Luister: MonArk sluit 2015 op ʼn hoë noot af


MonArk

Deon de Klerk en Eugene Coetzer van MonArk het ‘n draai in Maroela Media se ateljee gemaak en met Esté Meyer Jansen gesels oor hulle musiek. Foto: Facebook.

Die Suid-Afrikaanse alternatiewe musiekgroep MonArk het in 2013 en 2014 ʼn blywende indruk op die plaaslike musiektoneel gemaak. Hulle debuutalbum het verskeie Suid-Afrikaanse musiekprys (Sama)- benoemings ontvang en hulle liedjies is wyd deur radiostasies gespeel. Nou is die manne terug met ʼn de luxe-uitgawe van hulle eerste album, Negatives, wat spog met ʼn hele paar nuwe snitte.

Eugene Coetzer, hoofsanger van MonArk, en Deon de Klerk, baskitaarspeler, het met Esté Meyer Jansen gesels oor die album, hulle besonderse musiekvideo’s en die groep se planne vir Desember.

Bly ingeskakel want MonArk speel ook ʼn akoestiese weergawe van hulle treffer “Build it Up”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.