Video: Mini-helikopter vir Mars ontwikkel

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

‘n Mini-helikopter wat maar ’n kilogram sal weeg, en ’n meter van punt tot punt meet, word ontwikkel om in 2020 na Mars te reis wanneer Nasa hul volgende Marskarretjie na die rooi planeet neem.

Omdat Mars se atmosfeer maar net 1% die digtheid het van die aarde se atmosfeer by seevlak, moet daar verskeie aanpassings wees al is Mars se swaartekrag ook minder as dié van die aarde.

Die idee is dat die afstandbeheerde helikopter ten nouste saam met die Marskarretjie werk. Die helikopter sal byvoorbeeld oor obstruksies kan sien, en help om ’n geskikte roete vir die karretjie na sy bestemming uit te werk.

Die helikopter sal na verwagting tot so ‘n honderd meter hoog kan vlieg, en elke dag sowat 600 meter kan aflê. Die hoëresolusie-kamera aan boord, wat afwaarts kyk, sal beelde kan lewer wat tien keer so duidelik is as wat van satelliete geneem kan word wat om Mars wentel.

Meer kan in die Christian Science Monitor hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.