Luister: Lizz Meiring oor “Langpad en Lipstieks”


Lizz Meiring skop vroeg in Februarie af met haar nuwe produksie, Langpad en Lipstieks. Foto: Verskaf

Lizz Meiring skop vroeg in Februarie af met haar nuwe produksie, Langpad en Lipstieks. Foto: Verskaf

Lizz Meiring skop vroeg in Februarie af met haar nuwe produksie, Langpad en Lipstieks, by Die Boer-teater in Durbanville.

In dié verhoogstuk gesels sy onder meer oor bagasie (fisies en emosioneel), oor dinge waaraan ons vasklou en dinge wat ons moet laat gaan. Dit is egter geensins prekerig nie en propvol komedie en satire met so ʼn bietjie tragedie.

Burger Meyer het met Lizz gesels oor Langpad en Lipstieks. Hy wou ook meer weet van haar kreatiewe proses.

Langpad en Lipstieks is op 3 en 4 Februarie by Die Boer-teater in Durbanville te sien. Kaartjies is hier teen R120 per persoon beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.