Meer as 600 km/h in ‘n trein

Japan se maglev-trein Foto: Yamanashi Prefectural Linear Musium, Facebook

Japan se maglev-trein Foto: Yamanashi Prefectural Linear Musium, Facebook

Japan se maglev-trein het Dinsdag tydens ʼn toetslopie teen 603 km/h die wêreldspoedrekord verbeter.

Kyodo-nuus het berig die Sentrale Japan-spoorwegmaatskappy se vorige rekord was 590 km/h wat verlede week Donderdag behaal is. Volgens die maatskappy het die Lo-trein, met 49 personeellede aan boord, 1.8 km binne 11 sekondes afgelê.

Die beplande topspoed vir Engeland se HS2-hoëspoedtrein is maar 400 km/h.

Die maglev-trein (ʼn afkorting vir magnetiese levitasie) sal na verwagting in 2027 beskikbaar wees vir openbare vervoer.

Bron: Yamanashi Prefectural Linear Musium, Guardian, Wikipedia

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.