Lesersbrief: Dwelmvry en ʼn nuwe mens

theo-nel

Theo Nel. Foto: Cathy Schramm

Theo Nel skryf:

In die jaar 2016 het ek ʼn groot keuse in my lewe gemaak. En vandag is dit een jaar en drie maande gelede dat ek gekies het: my lewe en my drome óf drugs.

Ek kon geen beter keuse gemaak het as om dit te los nie. Ek voel so goed oor myself. Ek voel soos ʼn nuwe mens. Om dwelms amper tien jaar lank te gebruik en dan net so te los was een groot aanpassing. Ek het na Jesus gegaan, my hande opgelig en gesê: “Here Jesus, help my. Ek wil die goed los; my lewe val inmekaar en ek wil nie hê dit moet so wees nie. Ek is u kind; asseblief, help my!”

En so het ek begin glo en vertrou op die Here en kyk waar is ek vandag. ʼn Beter mens, tans besig met ʼn CD en ek volg my drome as sanger.

Ek weet wat doen drugs aan ʼn mens. Daar was dae dat ek my kop wou verloor en selfmoord probeer pleeg het. Ek het vyf keer my lewe probeer neem en pille gedrink. Ek kon nie vrede maak met my verlede nie, dit het my bly jaag. My kinderjare was rof en dit is hoekom ek begin drugs gebruik het – net om beter te voel.Tog het ek nie beter gevoel nie, dit het dinge net erger gemaak.

Ek wil jong mense se harte aanraak met my storie. Ek wil hulle help as hulle dieselfde pad stap as ek destyds. Ek wil na skole gaan en praat oor my lewensverhaal …

Vandag is ek so trots op myself, ek kon nie vir beter in my lewe gevra het nie. Ek sê altyd: “Want in die kleinste Goedjies sien ek net eenvoudig hoe Groot God is.” Want sonder God in my lewe is ek niks en dis hoekom ek jong mense wil reghelp as hulle daai pad stap. Ek wil die pad saam met hulle stap en vir hulle wys dat hulle ook wenners kan wees.

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Tollies ·

Theo,
dus so mooi dat jy jou blydskap met ander deel en God se naam groot maak
daar is so baie wat nie kan , of weet , of teen die prikkels skop om net hulle swakke hand in God se hand te sit en te se Vader hier is ek , ek is swak U plan is baie groter help asb. Ons het almal Foute . Hou aan moenie terug kyk nie deur jou bereidheid sal Hy ook die berge verskuiwe .

Hannah ·

Loof die HERE vir SY trouheid en genade wat elke dag nuut is!

June ·

Ek is baie trots op jou Theo! Dit wil gedoen wees! God alleen is in beheer en net by Hom sal mens vreugde en verlossing vind! Baie liefde xxx

JP ·

Well done Ek was ook waar jy was en is al 4 jaar skoon ek kon en kan dit ook nie sonder God gedoen het nie HOU VAS AAN GOD WANT HY LOS NIE sterkte

Amelia ·

WOW…. TheoQ…. ek het nie eers geweet nie…. Jy is n baie groot inspirasie… Soooooo Trots op jou… xxx

Francie ·

Ek haal my hoed vir jou af, mooi so.
“Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.”

Dankbaar ·

Dankie, Theo vir jou getuienis – die Here glimlag breed oor jou elke keer as jy vir en oor Hom getuig. Ek glo nie jy sou so ‘n kragtige getuie gewees het as jy nie daar uit die put moes gehaal geword het nie WANT NOU weet jy dat jy weet… Dankie, Here Jesus, dat U gekom het om die mens waarlik vry te maak en SLEGS U kan daardie soeke na “iets” vul! Baie seën vir jou, boetie in Christus, mag die Here jou nog kragtig gebruik.

nikki ·

Theo x ken jou ni , maar glo my x so trots op jou!
Sterkte met jou CD..x weet dit gan n sukses wees, ..want j is tot alles instaat deur Christus wat jo krag gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.