde truuks hier kom uithaal. As die “vlugtelinge” werklik so desperaat was sou hulle tog te dankbaar gewees het vir wat vir hulle gedoen word.
Hulle eis politieke asiel in enige westerse land, maar kan nie vir asiel vra in die buurlande rondom hul eie land nie. Is die maatskaplike toelae beter sodat hulle nie hoef te werk nie, en maar net weer kan aangaan met hulle kriminele bedrywighede. Klomp kansvatters, as jy my vra.

lodewyk ·

Dit is genoeg om van naar te word,hulle vlug na SA,meeste onwettig en nou begin hulle “demanding” te raak en rand ons POLISIE aan,nou kan n mens begin wonder hoekom daar teen hulle geweld gepleeg word want hulle lande val in duie en nou wil hulle die selfde met SA doen-laai hulle almal op n trok en pos terug na hulle eie lande van herkoms-as hulle dan weer in SA gevang word dan moet hulle nie huil as hulle straf behandel word nie

Gawie ·

Mooi so vir Stad Kaapstad om voet neer te sit en daad by die woord te voeg. Ek hoop ander munisipaliteite neem kennis van hoe dit gedoen word.
Ek voel jammer vir die mense, maar hulle is in hierdie situasie deur hulle eie toedoen, en kan nie nou kom en eise stel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.