[Foto’s] Bordspeletjie sorg vir onvergeetlike verlowing

Justin Lebon en Michal Ott. Foto: Facebook

Justin Lebon en Michal Ott. Foto: Facebook

ʼn Man van Kalifornië in die VSA het onlangs op sosiale media vertel hoe hy seker gemaak het hy vra die ja-woord op een van die onvergeetlikste maniere ooit deur hul gunsteling tydverdryf te gebruik.

Justin Lebon (29) en sy meisie, Michal Ott (25), is verslaaf aan die bekende bordspeletjie, Monopoly. Toe Lebon besluit het om Ott te vra om met hom te trou, het hy dus besluit om ʼn unieke weergawe van die speletjie te ontwerp en haar uiteindelik te lei tot by die groot oomblik.

Volgens Metro News het die bord wat Lebon ontwerp en saam met ʼn vriend gebou het, verskeie besonderhede van die paartjie se verhouding bevat, soos die plek waarheen hulle op hul eerste afspraak gegaan het, die name van die strate waar hulle grootgeword het, hul gunsteling vakansieplekke en hul huidige woonstel.

Ott moes die speletjie speel en Lebon het die dobbelstene só ontwerp dat sy elke keer op die beplande plek op die bord land. Presies sewe skuiwe nadat die speletjie begin het, het Ott op “Kans” geland waar die kaartjie haar gestuur het om ʼn spesiale versteekte kompartement op die bord oop te maak, waar ʼn blink verlowingsring vir haar gewag het.

Die verlowing het glo reeds in Desember verlede jaar plaasgevind, maar Lebon het dit eers onlangs op sy Imgur-profiel gedeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fanie ·

Die Monopoly bord kan vir geslagte in die familie oorgedra word ook.

ANDRE ·

Ja – nee , dit was een van ons groot gunstelinge , veral as jy Jan Smuts of Roeland strate kon inpalm.

Frikkie ·

Nee wat, glad nie romanties nie. Koop vir jou girl Kentucky en sit die ring in die barrel en sy is joune

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.