Video: Miljoene vir katjies wat “ontplof”

Die Exploding Kittens-kaartspeletjie

Die Exploding Kittens-kaartspeletjie (Skermskoot van die Kickstarter-video. Die video volg onderaan die berig.)

ʼn Nuwe kaartspeletjie wat gebaseer is op katjies wat ontplof, ʼn paar bokke en lang rughare, het binne drie dae op die skarefinansieringswebwerf, Kickstarter, reeds meer as $3 miljoen (R34 miljoen) gewerf. Die doelwit was $10 000.

Die speletjie is ontwerp deur die bekende tekenprentkunstenaar Matthew Inman van The Oatmeal, die voormalige hoof van ontwerp by Xbox Elan Lee en die voormalige kunsdirekteur van Xbox Shane Small.

Die kaartspeletjie is baie eenvoudig: deelnemers trek ʼn kaart van die pakkie en indien jy die kaartjie trek waarop die katjie ontplof, is jy die verloorder. Maar daar is allerhande ander kaarte in die pakkie wat jy kan gebruik om dié lot te ontglip of selfs om ʼn ander speler te dwing om ʼn sekere hoeveelheid kaarte te trek.

Die vervaardigers se doelwit was om $10 000 binne 30 dae te werf. Binne 30 minute was die projek ten volle gefinansier en binne drie dae het hulle reeds $3.2 miljoen gewerf. Gebruikers het nog 27 dae om die projek finansieel te ondersteun en hul eie pakkie kaarte te bekom.
Lees alle vorige berigte oor Kickstarter op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pierre Celliers ·

Wat ‘n naam vir ‘n kaart speletjie!!!
Waarom juis so’n naam kies? Waarom nie, “Exploding- tree of -tyre of- balloon” of so-iets nie?
Het die ouens iets teen klein katjies?! Dit wil voorkom of hulle kat-haters is! Ek weier om die speletjie te koop, uit protes! Ek die enigste een wat so voel?

Paul ·

Hahaha, en dis presies hoekom hierdie soort bemarking effektief is. Dit maak opslae.

Pierre Celliers ·

Opslae ja, negatiewe opslae, anti-kat speletjie opslae!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.