Video: Verslag oor Retief uit Mgungundlovu

Soos belowe, het Maroela Media ‘n joernalis na Mgungundlovu gestuur om verslag te doen oor Piet Retief se onderhandelinge oor grond met Dingane.

Soos vroeër vandeesweek berig, het Retief en 70 manne uit sy trek ‘n paar dae gelede by Mgungundlovu aangekom met ‘n klompie beeste wat hulle by Sikonyela gaan terugkry het nadat dié stamhoof dit ‘n tyd gelede by Dingane gesteel het. Die ooreenkoms tussen Retief en Dingane was dat Dingane ‘n ooreenkoms sal onderteken om ‘n stuk grond aan Retief en sy trek te oorhandig, in ruil vir die beeste.

Retief en sy manne is positief ontvang en die afgelope paar dae soos eregaste onthaal deur Dingane en sy krygers. Heelwat van die ander trekkerleiers, onder andere Louis Tregardt en Hendrik Potgieter, het egter in gesprekke met Retief hul bekommernis oor die besoek aan Mgungundlovu te kenne gegee.

Retief en sy groep manne se besoek is vandag op feestelike wyse afgesluit met verskeie vertonings, waarna Retief-hulle sou terugkeer na hul laer. Volgens ons verslaggewer het hulle egter nog nie te voorskyn gekom nie.

Burger Meyer doen verslag van buite Mgungundlovu:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John Skinner ·

Jitte Burger, kan sien jy het deeglik navorsing gedoen en jou feitelike beriggewing beindruk hoor! Hou so vol.

rienie wilken ·

dki vd nuwe webwerf! sal dit met belangstelling dophou geskiedenis nog altyd na aan my hart. vraag daar is mense…. wat beweer dat daar n afbeelding van die Vrymesselaarswapen op die afbeelding van Piet Retief se messakkie in die saal in die Monument is…. kon nog nie self gaan kyk nie. Is dit waar? ook dat Gerhard Moerdyk met Vrymesselaars verbind word en die Voortrekker Monument n verbindtenis met die organisaie het? Kan u dalk kommentaar hierop lewer asb?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.