Vrou betaal R1,8 m. per jaar om op passasierskip te woon

Die Crystal Serenity-passasierskip. Foto: Facebook

Die Crystal Serenity-passasierskip. Foto: Facebook

ʼn Weduwee van Florida in die VSA spandeer $164 000 (nagenoeg R1,8 miljoen) per jaar om permanent op ʼn luukse passasierskip te woon.

ABC7 Eyewitness News berig dat die 86-jarige Lee Wachtstetter reeds vir die afgelope sewe jaar op die Crystal Serenity-passasierskip woon na die afsterwe van haar man.

“Gedurende ons huwelik van 50 jaar het ons op 89 vaarte gegaan. Ek het al omtrent ʼn honderd meer gedoen en 15 wêreldvaarte,” het Wachtstetter aan Asbury Park Press gesê. “Die dag voor my man in 1997 dood is, het hy aan my gesê: ‘Moenie ophou nie’. So hier is ek vandag en ek leef ʼn stresvrye sprokieslewe.”

Wachstetter het spesifiek die Crystal Serenity-passasierskip gekies aangesien sy dol is oor dans. “Ek dans elke aand vir ʼn paar uur na aandete. Ek doen dit al vir jare.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nico ·

Hoop maar die erfgeldjies hou. Anders gaan daar ‘n geween wees en gekners van die tande.

Giel Greef ·

O tog ou Nico…….verbeel ek my ruik ek dalk bietjie jaloesie???????
My antie geniet elke oomblik!!!!!! Geniet jou dans!!!!!!!

Dave ·

Interessant, Jaloesie is die eerste wat in my gedagtes ook was toe ek Nico se storie lees.

Hein Swart ·

Sjoe! Wil sy nie aanneming oorweeg nie? (Ek is beskikbaar!)

Chris ·

Wat ‘n wonderlike manier om jou laaste goue jare mee te verwyl!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.