Vrou (100) sê geheim is om ‘nie met vreemde mans te praat nie’

Olive Westerman (Foto: Deewater Grange-versorgingsoord/Facebook)

Die 100-jarige Olive Westerman van South Kirby in West Yorkshire, Engeland, sê die geheim vir haar hoë ouderdom is om “nie met vreemde mans te praat nie” en altyd ʼn jong hart te hê.

Sy het op 16 Januarie by die Deewater Grange-versorgingsoord haar 100ste verjaarsdag gevier en teruggedink oor die afgelope 10 dekades waar sy gereeld gelag en gereis het.

Die afgetrede kleuterskool-verpleegster sê om met kinders te werk het gehelp om haar hart jonk te hou, maar sy het ook vreemdelinge vermy.

“Moet nooit met vreemde mans praat nie en dan behoort dit met jou goed te gaan. Ek dink die beste raad is om bloot gelukkig en tevrede te wees om te lewe, en die beste te maak van dit wat jy het. Ek kan nie eintlik glo ek is 100 nie – dit voel wonderlik.”

Olive het ʼn verjaarsdagkaartjie van koning Charles III en sy vrou Camilla ontvang.

Personeel het voortgebou op die tradisie van haar wyle man Sam deur ook vir haar ʼn bottel Estee Lauder-parfuum te gee.

Die 100-jarige is bekend vir haar humorsin en haar liefde vir reis.

“Ek het ʼn paar jaar lank oorsee gebly en my gunstelingplek was Singapoer – ek het dit baie geniet. Dit was ʼn baie interessante en opwindende plek; baie anders as Engeland.”

Wysheid en ervaring is iets wat gewoonlik eers met ouderdom kom. Soms wens jy dat jy die kennis wat jy nou het, met jouself kon deel toe jy nog jonk was. Maroela Media het vroeër berig oor Sahil Bloom, skrywer, en suksesvolle fondsbestuurder en entrepreneur, wat vir sy 32ste verjaarsdag by ʼn paar 90-jariges aangeklop het om te hoor watter raad hulle graag sou wou hê toe hulle 32 jaar oud was. Klik hier om dié raad te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vinny ·

Beste advies ooit, ek wil nie eens met die mans praat wat ek ken nie…..lol…..mooi so tannie…

Faraway ·

En die sinnelose raad terwyl die WOORD ons duidelik leer dis als net genade!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.