Nasa ontken ‘verwoestende asteroïed’

Soortgelyke grafika word op sosiale media rondgestuur

Soortgelyke grafika word op sosiale media rondgestuur

Nasa het in ’n seldsame reaksie op volgehoue gerugte dat die aarde binnekort deur ’n aard-verwoestende asteroïed getref gaan word, die storie ontken.

Volgens Nasa is daar geen aanduiding van ’n bedreiging van hierdie aard die volgende eeu nie.

Volgens die wolhaarstorie, wat hoofsaaklik op die internet versprei word, sal ’n reuse asteroïed die aarde tussen 15 en 28 September vanjaar tref. Dit is ou gerugte wat weer die afgelope weke lewe gekry het, en spruit blykbaar voort uit ’n “gesig” wat ‘n self-aangestelde profeet, Efrain Rodriguez, in 2010 in ’n brief aan Nasa “bekend gemaak het.” Rodriquez self ontken dat die gevalle met mekaar verband hou.

Dit val saam met die jaarlikse “grap” dat Mars op 27 Augustus so na aan die aarde sal wees dat dit so groot soos die maan sal vertoon. Die “poets” word reeds die afgelope meer as ’n dekade jaarliks versprei en elke jaar word mense uitgevang. Mars is dan in werklikheid byna op sy verste punt van die aarde.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

HFC ·

Dink iemand regtig as dit ooit so sal wees dat hul(Nasa) dit sal erken?

Natosha ·

Hulle sal niks erken nie. As so iets gebeur en mense word gewaarsku sal almal betoog, moord pleeg en als afbrand. -hulle sal mos niks het om te verloor nie

Paul ·

Hahahaha, ek dink daar is ‘n groot monster op pad uit die Indiese Oseaan om Suid-Afrika te verwoes. Toe ek die regering vra of dit waar is, het hulle geweier om dit te erken. Dus is dit waar!

Wat vir ‘n vreemde soort logika is hierdie?

nettie ·

Ek dink mens moet goed ingelig wees om aan die gesprek deel te kan neem, nietemin glo ek nie een gaan weet wat die dag en datum sal wees wat die aarde vergaan of met die wegraping,in die Woord staan immers geskrywe geen mens op aarde sal die dag en datum ken. So my gevoel is lewe elke dag of dit jou laaste is. Wat kan jy inelk geval doen as jy weet – niks want jy is net n nietige mens

nettie ·

Ek dink mens moet goed ingelig wees om aan die gesprek deel te kan neem, nietemin glo ek nie een gaan weet wat die dag en datum sal wees wat die aarde vergaan of met die wegraping,in die Woord staan immers geskrywe geen mens op aarde sal die dag en datum ken. So my gevoel is lewe elke dag of dit jou laaste is. Wat kan jy inelk geval doen as jy weet – niks want jy is net n nietige mens

chris ·

Ons hoef nie vir die asteroeied bang te wees nie, daar is reeds ‘n space ship van ‘n ander planeet oppad om hom te vernietig.

shane ·

dit is nogal skerp…het almal op hol. Dit moet wyd verspreid wees dat selfs nasa uit hul donker grot kruip om kommentaar te lewer… volgende kruip Godzilla uit die diep see en die FBI praat oor JFK…wat ‘n mal wereld is hierdie nie!

husky ·

Mense moet ophou om alles wat die media sê vir soetkoek op te eet. Dit wat ons in koerante lees en op sabc nuus sien is maar n druppel in die emmer van wat regtig in die wereld aangaan. Ons lewe tans in die eind tye waarvan in Openbaring geskryf staan in die Woord. Glo dit of glo dit nie.

NAMIBIA ·

Mens wees eerder voorberei as om met jou broek op jou kniee gevang te word.
Luister na alles wat daar gese word ne neem dit op , maar moet nie bang wees nie
die tyd is min.

Shannon ·

Hierdie “verwoestende-asteroied” is verantwoordelik die globale finansiële inploffing wat ons huidiglik beleef. Dus moet dit ontken word. Wanneer NASA weer geld nodig het sal `n ander een van hulle speshlists `n nuwe brandende klip aankondig.
Tot tyd en wyl kom ons wees net dankbaar vir Bruse Willis, wie sy eie lewe prys gegee het om ons van die vorige een te red.

Pieter ·

Jip, nou praat jy sens. 3600 jaar terug was Nubiri moontlik een van die redes vir die sondvloed, nou is hy weer hier,maar bybelgewys moet die tyd kom vir die anti-chris om homself te openbaar, Openbaring 13,moet gebeur. Die aarde gaan nie nou vernietig word nie, wel my Bybel verwys na God self wat die aarde gaan vernietig na Hy Sy kerk kom haal het. Wel ons Christene is nog almal hier. Ons moet voorbereid wees. Geseënde nawekie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.