Vryburg-inwoners hof toe oor ‘strafkrag’

(Argieffoto)

Inwoners van Vryburg in Noordwes wend hul nou tot die hooggeregshof ná ʼn besluit deur Eskom dat die dorp se elektrisiteit voortaan tussen 06:00 en 20:00 afgeskakel gaan word.

Die Naledi-munisipaliteit skuld Eskom nagenoeg R300 miljoen, wat die reeds sukkelende kragvoorsiener genoop het om dié stap te doen. ʼn Betaling van R5 miljoen is vroeër gemaak, maar is oënskynlik nie genoeg om die ligte aan te hou nie.

Die krag word die afgelope twee weke reeds sowat vier uur per dag afgeskakel. Dít ten spyte van beurtkrag wat die ook die afgelope twee weke in werking gestel is. Vanaf Donderdag word dié tydperk tot sowat 14 uur per dag verhoog, het De Clercq Matthee, ʼn lid van Besorgde Inwoners van Vryburg, gesê.

Matthee sê nie inwoners van residensiële gebiede, nywerhede óf sakeondernemings op die dorp skuld die munisipaliteit geld vir krag nie, maar dat die sogenaamde strafkrag nou op hulle afgedwing word. Een van die grootste probleme lê glo by die drie informele nedersettings in die omgewing.

“Volgens ons raadslede het die regering hulle rug op ons gedraai. Die LUR en die premier het gesê die munisipaliteit is basies bankrot. Ons het besluit as die regering ons nie gaan help nie, moet ons dit in ons eie hande neem.”

Matthee het gesê inwoners se dringende aansoek word Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor, op dieselfde dag wat Eskom beoog om die krag vir die grootste gedeelte van die dag te begin afsny.

Een van die grootste kopsere is kragtoevoer na die private hospitaal op Vryburg, wat ʼn enorme distrik bedien. Die naaste ander private hospitale is dié op Klerksdorp, sowat 230 km verder, en een op Kathu, sowat 180 km vanaf Vryburg.

Een van die probleme met lang kragonderbrekings is dat die x-straalmasjien by die hospitaal nié met ʼn kragopwekker kan werk nie, wat in ʼn noodgeval noodlottige gevolge kan hê.

Nóg ʼn groeiende probleem is watervoorsiening.

Volgens Matthee kan nagenoeg 8,4 miljoen liter water per dag gepomp word, terwyl inwoners se behoeftes nagenoeg 7,5 miljoen liter is. Sou die krag egter heeldag afgeskakel word, beteken dit water kan net snags gepomp word. Dit gaan nie naastenby genoeg wees om aan die dorp se behoeftes te voldoen nie.

“Ons sit met ʼn dreigende krisis. Hierdie kan ons ekonomie heeltemal laat inmekaarstort,” het Matthee gewaarsku.

Hy het ook gesê die besluit word beskou as ʼn skending van inwoners se grondwetlike reg op toegang tot water.

Andreas Peens, die groep se regsverteenwoordiger, sê in ʼn brief aan Eskom nagenoeg 90% van inwoners het voorafbetaalde kragmeters, wat beteken hul kragrekeninge is rééds betaal. Hulle voer aan die kwessie tussen Eskom en die Naledi- plaaslike munisipaliteit is in wese ʼn inter-regeringsdispuut, wat Eskom probeer besleg deur grootmaatkragtoevoer op te skort.

“Ons is van mening dat die besluit om die kragtoevoer op te skort irrasioneel is en ter syde gestel moet word.”

Peens sê verskeie soortgelyke hofaansoeke teen Eskom was boonop al suksesvol.

Carin Visser, die DA se kiesafdelingshoof in Noordwes, het gesê die krisis kan toegeskryf word aan swak finansiële beplanning, korrupsie, swak inkomste-insameling, ʼn gebrek aan gevolgebestuur en geen aanspreeklikheid vir onderpresterende munisipaliteite nie.

“In ʼn poging om oplossings te vind, het ons die administrateur van die Naledi‑ plaaslike munisipaliteit, Paul Maseko, die LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake, Gordon Kegakilwe, en die premier, Job Mokgoro, onderskeidelik gekontak, maar ons is meegedeel dat Naledi tegnies bankrot is en daarom kan weinig gedoen word om die ligte aan te hou,” het Visser gesê.

Sy het gesê inwoners kan nie gestraf word vir die swak bestuur van die ANC nie en dat dit ongrondwetlik en oneties sou wees van Eskom om voort te gaan met die besluit om elektrisiteit na betalende verbruikers op te skort.

  • In Maart vanjaar het die hooggeregshof in Pretoria, in wat beskryf is as ʼn waterskeidingsaak, beslis Eskom (as staatsentiteit) mag nie die elektrisiteit na ʼn wanbetalende munisipaliteit (ook ʼn staatsentiteit) onderbreek alvorens dit al sy remedies soos vervat in artikels 41 en 42 van die Wet op die Raamwerk vir Tussenregeringsverhoudings van 2005 uitgeput het nie. Die uitspraak het verreikende implikasies vir plaaslike sakegemeenskappe en die publiek landwyd gehad. Die organisasie Sakeliga het ná dié uitspraak gesê Eskom se eensydige kragonderbrekings oor dispute met munisipale owerhede was besig om plaaslike ekonomieë landwyd te vernietig en dat betalende sakelui en ander gebruikers as’t ware gyselaar gehou is in ʼn dispuut tussen twee wanfunksionerende arms van dieselfde staat: aan die een kant Eskom en aan die ander kant munisipaliteite. Die hofsake het plaaslike sakegemeenskappe miljoene rande gekos. Hulle moes hofbevele verkry om te keer dat Eskom hulle krag afsny, nadat hulle reeds vir die elektrisiteit betaal het, maar die plaaslike munisipaliteit dit nie aan Eskom oorbetaal het nie. Die uitspraak het ʼn veel hoër drempel vir Eskom geplaas voordat hulle elektrisiteit na gemeenskappe mag afsny.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willem Grobler ·

Dít is nou ‘n baie goeie voorbeeld van hoe die “Nuwe” Suid-Afrika werk. Die wetsgehoorsame, wit mense betaal hul rekeninge terwyl die massa swart mense (met gelyke stemreg) hul krag verniet vat. Die swartbeheerde (agv die massa swart stemgeregdigdes) gebruik die geld wat wél inkom om hhe eerste hul salarisse en byvoordele te betaal. Niks vir Escom nie – krag is mos gratis! Nou word die betalende minderheid saam met die nie-betalers gestraf. Dis belaglik man. Hoe lank kan dit só aangaan?

Rm ·

Laat almal direk vir eskom betaal en maak die munisipaliteit toe,lewer in elk geval geen diens, dank almal af, niks sal anders wees nie, behalwe eskom sal hulle geld kry

Chris Ws ·

Die minusipale bestuurder moet strafregtelik aangekla word vir bedrog en al sy bates gekonfiskeer en verbeurt verklaar word.

Piet left the Building ·

Mnr Matthee, jy moes Vryburg al 25 jaar gelede verlaat het. Die skrif was toe al aan die muur. Dis waarom ek SA verlaat het. Dinge sal nie beter word nie.

Joke! ·

Nie onder daai onbekwame agtergeblewene lot nie..Hul kan nie eens hulself help nie..Oe ja askies hul kan hulself help..om die staatsgeldkoffers leeg te plunder….So bly ek bly nie meer onder daai hulpelose lot nie..My eindeloos erg gefrustreer….

Gadoem ·

Armes word al meer wat nie betaal nie, die wat wel betaal raak al minder! Suksesresep ! Werk oral so in Afrika!

Amanda ·

Die regering maak met ons net wat hulle wil, dit is tyd vir opstaan. Het in elke geval nie die Munisipaliteite nodig nie. Sien mos in watter huise die burgemeester bly en watter voertuie hy ry en die salraisse wat verdien word. Dit is belaglik man.

Johanna Botha ·

NW is net n GROOT gemors hoor ! Rustenburg al vir dae sonder water !

Sonja ·

Hoe gebeur dit dat n Munisipaliteit soveel kan skuld? Dis wat jy kry wanneer alles verniet gegee word. Hou moed mense, ek glo 2020 gaan die jaar wees wat hierdie spul hul einde gaan sien!

Sê net ·

Ek hoop jy het dit sarkasties bedoel. Nêrens in al die hoede wat ons kan sien en van weet, is daar ‘n haas wat enigiemand kan uittrek om die gemors wat die ANC geskep het, te kan stop of omdraai nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.