Luister: Julius Walt bou volledige stel vir nuwe musiekvideo


Julius-Walt

Julius Walt is deesdae is solosanger en werk aan ‘n splinternuwe album. Foto: Facebook.

Julius Walt het onlangs sy solo-loopbaan as sanger begin en as daar nou een ding is waarvoor dié man nie terugdeins is nie, dan is dit avontuur. Hy is tans besig om sy jongste musiekvideo, “Gebreekte glas”, te vervaardig en het ʼn Mexikaanse dorpie gebou as stel vir die video.

Esté Meyer Jansen het vir Julius gevra om in Maroela Media se ateljee te kom kuier en met hom gesels oor sy nuwe album asook die besonderse musiekvideo.

Luister saam tot aan die einde van hierdie onderhoud om te hoor hoe die liedjie “Gebreekte glas” klink. Ons deel ook graag ‘n paar foto’s wat geneem is tydens die maak van die musiekvideo:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.