[Video] Verander jou fiets in ʼn slimfiets

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Nuwe uitvinding genaamd SmartHalo, verander jou gewone trapfiets in ʼn japtrap in ʼn slimfiets – en bied jou ʼn eenvoudige navigasie- en selfs veiligheidstelsel.

Die SmartHalo word aan die handvatsel van enige gewone trapfiets vasgemaak en dit koppel dan met jou selfoon.

Danksy SmartHalo voer jy slegs jou bestemming op die app op jou selfoon in, en dan kan jy jou telefoon in jou sak bêre om veilig rond te ry. SmartHalo flikker bloot in die rigting waarheen jy moet draai en bring jou by jou bestemming uit.

Die toestel koppel ook aan die app om jou allerhande statistiek te bied, insluitend die afstand wat jy gery het, gemiddelde spoed en hoeveelheid kalorieë wat jy verbrand het.

Wanneer jy nie naby jou SmartHalo-fiets is nie, kan jy nog steeds die ligging van jou feits op ʼn padkaart op die app sien.

SmartHalo is weerbestand en het ʼn liggie wat aangaan sodra dit donker word.

Die toestel sluit ook ʼn alarm in wat sal afgaan indien iemand probeer om die toestel of jou fiets te steel.

Volgens die ontwerpers hoef jy slegs een keer elke drie weke die battery te herlaai.

SmartHalo is teen $131 beskikbaar op die skarefinansieringswebwerf Kickstarter. Die gewone handelsprys sal na verwagting $149 beloop.

Die toestelle behoort teen Mei 2016 beskikbaar te wees.

SmartHalo is ideaal vir studente, skoliere of enigiemand anders wat gereeld met hul fiets in die stad rondry.
Lees meer hier: Kickstarter.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.