Anton Myburgh keer terug met ’n eerste in Afrikaans

Biker-angel-Anton-Myburgh

Anton Myburg se nuwe enkelsnit, Biker Angel, is onlangs bekendgestel. Foto: Verskaf.

Enige liefhebber van die musiek van die 1960’s sal seker die Shangri Las se treffer “Leader of the Pack” onthou.

Hierdie liedjie het gegaan oor ’n motorfietsryer wat in ’n noodlottige ongeluk betrokke was.

In die 1980’s het die rock-groep Twisted Sister dit ook opgeneem. Daar was egter nog nooit ’n soortgelyke liedjie in Afrikaans nie, maar dit het nou verander.

Drie jaar nadat Anton Myburgh sy jongste album uitgereik het, is hy terug met ’n nuwe treffer, “Biker Angel”. Dié liedjie is deur sy verloofde geïnspireer. Sy het haar oorlede man en ander familielede in motorfietsongelukke verloor, en dit was haar idee dat Anton dié liedjie moes skryf.  Byron Kuntz is die vervaardiger.

“Biker Angel” sal binnekort op iTunes beskikbaar wees, en volgens Anton is daar reeds groot planne vir die musiekvideo wat binnekort gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.