In hierdie week se Top 20 is daar elf snitte wat styg, agt wat daal en een nuweling.
Karlien van Jaarsveld neem die nr. 1-posisie oor met “My hartjie”, en Joshua Na Die Reën sak terug na die tweede plek. Pieter Koen styg vier plekke met “Die een ding wat ek doen”, terwyl Gert Loubser asook Eden en Bobby van Jaarsveld elk sewe plekke daal. Nicholis Louw sak uit die Top 20 met “Bring die storm”, maar “Miljoene soene” is in die sedse plek.
Vandeesweek se enigste nuweling is “Meer as woorde”, die eerste treffer van Irene-Louise van Wyk. “Bietjie meer as soen” van Anaïs en “Meer as ‘n vriend” van Riana Nel is die twee liedjies wat die langste op die Top 20 is, naamlik 14 weke.
- “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
- “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
- “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
- “Jy soen alles reg”- Eden
- “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
- “Miljoene soene”- Nicholis Louw
- “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
- “Laat die wiele rol”- Arno Jordaan
- “Afrikaanse meisies”- Gerhard Steyn
- “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
- “Wolraad Woltemade”- Hennie Jacobs
- “Meer as ‘n vriend”- Riana Nel
- “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
- “Butterflies”- Eden en Bobby van Jaarsveld
- “Klapsoen”- Bouwer Bosch en Almarie du Preez
- “Tyd”- Nadine
- “Sit vanaand op herhaal”- Vaughan Gardiner
- “Bietjie meer as soen”- Anaïs
- “Sonder liefde”- Gert Loubser
- “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk