Video: Kinders verheug oor “aakligste Kersgeskenke”

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Tim Cocker wou twee weke voor Kersfees uitvind hoe sy kinders op ʼn aaklige Kersgeskenk sou reageer, en of hulle dit nog steeds sou waardeer.

Hy het hulle verwagting hoog gestel soos ʼn “Ben 10”-horlosie vir die seuntjie voordat hy die twee pakkies oorhandig het.

Maar toe hulle die pakkies oopmaak, was hulle reaksie verseker nie wat hy verwag het nie. “Dis my geskenk!” jil die dogtertjie.

“Terwyl ons Kersfees nader, het ek gewonder of my kinders besef hoe bevoorreg hulle is,” het hy gesê.

Die video is al in Desember 2011 op YouTube gelaai, maar dit is vandag nog net so skattig soos drie jaar gelede. Die video is reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.