Die opera Mozart’s The Impressario is eerskomende naweek te sien by die Brooklyn Teater in Pretoria.
Maroela Media het met die hoof van die groep Rooftop Ensemble en musikale regisseur van die opera, Tinus Spies, gesels om meer oor die produksie te hoor. Morné Steyn, Alida Mostert en Marina Botha, wat in die produksie te sien is, vertel ook meer oor hul rolle in dié produksie.
Mozart’s The Impressario is op 29 en 31 Mei by die Brooklyn Teater te sien en kaartjies is hier beskikbaar teen R160 tot R220.