Afrikaanse treffers 1991: ʼn Dans met Pa – Johan Stemmet

Johan Stemmet. Foto: argief

Johan Stemmet. Foto: argief

Dit was ʼn groot jaar vir Johan Stemmet – nie net het hy die Treffer van die Jaar gehad nie, maar Noot vir noot was die eerste keer op televisie te sien met hom as aanbieder. Dit was ook die laaste jaar dat die televisiereeks Debuut gebeeldsaai is en bitter min van die kunstenaars wat in daardie reeks te sien was, het sukses met hul musiek behaal.

Steyn Fourie was die algehele wenner, maar dit was veral André Swiegers wat die aandag getrek het. Die suksesvolste Afrikaanse album van die jaar was André Schwartz se tweede Afrikaanse album, Kom terug, wat, naas die titelsnit, ook die treffer “Met jou in my lewe” opgelewer het.

Rina Hugo het, soos gewoonlik, weer ʼn suksesvolle album vrygestel. Hierdie keer was dit Elke dag van die res van my lewe, en veral die titelsnit het ʼn treffer geword.  Jannie du Toit se derde album, Palet, is aan die einde van 1990 vrygestel, en het eers in 1991 die treffers “Gee ons vrede” en “Madeleine” opgelewer.

Innes en Franna het hul derde album, Mense soos jy, vrygestel, en benewens die titelsnit was dit veral “Mooiste taal” wat ʼn sterk indruk gemaak het. Op hierdie snit kon ʼn mens Franna hoor kletsrym (“rap”) en die boodskap was dat ʼn mens Afrikaans suiwer en korrek moet praat. Danie Botha stel sy tweede album, Ek kan, daardie jaar vry, en benewens die titelsnit het “Wiele” en “Spel sonder reëls” treffers geword.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.