Vermiste ouma kry toe ʼn tatoe

Sadie Sellers

Sadie Sellers

ʼn Seun wat naarstig na sy 79-jarige ma op soek was, het haar in die tatoeëersalon opgespoor.

Tony Sellers het by die ouetehuis opgedaag vir sy daaglikse besoek aan sy ma, Sadie, maar sy het intussen spoorloos verdwyn en haar leë rolstoel was al wat in haar kamer by Daleview House in Londonderry, Ierland gestaan het.

Sadie het glo met haar loopraam uit die ouetehuis gestap om ʼn hartvormige tatoe op haar linkerarm te kry. Sy is die ouma van 11 kleinkinders en ʼn afgetrede staatsdiensamptenaar.

Haar kleinkind Samantha (22) het saam met haar gegaan.

Op ʼn vraag wat haar familie van die tatoe sal dink, het sê klante by Tattoo Studio 76 geskok met haar woorde: “Ek gee nie ʼn f** om nie. Wanneer jy so oud is soos ek moet jy elke dag voluit leef. Ek het dit al ʼn paar weke lank met Samantha bespreek en sy het my haar tatoeëermerk gewys. En een dag ná vakansie het ek gedink ek sal ook een kry.”

Sadie het gesê sy het die jongman gevra hoe lank dit nog sal duur, toe hy sê hy het vyf minute gelede al klaar gemaak. “Ek het nooit eers iets gevoel nie. Hy het net gelag.”

Tony het uiteindelik sy dogter gebel wat bevestig het haar ouma is by haar. Tony het self agt tatoeëermerke.

Bron: Mirror, Inquisitr
https://youtu.be/kkR-h6m7sX8

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Peet Schabort ·

Nee dankie nie vir my nie maar nogtans ‘n wyse besluit op daardie ouderdom want dan het alles wat nog stewig en ferm was hul rekke gerek en weens gravitasie hul plekke ingeneem en kan byv. ‘n gesig nie meer suurbek raak nie.
Dan sal dit ook makliker wees om ‘n trekklavier of konsertina op die verrimpelde velle te tatoeëer.

Hermien ·

Ag dierbaar, lekker lag ek nou as ek myself indink dit is my ouma wat ek daar opspoor!

Pieter ·

Op haar ouderdom sou ek reken ‘n noodadres of telefoon nommer van die dogter sou meer vanpas wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.