Video: Grootste foto ooit

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Nasa het op 5 Januarie vanjaar die grootste foto ooit vrygestel van die Andromeda-galaksie, ons naaste galaktiese buurman.

Die foto is 1.5 miljard beeldpunte (pixels) groot (69 536 x 22 230) en gebruik 4.3 GB-spasie op ʼn rekenaar.

Die foto is deur die Nasa/ESA Hubble-teleskoop geneem en is saamgestel uit 411 foto’s. Ongeveer 100 miljoen sterre is oor 40 000 ligjare op die foto te sien.

Die gebruiker daveachuk het ʼn video van die foto op YouTube gelaai en dit is veral die einde van die video wat mens se asem wegslaan. Meer as 2.7 miljoen mense het reeds die video op YouTube gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

Dankie Sune, ek geniet die tipe artikels vreeslik! Baie interessant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.