Gedagte vir die dag:  Vryheid   

reenboog_perde_veld_stiltetyd.jpg

Foto: pixabay.com

Die “Here” dui hier op “die Gees” en waar die Gees van die Here is, heers daar vryheid. (2 Korintiërs 3: 17)

Hierdie besorgdheid oor die reg en vryheid en welstand van die behoeftige mense is gewortel in die Christelike etiek van regverdigheid en die plig om die swakkes te help en te beskerm. Dit berus op die Christelike waardering vir die mens se geestelike waardigheid en waarde as ’n potensiële kind van God wat vryheid kan ervaar. Hierdie beginsels het geen geldigheid tensy die Christelike siening van die mens waar is nie. ~ Nathaniel Micklem

Die VSA-president Thomas Jefferson het oor vryheid gesê: “God wat aan ons lewe gegee het, gee aan ons vryheid. Kan die vryheid van ’n volk seker wees wanneer ons die oortuiging wegneem dat hierdie vryhede ’n gawe van God is?”

Dankie, Vader, vir ons vryheid. Ons smeek U om ons te herinner aan die groot prys wat daarvoor betaal is. Vryheid, hoe geseën is ons om U te hê. Amen

Bron: Wysheid uit die Woord
Uitgewer: Christelike Uitgewersmaatskappy/CUM

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Francis Neels ·

Ek mis die belangrike nuusbrokkies.Is dit moontlik dat dit teruggebring kan word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.