Alle rybewyse dalk binnekort onwettig

Elon Musk by 'n beraad in 2013 Foto: Heisenberg Media - Flickr: Elon Musk - The Summit 2013 via Wikimedia Commons

Elon Musk by ‘n beraad in 2013 Foto: Heisenberg Media – Flickr: Elon Musk – The Summit 2013 via Wikimedia Commons

Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, meen dit sal binnekort, vinniger as wat mens verwag, onwettig wees vir enige gemiddelde persoon om ʼn motor te bestuur.

Musk het Dinsdag by Nvidia se 2015 GPU-tegnologiekonferensie in San Jose, Kalifornië, gesê bestuurderlose motors sal eksponensieel veiliger wees.

Hy en Jen-Hsun Huang, uitvoerende hoof van Nvidia, het by die konferensie gesels oor die toekoms van motors en Tesla se planne om sy elektriese voertuie ten volle bestuurderloos te maak.

Mitch Wein, adjunkpresident van die versekeringsmaatskappy Novarica, het egter gewaarsku dat bestuurderlose motors ʼn groot impak sal hê op die versekeringsbedryf. Hy het aan TechNewsWorld gesê versekeringspolisse sal gewysig moet word van ʼn persoonlike polis na ʼn kommersiële polis, aangesien die aanspreeklikheid nie meer by die bestuurder berus nie, maar by die voertuie en die maatskappye wat dit vervaardig.

Lees meer: TechNewsWorld

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Mari. Buitendag ·

Ag wat ‘n klomp twak, of sal die taxis dan nie meer so ‘n bedreiging wees nie! Gelukkig sal ek by daardie tyd 6voet onder wees. Nee o krag! Hierdie klink darem dik vir ‘n daaler!

elsa visagie ·

ag tog wil amper die k word gebruik, dis n bol snert. , hoekom nou dit, as julle geld wil maak gaan werk en los arme publiek uit, genade hoeveel nog. dis goedkoper om nie te werk nie,

Leonard ·

Daar is al soveel onwettige bestuurders, so dit maak nie eintlik saak nie.

Paul ·

So as jou motor nie meer deur jou gaan bestuur word nie, wat gebeur dan as jy n motorfiets ry?

Pierre Celliers ·

Hierdie ouens le gewoonlik in die nag en dink aan iets om hulleself revolusioner te maak, en raak dan uiters opgewonde oor hul moontlike populariteit! Amerikaners? Maar natuurlik!!

Elfie ·

Pierre en Pierre – en hoogs intelligent ook nog! Hoe dink julle het hy so skatryk geword? Slim, werkende idees!

Ben Burger ·

Ai.ek wonder as ek die ou motortjie sal stuur om iets by die winkel te gaan koop,of hy sal regkom?So,wat gaan die nut dan wees om ‘n motor te besit wat homself bestuur.Gaan die spietkop hom ook voorkeer en beboet as hy te vinnig ry?
Ag toggie,wat ‘n klomp nert.Hulle dink seker regdenkendes val vir hul sensasie soekery!!

Sanet ·

Ha-ha. Ben, ek’t lekker gelag vir jou kommentaar. Dis nou raak gevat!

Chantelll ·

Die eerste gedagte wat by my opgekom het was dit:wat ‘n kak storie…Maar toe sit en dink ek dat dit heel moontlik nie ‘n slegte idee is nie…Dalk sal die getal Ongelukke verminder. Dalk ook ophou mense se lewens te eis.Dalk sal die taxi’s ophou mens verpes deur soos hooligans te ry.Dalk gaan daar bq orde kom op die paaie ook.En wat van die wat hul lisensies gekoop het -want nie ordentlik kan bestuur nie?Dalk is die alkohol verwante ongelukke ook minder.Dalk kan die fietsryers ook veilig voel dan,want Dalk net dalk is daar ‘n paar positiewe punte hier.So moenie sommer net dit afskiet nie…Ek hoop van harte as dit regtig is wat hul wil doen,dan sal dit vir die positiewe wees..so ja ek dink nogals bestuurderlose motors is beter as bestuurders in motors.

Ra ·

Meeste mense dink nog steeds die regering moet vir die publiek dink…wys julle net…as die groter magte agter die skerms iets besluit dan word dit wereld-wyd so.Raak ontslae van die regerings..politiek etc..kry iemand wat die land kan regeer..so stop 99% van die probleme.Mense aanvaar maar net hulle het nie n se in die besluite van n land nie. So raak alle lande vasgevang in n kommunistiese greep…deur n wyn etiket op n bottel water te plak ..maak dit nie wyn nie.

Marius Möller ·

Aan díe pesimiste, díe wat nie meer gaan lewe teen daai tyd, díe wat al Afrika se moeilikhede sien en aan al diegene wat dink dis net ‘n grap…
Die werikheid is dat hierdie man wéét wat hy doen, hy wéét waarvan hy praat, en hy is seker die mees tegnologies-vooruitsiende man wat al ooit hierdie aarde geloop het… Kyk na alles wat hy al bereik het in sy “kort” lewe tot nou toe… Watch this space…!!!

Jan ·

Tegnologie vorder so vinnig, dis glad nie onmoontlik nie ! Dink net aan al die tegnologiese uitvindings wat ons vandag as vanselfssprekend gebruik, was jare terug ondenkbaar.

Danie ·

Geen verdere nodigheid vir bestuurslisensies nie, versekering baie goedkoper want die ongelukke is uitgeskakel, geen frustrates van padvarke nie, klink goed. Wonder net of ons die tyd wat ons spaar dalk gaan spandeer om die roetes en bestemmings in te programmeer?

Drieks ·

Onlangs nog het die wéreld elke 20 jaar verander, anderdag nog elke 4 jaar en nou is dit omtrent elke 12 maande. Ons gaan nie hierdie wéreld terug draai nie. En die vroutjie sonder hande en voete wat in Bloemfontein so motor gery het, sy het nog op die radio gesé hoe geskok was die mense om haar, wat besef het, sy bestuur nie die motor self nie. Weet dit was toe in die nuus. Omtrent 2011.

Jaco Visser ·

Heel eerste motor wat bestuurderloos moet raak is taxi’s. Dan sal dit al klaar baie beter gaan!

Ammi Postma ·

Ek het groot waardering vir tegnologiese ontwikkeling en veral as dit vooruitgand kan bewerkstellig en in stand hou. Ons was al groot toe selfone die lig sien en kyk na die fantastiese spul aktiwiteite wat reeds in jou App beskikbaar is. Die motors is n werklikheid en dit gaan sekerlik gebeur maar dit gaan baie lank duur voordat dit my 4×4 voertuie vervang. Neem in ag die motor moet navigeer en die ryvlak interpreteer in milliesekondes en interaksie he met ander voertuie en hindernisse om veilig te kan beweeg. Ons sal dit dalk beleef maar ek glo nie ek sal hom kan bekostig sonder n “staats subsudi” nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.