Lesersbrief: Help, ek sukkel om regstellende aksie te regverdig

martin-de-beer

Martin de Beer. Foto: Verskaf.

Martin de Beer van Roodepoort, Gauteng skryf:

Persoon A bestuur roekeloos, skryf B se motor af en C moet die somtotaal van B se skade aan persoon D betaal (C is nie ʼn versekeraar nie en die partye ken mekaar glad nie)

Vir enige regdenkende mens is die gevolg van bostaande scenario dat die skuldige party verskoon word, die benadeelde se skade bly staan, terwyl ʼn ander onbetrokke bevoordeelde vergoed word deur ʼn ander onbetrokke benadeelde, in die afwesigheid van enige skuld aan laasgenoemde se kant!

Die bostaande is duidelik onbillik of onregverdig en eintlik bevind B en C hulself in presies dieselfde bootjie, ʼn bootjie met die naam “Benadeel Sonder Skuld”.

Sou die toevoeging van kleuronderskeiding aan enige van hierdie “persone” en enige rondskuif van kleurtoekennings tussen hulle die onbillikheid of ongeregtigheid ongedaan kon maak? Nee.

As ons nou beslis dat, na aanleiding van A se optrede teenoor B, almal van dieselfde ras as A (C) voortaan vergoed aan B en D, verander dit die onbillikheidsbeginsel glad nie – al wat verander is dat ons rassisme gebruik om die onbillikheid of onregverdigheid te probeer ontken.

Omdat B en C in dieselfde bootjie sit het Apartheid en Regstellende Stappe verbasend ooreenstemmende gevolge in my opinie? Albei voel vir my ewe rassisties van aard. Is hulle nie eintlik sinonieme nie? Vir die “verligte vromes” wil ek vra: “Can two wrongs make a right?

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Veritas ·

Hoe ons ookal daarna kyk, was apartheid nie sonder foute nie. Om die situasie net om te keer is net so verkeerd. Ek het daarby baat gevind in dié dat die staat vir my studies betaal het en dat werk vir my, as blanke, gereserveer was. My kinders wat niks met apartheid te doen gehad het nie, moet vandag hoor dat hulle, al kwalifiseer hulle vir ‘n betrokke pos, nie eers hoef aansoek te doen nie omdat die pos vir ‘n anderskleurige bedoel is. As dit nie omgekeerde rassisme is nie, sal die Springbokke môre die All Blacks met twintig punte pakgee.

Claudie leR ·

Het almal werklik net voordeel getrek?
Ek het met ‘n lening studeer wat ek lank afbetaal het aan.
Ek het nie outomaties werk gekry nie, baie aansoeke gedoen wat nie suksesvol was nie, lank gewerk voor ek my eerste (tweedehandse) kar kon bekostig.
Op die plaas waar ek grootgeword het, het ons werkers aangery dorp toe as hulle siek was waar hulle dieselfde dokters gesien het en ons het selfs vir die dokter betaal.
Waar ek skool gegaan het was ‘n nuwe skoolgebou opgerig in die lokasie met rekenaargeriewe (wat ons skool nie gehad het nie). Die stelsel het dus nie net reglynige voor/nadele gehad nie.
Deel van die huidige probleem is eintlik maar dat daar oorhoofs te veel mense is, te min werkskepping, geleenthede en praktiese/tegniese vaardigheid. Kreatiewe denke is nodig van alle kante.

Pietman ·

Veritas. Jy is verkeerd op vele punte.
1. “Apartheid is omgekeerd”. Nee dit is nie. Huidige wette lyk niks soos Aparthedidswette nie. Indien iemand werklik apartheids wette sou wou omkeer sou die blankes een helse partytjie hou. Eie volkstaat ( op goeie landbougrond), universiteite, skole gebou met swart belastinggeld. Minimum werksreservering. geen stemreg ( wie gee om ons is dan in die minderheid?) en ons sou dan ons eie gebied kon bestuur.
2. “jou werk was vir jou gereserveer”. Tensy jy een of ander ambagsman in die myn was tussen 1951 en 1980, nee. Slegs 2% van die werk was gereserveer onder apartheid.

Veritas ·

Pietman jy lees nie so lekker nie. Nêrens noem ek ‘omgekeerde apartheid’ nie. Ek praat van ‘omgekeerde rassisme’. Daar is ‘n wesenlike verskil tussen die twee. Waar ek met jou saamstem is die sg tuisland konsep. Ons sal egter nooit daai geleentheid kry nie want die resultate gaan iets bewys wat sekere mense betwis.

bloues ·

Sa, wat jy eintlik wou sê is:
Dit is onregverdig dat mense wat nie deel was van apartheid se voordele nie, nou straf moet dra daarvoor.

JdV ·

Nee, dit is nie regverdig nie. Die bordjies is slegs verhang. “Radikale ekonomiese transformasie”, “regstellende aksie” is slegs sinonieme vir diefstal en rampokkery.

Boerseun ·

Maar dit is die globaliste liberale wat dit uitgedink het, om almal op een vlak te he. As A dit nie kan doen verlaag almal se standaarde tot persoon A se vlak

Jordaan ·

Vertaal asb jou artikel en stuur vir die Engelse pers ook – miskien is daar iewers iemand wat beinvloed kan word om die onregverdigheid van die huidige bestel te erken.

Wag 'n Bietjie ·

Die enigste probleem wat ek met Apartheid het is dat ek te jonk was om dit te ervaar. Die ware euwel is “one man one vote” wat die skoolkinders, in plaas van die onnies en hoof bv, in beheer van die skool plaas. Die land moet bestuur word deur diegene wat die kennis en ondervinding het in plaas van diegene wat bloot meer slaankrag by die stembus het. PW Botha se federale sisteem dink ek was eintlik die beste vorm van goewerment teenoor vandag se meerderheid assimilasie “or else” politiek. Die land was gesonder voor 94 as wat hy nou is.

Vrede ·

NEE nie alle blankes het voordeel uit die Apartheidsisteem getrek nie .. Ek het absoluut geen voordeel daaruit getrek nie, en ook nie my kind nie. Ek het vir alles gewerk en vir alles betaal. Daar was ‘n klein groepie wat daaruit voordeel getrek het soos daar maar nou ook net ‘n klein groepie is wat uit AA en BEE en EE voordeel trek. So kom ons vergeet nou van apartheid na 23 jaar. Die probleem is die JONGMENSE wat niks met apartheid te doen gehad het en nie daaruit bevoordeel is nie en nie daarvoor gestem het nie word nou benadeel. Firmas moet mense van kleur aanstel al is hulle nie die beste kandidate nie anders word hulle beboet. Die ANC dink hulle is so wonderlik, BEE/AA /EE moes na 20 jaar afgesny gewees het . dan was dit billik. Dit is nou NIKS ANDERS AS APARTHEID nie .. eintlik erger want ons het darem tuislande gehad waar ander mense in vrede kon saamleef sonder enige inmenging.

Eish ·

Ons bevind ons 23 jaar na die eerste demokratiese verkiesing en die land het in die tyd n toestand van algehele verval ondergaan ongekend sedert die Anglo Boere oorlog en die Britse ” Verskroeide aarde” beleid.

Wat in 110 plus jaar van niks af opgebou is, is onherstelbaar vermink sedert 1994 vanweë verskuilde motiewe soos magshonger, selfsug, selfverryking, totale afkeer aan Westerse en Christelike waardes, onvermoë en weerwraak. Dit alles, sonder aansien des persoons, sodat die monster homself plek-plek self verteer.

Bogenoemde is alomteenwoordig in die meerderheid van die bevolking en enige verwysing na n gematigde meerderheid is n hersenskim. Na aanvanklike lippediens aan vreedsame naasbestaan, is verbete agter die skerms beplan aan die totale oorname van elke sfeer van die samelewing en die gepaardgaande vernietiging van
intellektuele, fisiese en groepsweerstand.

Die adjunk-president se verwysing na die padda wat stadig doodgekook word, verwys.

Waar laat dit ons? Ons sit met n voortdurend eskalerende, verarmde blanke bevolking wat in toenemende mate verdruk word en boonop onderling verdeeld. Godsdiensafvalligheid beleef ongekende bloei en selfs mega kerke se besigheidsplanne moet aangepas word. Ons moet ongekende finansiële risikos aangaan ten einde ons kinders geleerdheid te gee in n toenemende vyandige tersiêre omgewing. Boerehaat tier welig en misdaad maai onder ons almal. Selfsug is aan die orde van die dag ten einde te oorleef.

Op die keper beskou meneer, dis Afrika dié en hy het nie n saak met jou persepsie van regstellende aksie se regverdigheid nie!

Arend ·

Martin: goeie beredenering! Wat jou vraag aan die “verligte vromes” aanbetref: ek is bevrees hulle sal nie antwoord nie. Liberalisme en nugtere denke is wedersyds uitsluitend….

jaco ·

oppas om die manier wat die ANC ons wit mense hanteer, “omgekeerde rassisme” te noem. met daardie woorde word die indruk geskep dat rassisme eintlik ‘n kenmerk van wit mense is en dat swart mense glad nie rasssities kan wees nie. hulle moet dis “wit” rassisme “omkeer”.
Rassisme is bloot rassisme en kom onder alle rasse voor. Regstellende aksie word nou al so erg toegepas dat daar selfs vir kleurlinge en indiërs, wat beslis nie wit is nie, goed gesê word soos “sorry you are not black enough” (ek suig dit nie uit my duim nie: ek HET bewyse). Of daar kom mooi verskonings met werk gee soos “die nasionale demografie moet weerspieël word.
Die slagtings in Rwanda en Burundi wasHutu’s teen Tsutsis; dus swart teen swart. Daar was tye wat die Shona’s en die Matebeles in wat vandag zimbabwe is nie baie erg was oor mekaar nie. Minderhede van Indiërs is ook nie wonderlik deur swart mense in Kenia, Tanzanië en Uganda behandel nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.