Video: ‘Seilskepe’ kan reise na Mars vergemaklik

'n E-skip word vertoon Foto: An e-Sail model on display (Foto: Finland se meterologiese instituut)

‘n E-skip word vertoon Foto: An e-Sail model on display (Foto: Finland se meterologiese instituut)

’n Elektroniese seil wat ruimteskepe vinniger as ruimtetuie met konvensionele brandstof kan laat voortsnel, is pas by wyse van spreke afgestof toe ’n artikel daaroor in die vaktydskrif Acta Astronautica verskyn het.

Die seil is reeds in 2008 deur die Fin, dr. Pekka Janhunen, ontwerp. Die seil bestaan uit dosyne lang geleidende filamente. ’n Elektron-geweer aan boord skep dan die veld waarteen die sonwind druk. Só ’n tuig sou net vyf jaar neem om Pluto te bereik, ongeveer die helfte van die tyd wat dit New Horizons neem wat in Julie by Pluto verwag word.

Die sonwind is partikels wat die son teen ʼn geweldige snelheid die ruimte in uitstraal. Die aarde word deur sy magneetveld teen hierdie kosmiese bestraling beskerm, maar die sonwind is só sterk dat dit die magneetveld “skeef” druk. Dit is een van die redes hoekom die Internasionale Ruimtestasie as’t ware aan die bokant van die atmosfeer skuur en kort-kort weer versnel moet word om nie te val nie. Met die lae trajek beskerm die magneetveld die ruimtemanne, hoewel baie minder as op aarde. Die sonwind word ook nou gebruik om die Kepler-ruimteteleskoop bruikbaar te stabiliseer, nadat twee van sy vliegwiele wat hom moet balanseer, buite werking geraak het.

Bron: Gizmag

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.