ʼn Planeet wat talle ooreenkomste met die aarde het en ʼn veraf son-ster omwentel, is onlangs met Nasa se Kepler ruimteteleskoop ontdek. Wetenskaplikes meen dat dit die moontlikheid vir lewe op ander planete verhoog.
Die planeet, bekend as Kepler-452b is bykans 60% groter as die aarde en is ongeveer 1 400 ligjare ver in die sonnestelsel Cygnus geleë.
Jon Jenkins, ʼn ruimtekundige, sê die planeet is 1,4 miljard jaar ouer as die aarde. ʼn Jaar op dié planeet is 385 dae lank en die swaartekrag op die planeet is vyf keer sterker as dié van aarde. Jenkins sê hy vermoed die planeet is baie meer rotsagtig as die aarde en het ʼn hele aantal aktiewe vulkane. Hy sê vloeibare water, die sleutel tot lewe, kom ook op die planeet voor.
Professor Matie Hoffman van die Departement Fisika en Sterrekunde aan die Universiteit van die Vrystaat vertel meer oor die ontdekking.
Willie Koorts, ʼn sterrekundige van die Nasionale Sterrewag in Kaapstad, verduidelik die opgewondenheid.
Vloeibare water die sleutel tot lewe? Dis oulik.
Julle fisikuste/wetenskaplikes maak my lag. 1.4 miljard jaar oud. Ha ha ha ha.
1.4 miljard jaar OUER as die aarde, Johan!
Ek verstaan nie wat is snaaks nie Johan? Ek dink dis nogal indrukwekkend om dit te weet.
Dit wys net weereens hoe almagtig ons God is. Hy het die HELE HEELAL geskape, nie net die aarde nie.
JA Willem! En dit maar rondom 6 000 jaar gelede. Nie miljoene jare gelede nie, en veral nie deur evolusie of die “big bang” nie.
http://creation.com/young-solar-system