Woolworths besorg oor klante se veiligheid

woolworthsWoolworths het Maandag sy kommer uitgespreek oor die veiligheid van sy klante en werknemers ná uitlatings deur aktiviste van Boycott, Divest and Sanctions in SA (BDS).

“Ons werknemers van alle gelowe en kulture het gesê hulle voel toenemend bedreig deur betogings binne en rondom van ons winkels,” het die groep in ʼn verklaring gesê. “Boonop word van die gesinslede van ons werknemers glo mishandel en gevloek deur BDS-aktiviste.”

Veiligheid is opgeskerp by alle winkels en die groep sal regstappe oorweeg teen individue indien die mishandeling voortduur.

“Net soos wat BDS die reg het om te betoog, het ons werknemers die basiese reg om te werk en ons klante het die reg om inkopies te doen sonder om geïntimideer of mishandel te voel deur betogers.”

BDS het met ʼn boikot-aksie teen Woolworths begin oor sy handelsbetrekkings met Israel ná die oorlog in Gasa.

Lees ook: Anti-apartheid aktivis steun Woolworths-boikot

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

Om te boikot is een ding om jou gevoel oor iets weer te gee, maar om ander se LEWE in gevaar te stel, hulle te vloek ens is absoluut verregaande en krimineel en moet so gesien word ook. Dit wys net watter tipe mens is deel van die boikot; dan dink hulle regtig hulle gaan steun kry!

Francois ·

I beg your pardon, Woolworths is concerned about their clients safety…They should be…what about the rats having a feast in their vegetable fridge…Photo to be seen on Netwerk24…

Sollie ·

Francois – rats probably brought in on purpose by the same pro-muslim lot!!! Anything to get people to boikot Woolies!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.