Maroela Media Top 20: 31 Augustus 2015

Juanita-du-Plessis-02

Juanita du Plessis. Foto: Facebook.

In vandeesweek se Top 20 is daar agt snitte wat styg, ses wat daal, vier wat in dieselfde plek bly en twee nuwelinge. NRG kon net twee weke op die Top 20 bly, maar vandeesweek val hulle uit. Die ander snit wat uitval, is “Meer as genoeg” van Stadsboer.

Die titelsnit van Anders se nuwe album, “Ek onthou”, tree in die die 19de plek toe. Die ander nuweling is ‘n ongewone verskynsel; ‘n instrumentale snit wat die Top 20 haal. Die Ventertjies se weergawe van Ricardo Bornman se “Lentevrolikheid” is ‘n nuweling in die 17de plek.  Die titelsnit van Elvis Blue se nuwe album, “Êrens in die middel van nêrens”, styg agt plekke tot by nr. 12, terwyl Carike Keuzenkamp vyf plekke daal en vandeesweek in die agtste plek is.

  1. “Hambamba”- Juanita du Plessis
  2. “Eie land”- Coffeesnobs
  3. “Mal in jou kop”- Cordelia
  4. “Geskeurde jeans”- Karlien van Jaarsveld
  5. “Eendag op ʼn reëndag”- Neil Somers
  6. “Mona Lisa”- Joe Foster
  7. “Die eggo van jou oë”- Jannie du Toit
  8. “Ek sing my liedjies net vir jou”- Carike Keuzenkamp
  9. “Pêrel vir ʼn kroon”- Andriëtte
  10. “Met jou klere aan”- Leah
  11. “ʼn Tas vol Cash”- Adam Tas
  12. “Êrens in die middel van nêrens”- Elvis Blue
  13. “Die man vir jou”- André Venter
  14. “Amsterdam”- Dewald Wasserfall
  15. “Alles naby my”- Roux en Christi Cloete
  16. “Asemloos”- Liezel Pieters
  17. “Lentevrolikheid”- Die Ventertjies
  18. “Stop wag bly nog ʼn bietjie”- Brendan Peyper
  19. “Ek onthou”- Anders
  20. “Die hemel”- Elvis Blue

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.