Vryheidsdag: ‘Grondwet steeds meer onder druk’

pieter mulder

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus

Suid-Afrika gaan ʼn tydperk binne waar die Grondwet steeds meer getoets gaan word en onder druk gaan kom.

Dr. Pieter Mulder, leier van die Vryheidsfront Plus, het in ʼn verklaring gesê opposisiepartye, die media en burgerlike organisasies het daarom ʼn steeds groter taak om as waghond op te tree ten einde die misbruik van mag en die ignorering van die Grondwet aan die kaak te stel.

Mulder het gesê ʼn regerende party soos die ANC is altyd baie pro-grondwet en pro-demokrasie nadat hulle ʼn verkiesing gewen het. “Dit was ook die geval ná 27 April 1994. Soos die moontlikheid begin verskyn dat die ANC die mag kan verloor, kom die werklike toets nader of die ANC werklik demokraties is, tot die Grondwet verbind is en bereid sal wees om die mag af te staan.”

Volgens Mulder ignoreer ʼn regering onder druk egter al makliker die Grondwet. “So het die grondwethof in die onlangse geval bevind dat pres. Zuma en die parlement die grondwetlike bepalings oor die openbare beskermer se Nkandla-aanbevelings geïgnoreer het.”

Mulder het gesê die meeste mense in Suid-Afrika smag na versoening, samewerking en vrede. “Ware versoening is ʼn wen-wen situasie waarin daar ruimte vir elke taal, kultuurgroep, ras en geslag is om hom- of haarself te wees in Suid-Afrika. Ná 22 jaar begin 27 April en ander vakansiedae in regeringstoesprake steeds meer die betekenis kry van die oorwinning van een groep oor die ander. Dit is nie wat in 1994 gebeur het nie en is ʼn resep vir konflik en nie vir versoening nie.

Op vakansiedae het ons meer toekomsgerigte boodskappe nodig waarin waardering uitgespreek word vir die bydraes wat wit sowel as swart in die verlede gemaak het om Suid-Afrika ʼn ekonomiese reus in Afrika te maak. Dit sal die huidige negatiewe polarisering teenwerk. Dit sal ook uitvoering gee aan die aanhef van die Suid-Afrikaanse Grondwet wat vra vir respek vir ‘diegene wat hul beywer het om ons land op te bou en te ontwikkel’.”

Volgens Mulder is Suid-Afrika ’n land met ongelooflike potensiaal en talent. “As dit reg aangewend word, gaan ons ruimte skep vir al die land se inwoners en die verskillende gemeenskappe om voorspoedig en in vrede en harmonie saam te leef. As politieke populisme, selfsug, selfverryking en korrupsie egter die oorhand kry, gaan ons die pad van baie ander mislukte state loop.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Shannon ·

Is kommentaar oop vir die publiek ? Sal menings aangaande die Dok, veral negatiewe menings, verag word en sumier doodgemaak word ?
Ek vra maar net jong. Want ek willie my tyd mors as ek weet daar moet absolute stilte heers terwyl “Die Leier” sy eiertjie lê nie.

Shannon ·

“Volgens Mulder is Suid Afrika `n land met ongelooflike potensiaal en talent”
En dit, geagte vrinne, is waarom bykans 2 miljoen mense reeds uit die land weggehardloop het – dis nou die wie kan, die draers van die ‘potensiaal en talent’ waarna die unter minister verwys.

Loeis ·

Hy praat, Shannon, van die potensiaal wat onder beter omstandighede verwesenlik sou kon geword het. en wat kan gebeur as ‘n paar goed verander. Dit is wat potensiaal beteken.

Gepraat van mense wie die land verlaat het. Dit is VF+ wat die hofsaak gewen het om die OVK te dwing om mense wie buite Suid-Afrika bly, toe te laat om te stem. Die DA was baie vinnig om die boodskap die wereld in te stuur dat “na ‘n onlagse hofsuitspraak” mense in die buite land kan stem, nes hulle die oorwinning in Potchefstroom vir hulself toe eien, ‘n oorwinning wat nie sonder VF+ se steun moontlik was nie. So se ons nou, Shannon, waaroor presies moun jy nou eintlik?

Max ·

Suid Afrika het baie potensiaal . Hier is tans tussen 8 en 11 miljoen onwettige immigrante wat dit benut en die vryheid geniet !

Justa ·

Geagte Dr Mulder u lewe in n droom wereld. Die ANC volg die “Freedom Charter” na nie die Grondwet nie. Hierdie land het abslouut geen potensiaal meer oor nie en meeste talent is oorsee. Daar sal nooit versoening wees as die land se leiers elke oomblik van die dag en nag die massas laat glo dat alles die wittes se skuld is nie. Wittes word by niks betrek nie. Ek myself voel soos n buitestaander in my eie land. Ten slotte hier is net nie genoeg belastingbetalers wat vir die massas kan sorg nie. Ons gaan ook nie die pad van n mislukte staat loop nie, ons is reeds op die paadjie.

Bruno Stef ·

Dr Mulder jou laaste sin is van toepassing op die daaglike voortbestaan indien enige vooruitsigte in aanmerking geneem moet word.Ons besef julle mense voer n opdraande stryd daagliks in die parlement daarom sal julle van beter weet maar lees net die kommentaar van die EFF woordvoerder en sy vooruitsigte vir die blankes in die toekoms en terloops ek steun julle soos in die verlede.

Cobus ·

Dok Mulder ek lees wat jy se maar………….daar is niemand in SA ek praat nou van blanke leiers wat n vlenter omgee vir ons blankes in sa nie. Ons is n onderdrukte minderheids groep wat daagliks uit gemoor word en niks word daaraan gedoen nie. Ons word uit ons werksplekke verdryf en vertel hoe sleg ons is omdat ons blank is. Nie eers on kerke staan op nie maar Val maar net in en gee gehoor aan die goddelose regering se sienings en wette . Die grondwet is nie eers die papier werd waarop dit geskryf is nie want die regering steer hulle nie daaraan nie……..iewers sal n leier moet opstaan en sy rug reguit maak en se dus genoeg……….maar intussen sit die blanke volk en sien net hoe ruglose papbroeke in sirkels rond gaan en die blankes net verarm en verder onderdruk word……….mag die wederkoms naby wees dat God homself ons wat se ons is gelowiges kom verlos van die helse ellende.Amen

Johan ·

Cobus jy maak nou presies soos die meeste mense in die land – wit en swart = jy skuif alle vverantwoordelikheid van jou af weg. Jy sê “hulle” moet vir “ons” sorg. “Hulle” moet goeie leiers wees. Wat van jou? Jy blameer die kerke. Ek wet jou jy is nie eers deel van die van ‘n kerk nie. Dan jy kon sien hoe swaar ons kerke lei onder lidmate met jou negatiewe ingesteldheid wat nie’ n vinger wil verroer om te help bou nie. Ons gaan seerkry. Ons wat iets probeer en jou soort wat op die kantlyn sit en gal braak.

John ·

Die kernwoord hier, is “as…”. Maar ons pragtige taal het ook ‘n ander betekenis vir die woord en soos dit duidelik blyk, is ons eerder oppad na iets wat oor is, na die vuurtjie dood is. Die tyd is verby vir die koeksusterstyl van kommunikasie met die gewone Afrikaners soos ons geagte VF+-lid van die 2-manskap se aanhef. Regtig!

Rynhardt ·

Verstommend hoe daar gehuil word oor n grondwet terwyl blankes vir 22 jaar geen toekoms het nie! Niemand huul daaroor nie!!! Verder word rassisme nou versnel teen ons met mening in die voem van regstellende aksie en transformasie!! Destyds by die “Laaste Avondmaal” ook bekend as Kodesa; ook bekend as “onderhandelibgs van verraad” het almal gejuig, blad geskud,toe die blankes van alles gestroop word en daar is nog steeds geen einde insig vandag nie! Dr.Mulder, u huil so oor grondwet, maar kom ek help jou reg.Wyle Kadar Asmal (minister van onderwys) het die volgende gese:”Die grondwet het reeds 17keer verander.Ek ken nie meer hierdie Anc nie! Kan nie meer saam met hom die pad stap nie! ” Dit se alles! Voordat ek vergeet, die hof het n ruk terug ook bevind dat Zuma grondwet weer vertrap het!Dr.Mulder hou op publiek speel.

Gert ·

Mulder ons weet wat gaan aan en jy ook , so jy kry selaris van die belasting betaalers af , dis nou ons werkende mense , maak reg wat fout is en wat jy weet moet verander . probeer jou bes om mense gelukkig te hou , dit sal jou selaris verseeker elke maand .

Terroristedag ·

27 April = Terroriste dag

Die ANC terroriseer die blankes van Suid-Afrika met rasse wetgewing en diskriminasie.

Vlakvark ·

Aan al die Doemprofete, Swartgalliges, Klaers, Niksdoeners, Onbetrokkenes en Dermuitrygers,

Raak betrokke by potitieke partye, skoolbesture en burgerlike organisasies. Demokrasie moet verdien word, dit val nie gratis uit die hemel uit nie. Ons leef nou maar eenmaal in ‘n sondige wêreldopset.

Sorg dat jou kinders uitstekend opgevoed en relevant opgelei word want wêreldkompetisie kyk hul in die gesig. Sorg dat jy wêreldkompeterende dienste en produkte kan lewer. Fokus, fokus, fokus op bestuursuitnemendheid. En raak gespeen van die huidige regering. Wees ‘n ware eerbare rolmodel.

Groetnis en oor en uit.

Arie ·

Ek stem, ek is deesdae skaam om n Afrikaner genoem te word, die blankes het boedel oorgegee, te slapgat om op te staan vir ons regte soek almal groener weivelde. Wat het van ons boervolk geword wat teen die Engelse en vir Afrikaans geveg het? Ek kry skaam vir julle met n Afrkaner raas wat nog iets probeer doen vir julle slapgatte! geen ander land sal julle vat nie want julle sal daar ook gaan geraas maak en niks doen nie.

Vlakvark se boetie Bosvark ·

Geagte dr. Pieter Mulder en die Vryheidsfront Plus,

Ons waardeer jul opbouende insette binne en buite die parlement. Geen regerend party kan vir ewig die eerbare Suid-Afrikaners belieg en bedrieg en besteel nie.

Vlakvark stuur ook groete.

Ansie ·

Ek het noudie dag n fb video gekyk van n Politics van die party. Ek wil net vir julle se alles waarvoor julle staan stem ek 100% mee saam. Maar weet julle, wake up and smell the roses. Al stem elke blanke stemgeregtige en even nie stem geregtige vir julle, het julle nog nie eens 1% in die parlement nie. Hoe de hel beplan julle om dit te doen? Ek is nie meer n kind nie en my nugtere verstaan se vir my stem vir die grootste opposite party. Dit is die enigste manier om n punt te stel.

Erns ·

Munisipale kiesstelsel is proporsioneel. Ons kon baie verder gewees as ons almal saamgestaan het. Maar nou ja…

Loeis ·

Jou nugtere verstand laat jou ernstig in die steek, Ansie.

Die DA het in die laaste verkiesing 22% van die stemme gekry, teenoor die ANC se 62%.

Die komende verkiesing is minusipaal. As jy nou jou stem agter ‘n party gooi wat vir jou belange veg, soos VF+, en die DA het bondgenote nodig om die ANC in sommige rade in koalisie te verslaan, dan is daar mense in daardie koalisie wat wel vir jou belange staan. Wat jy voorstel, behels presies nie dit nie. Dit is nugtere logika.

MENS HOEF NIE VIR DIE GROOTSTE PARTY TE STEM NIE, KOALISIES KAN PRESIES DIESELFDE DOEN, KOALISIES WAAR IEMAND VIR JOU BELANGE STAAN!!!

Willem ·

Dokter Mulder ek kan net se sterkte en mag God jou lei en seen, met soveel draadsitters en doemprofete kos dit ‘n MAN op nie moed op te gee nie.

Ons moet almal betrokke raak in ons gemeenskappe en saamstaan om ons kultuur en identiteit te beskerm en uit te bou.

Sterkte Dok en vasbyt.

lettie ·

Eendrag maak mag en op hierdie stadium gryp ons mekaar aan die kele in plaas om saam te staan. Negatiwiteit gaan ons nerens bring nie, aksie wel.
Ek het geen simpatie vir mense wat kla maar verkies om stemdag eerder laat slaap of hul dag omkuier.
Kom ons omskep ons negatiewe energie in positiwiteit Deur brue te bou met anderskleuriges wat vatbaar is vir politiekery en propaganda. Hulle moet besef ons is nie die vyand nie en dat hulle ons kan vertrou.
Ek verkeer nie sosiaal na ure met hulle nie maar in my daaglikse omgang behandel ek hul met waardigheid, vriendelikheid en laat hul belangrik voel.
Jul sal nie glo watter positiewe reaksie daar uit kom nie. Hul vertrou my en sal met hul probleme kom vir raad.
Elke klein gebaar sneeustorm in n groot positiewe sneeubal.

Oom Kalahari ·

Dr Mulder, pragtig gestel in ‘n eerbare konteks – Dankie. Vir my gaan dit nie meer oor die grootste opposisie party nie, want hul is met hand op die blaas saam ANC en EFF. Al het jy dan maar net die 1% verteenwoordiging is jy nog steeds daar om my belange te verteenwoordig want nie die DA, ANC of EFF gaan dit doen nie en so bepaal hul manifest – Onderdrukkings proses. Jy met jou minderheids verteenwoordiging het al baie op gestaan t.o.v. dit wat geregverdig moet word in belang van almal, maar waar is die DA en sy optrede in belang van plaas moored???? Nee maar hy het wel onderteken in guns van grond vergrype, waar jy Dr Mulder dit teen gestaan het met jou klein verteenwoordiging en vele alternatiewe op die tafel geplaas het tot almal se belang. Iemand soos jy haal ek my hoed af en respekteer ek ten volle. Jy en jou klein partytjie gaan darem ‘n nuwe paar stemme van ons ou familietjie bykry vorentoe. Dankie vir al jou positiewe bydraes tot die gemeenskappe en dit word met opregtheid waardeer Dr Mulder.

John ·

Waar is die VF+ se kandidate vir die munispale verkiesings? Ek sien geen reklame vir die party teen die lamppale nie, veral nie ander gesigte as die 2 boeties nie. Twee is nie genoeg in die parlement nie. Dit help nie ons hou Afrikanerfeeste en wanneer dit by die wetmakery kom, is ons nie daar nie. Die opposisie in die parlement skree net wolf-wolf en kom nie met positiewe bydaes en nuwe idees nie. Die VF+ se optrede in die oarlement verskil nie van die’ van die DA nie, hulle skree miskien nie so hard nie. Dis al. Vlakvark is reg maar waar is Bosvark en Plaasvark en al die spaarvarkies?

Sarie ·

Dis omdat die meeste potensiële kiesers van die VF+ miskien nie vir hulle beginsels stem soos deur die VF+ uitgespel nie, maar hulle blind staar na die DA met die groot geld agter hulle. Die media gee ook baie minder aandag aan die kleiner partye. Netwerk24 is ‘n DA mondstuk. ‘n Tweepartystaat in SA waar die twee groot partye se beleide so baie ooreenstem is nie die oplossing nie. Balans word in enige ware demokrasie gebring deur koalisies met kleiner partye wat fokus op spesifieke beginsels soos die VF+, IFP en ACDP. Ek sal graag wil sien dat die leiers van elke politieke party ‘n kans gaan kry om president vir ‘n sekere tydperk van die land te regeer.

Loeis ·

Johan, die DA, waarvan ek vermoed jy ‘n onderstuener is, het R80 000 000 van die regering vir hul verkiesingspoging gekry (en ek glo daar is ander bronne), en die ANC nog baie meer. VF+, as ‘n kleiner party, het R1 000 000 gekry. Dit het ‘n manier om die kleiner partye te beperk, wat net logies is.

Ten spyte hiervan is Pretoria vol VF+ plakkate, en ek het al elders ook gesien. Mense deel elke paar Saterdae op straathoekke pamflette uit, as jy nog niks gesien het nie, stel ek voor jy begin op te let…

F ·

Het my hele lewe KP en VF en VF+ gestem in elke liewe verkiesding. was selfs hoofverkiesings agent vir KP in tagtiger jare.

Het ‘n paar keer met Dr Mulder in gesprek probeer tree per e- pos. Maar dit was totaal geïgnoreer. Nie eers ‘n erkenning van ontvangs van skrywe is bestuur nie.

Die VF+ het in sy bestaanstyd nie ‘n aks beweeg in die rigting van selfbeskikking nie. Ons boere en baie Afrikaners soek selfbeskikking. Ons wil nie deur die uitheemse Afrika regering beheer, gedikteer, gerangeer, geviktimiseer en uitgemoor word nie.

Julle is die leiers wat deur diegene wat selfbeskikking verlang, ingestem is. Gaan doen dit, net dit en julle sal baie meer stemme kry.

Hou op om op dinge te konsentreer wat niks te doen het met wit selfbeskikking nie. Los die ander volke uit hulle kan vir hulself skerm.

Henry ·

Met alle respek F.
Hoe dink jy gaan ‘n Party soos die VF+ wat op die steun van ‘n bitter klein minderheid staat maak, daarin slaag om ‘n oorweldigende en vyandige meerderheid te oortuig om selfbeskikking soos jy dit stel, aan die klein minderheid wittes te verskaf. Andersom gestel, die wit bevolking is kwalik 4,5 miljoen siele, teenoor 50 miljoen swart mense.

Afgesien van die feit dat die huidige regime en sy groter wordende teenstander/vennoot(?) – die EFF – reeds op alle wit eiendom – spesifiek landbougrond – beslag wil lê, kan daar tog geen verwagtinge vir allerlei “selfbeskikkinge” vir die wit siele van hierdie droewe land wees nie. Enige siel wat verkondig dat hy/sy dit sal bewerkstellig, is naïef om dit sagkens te stel, of is besig om perde kuttels as vye te smous.

Die VF+ het met piepklein ondersteuning, reeds ver bo hul gewig ge-boks, soos die bokswêreld se piete dit sou stel. Ek stem vir hulle omdat dit die enigste party is wat probeer om langs parlementêre weg ons Afrikaner-wees te bevorder en te beskerm – ten spyte van die ANC, EFF en DA se teenstand.

Ek is egter van mening dat burgerregte organisasies soos Afriforum en Solidariteit met ons geldelike hulp, meer sukses kan behaal, as die VF+. Laasgenoemde moet op parlementêre vlak teen donderweer baklei* om hulself in daardie sirkus hoorbaar te maak.

*Self ge-sensor.

Loeis ·

Henry, as die mense in hul wyke hul steun aan VF+ gee, het VF+ die mandaad wat hulle nodig het om te kan se dat mense selfbeskikking, wat VF+ beleid is, ondersteun. Dan kan die party hom op die grondwet beroep. Ek praat nie nou van ‘n afsonderlike land nie (hoewel dit nogal iets sal wees!), maar eie rade waar die ANC se onbevoegdheid en korrupsie eenvoudig nie teenwoordig is nie! Mens kan dalk selfs in daardie gebiede ‘n bestel he waar goed soos swart bevoordeling nie geld nie. Dit is stappe in die regte rigting, as mense dit tog maar net WIL sien.

david ras ·

Kom ons kry eers ‘n paar waarhede uit die weg—
Een—daar is geen Parlementere poste op die spel nie. Dr Mulder, Julius Malema. Mmusi Maimane is almal ewe veilig waar hulle nou sit.
Dis ‘n verkiesing op munispale vlak alleenlik–diens lewering ens is die kern aangeleentheid’

Twee–en dit is nou spesifiek vir die sleutelbord sluipskutters , en ander beswaardes:
Parlementere reels bepaal die volgende–
Wanneer ‘n lid mag praat, en hoelank hy mag praat. Dit hang alles af van hoeveel tyd vir ‘n sekere debat toegestaan word.
Die tyd word bepaal deur die aantal lede van die party.
Die ANC kry tot dertig minute , die DA kry ongeveer 13 minute, en die kleiner partye kry gemiddeld 3tot 4 minute.
Hoe verwag julle moet enige VF+ spreker sy saak voorle in so ‘n beperkte tyd teenoor die DA of die ANC ?
In die debat oor Zuma het Mmusi Maimane 13 minute gehad om Zuma en die ANC te takel—-en Dr. Mulder ‘n skrale 3 minute …!!
Dieselfde reel geld ook binne munispale rade…..
Voeg hierby dat die Engelse media ons meer goedgesind is as Naspers–dit laat my wonder hoeveel van die kritici weet werklik wat die VF+ doen ?

Sodra die verkiesingsdatum gepromulgeer is, mag die plakkate opgesit word.

Dink MUNISIPAAL—dis nou die belangrikste….!

John ·

Nou waarom DA stem as ons die spreekbeurt van die VF+ wil verleng. Dis eintlik bietjie belaglik hoe die parlement werk. Soos dit is, kan die grondwethof hoes en proes, Maimane kan amper beroerte kry soos hy skreeu en dr Mulder kan in snelskrif verduidelik hoe om wildsbiltong te maak en tog sal dit sal geen slapende minister laat opskrik nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.