Maroela Media Top 20: 27 April 2015

Leah-met-haar-album-Wonderwerk

Leah se liedjie, Met jou klere aan, van haar nuwe album, Wonderwerk, is een van die nuwelinge op hierdie week se Top 20. Foto: Leah se Facebook-blad.

Hier is ‘n samevatting van die Top 20: Daar sewe snitte wat styg, agt wat daal, twee op dieselfde plek as verlede week en drie nuwelinge.

Die drie snitte wat uitval, is “Sonder liefde” van Gert Loubser, “Sit vanaand op herhaal” van Vaughan Gardiner en Anaïs se voormalige nr. 1-treffer, “Bietjie meer as soen”. Juanita du Plessis is in die 19de plek met “Lief vir jou”, die eerste enkelsnit vanaf haar nuwe Afrikaanse CD, terwyl Jak de Priester in die 17de plek toetree met “Reis na gister”.

Leah se eerste treffer, “Ek moes jou gesoen het”, was 2014 se Treffer van die Jaar, en sy is terug met die eerste enkelsnit vanaf haar album Wonderwerk. “Met jou klere aan” is die hoogste nuweling tot dusver vanjaar en tree toe in die 12de plek.

Hoewel Karlien van Jaarsveld haar eerste plek behou, is sy onder groot druk van Die Heuwels Fantasties, wat vyf plekke styg tot by die tweede plek met hul weergawe van “Ballade vir ‘n enkeling”. Eden daal vyf plekke tot by nr. 9 met “Jy soen alles reg”.

  1. “My hartjie”- Karlien van Jaarsveld
  2. “Ballade vir ‘n enkeling”- Die Heuwels Fantasties
  3. “Miljoene soene”- Nicholis Louw
  4. “Voshaarnooi”- Joshua Na Die Reën
  5. “Afrikaanse meisies”- Gerhard Steyn
  6. “Een vir een”- Bobby van Jaarsveld
  7. “Die een ding wat ek doen”- Pieter Koen
  8. “Mosterdsaad”- Manne wat Glo
  9. “Jy soen alles reg”- Eden
  10. “Bosveldbloed”- Gerhard Steyn en Richard van der Westhuizen
  11. “Laat die wiele rol”- Arno Jordaan
  12. “Met jou klere aan”- Leah
  13. “Tyd”- Nadine
  14. “Klapsoen”- Bouwer Bosch en Almarie du Preez
  15. “Wolraad Woltemade”- Hennie Jacobs
  16. “Meer as ‘n vriend”- Riana Nel
  17. “Reis na gister”- Jak de Priester
  18. “Butterflies”- Eden en Bobby van Jaarsveld
  19. “Lief vir jou”- Juanita du Plessis
  20. “Meer as woorde”- Irene-Louise van Wyk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jake ·

Ek dink julle het dalk ‘n fout gemaak, Die Heuwels Fantasties sing nie Voshaarnooi nie. Is dit nie dalk Joshua na die reën se weergawe van Voshaarnooi nie

Esté Meyer Jansen ·

Dagsê Jake

Dankie dat jy laat weet. Ons het gou ‘n regstelling gedoen.

Groetnis
Esté Meyer Jansen
namens
Maroela Media

Peet Schabort ·

Almal sing. Die wat kan sing, sing en die wat nie kan sing, sing ook. Nou gaan die byle huil, of sing?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.