Hoe rooier, hoe mooier

Die term “rooikop”  word reeds van die 15de eeu gebruik en lok ʼn verskeidenheid reaksies uit – van bespotting tot bewondering. Daar was in Middeleeuse tye selfs ʼn fabelagtige geloof oor dié haarkleur.

Vandag ervaar rooikoppe steeds uiteenlopende reaksies.

Rooikopkinders is gewoonlik ʼn maklike teiken vir boelies. Daar bestaan  ook stereotipes oor rooikoppe, waarvan hul “vurige” humeur die algemeenste is.

Foto: dailymail.co.uk

Foto: dailymail.co.uk

ʼn Fees vir rooikoppe word vanjaar in Londen gehou om standpunt in te neem teen boelies en om rooikop-wees te vier. Hierdie konsep is nie nuut nie: Dié fees word sedert 2013 in die Verenigde Koningryk gehou en Nederland hou vanjaar sy tiende “rodharigendag” wanneer daar omtrent fees gevier word. Musiekkonserte, kunsgalerye en modeparades kan by hierdie feeste geniet word.

In Suid-Afrika word “soen-ʼn-rooikop-dag” jaarliks op 12 Januarie gevier. Elke keer as jy verby ʼn rooikop loop, moet jy die persoon gryp en soen. As jy ʼn rooikop is, moet jy dalk hierdie datum dagboek . . .

Bron: www.tremr.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dan ·

As n man nie daar regkom tussen daai klomp rooi koppe nie, sal jy seker nooit regkom..lol

Maureen ·

Ek was nog altyd mal oor rooi hare in alle skakerings, dis vir my pragtig!

Leonora ·

Ek het swaar gekry onder veral een boelie op skool. ‘n Tyd gelede haar op ‘n afstand gesien. Jou waarlik nou is sy ook ‘n rooikop. (Bottelrooi)
Ek dra my rooi kroon met trots.

Rooikop ·

Rooikop Kerriekop – fires – ens. Ek ken dit – my mening – almal is jaloers omdat ek rooi hare het en hulle nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.