Is pers nou swart by die US?

swartgesig-herrie-by-US-Maties

Foto: Facebook.

Met die vinnige optrede van die Universiteit van Stellenbosch (US) het hulle ’n paar voetfoute gemaak.

Heemstede se tema was “Sterreruim” en Poekie Briedenhann sit ’n kroon van tinfoelie met antennas op haar kop, trek ook silwer tinfoelie-“skoene” aan, en verf  haarself pers (wat duidelik op die foto te sien is) om iemand van die buiteruim uit te beeld. Op die Instagram-foto wat die oorsprong was van die “blackface”-klag, het sy geskryf “Extraterrestrial”, maar hierdie kwessie wat alles in konteks sou plaas, word in geen berig genoem nie.

Tot en met die bohaai het sy nie eens die term “blackface” geken nie, maar is gedwing om verskoning op sosiale media te vra. Daar is nooit vir haar gevra of sy haar ouers of regsverteenwoordiging teenwoordig wil hê nie, en of sy hulle nie eers wil raadpleeg of inlig nie. Daar is ook aan haar gesê dat sy met niemand mag praat nie, nie eens die media nie. Waar is die audi alteram partem-reël, naamlik “hoor die ander kant se weergawe”? Dit is verdere intimidasie en hulle snoer haar mond. Nou wil die US ’n verhoor hou, nadat hulle haar klaar skuldig bevind en uit die koshuis geskors het.

Haar regte word deur die US vertrap. Daar is buite haar koshuis getoi-toi en geskree sy moet uitkom en “we will get you!” en woorde met dieselfde strekking op Twitter. Dis intimidasie en strafregtelike “aanranding gewoon”. Hieraan doen die US niks nie en sy kry geen hulp of word beskerm nie. My raad aan haar is: Dagvaar die US en eis ’n verskoning, asook skadevergoeding vir pyn en lyding, naamskending  en moontlike verlies aan werkgeleenthede in die toekoms, aangesien die US haar naam vir die res van haar lewe laat koppel het aan “blackfacing”. Verder dink ek dat die US ook op elke sosiale forum waar haar naam beswadder is, ’n verskoning moet plaas.

Vir die ondersteuners van die Springbokke, Sharks en Blou Bulle ook ’n woord van waarskuwing. Blykbaar is julle eersdaags ook in die moeilikheid met die groen, swart en blou gesigte. Regtig, waar gaan dit eindig?

Adv. T du Preez, Menlopark

 

Stuur vir ons jou brief, met ’n maksimum van 500 woorde, na , dan oorweeg ons dit vir publikasie.
Hierdie rubriek is ’n lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

120 Kommentare

ELSABE ·

Dit is belaglik hulle soek enige iets om ons down te doen maar hoekom mag die straatmense hulle bakkies witverf en geld bedel by ons????????

Johan ·

Hmmm…… ek sien Adv Du Preez se waarskuwing as jy ‘n Springbok, Sharks of Blou Bul ondersteuner is. Het ook nogal daaraan gedink, en kan byvoeg die Noord Vrystaters (Welkom se mense – is hulle nie die Pers Truie nie? Oppas as jy hulle ondesteun en jou gesig pers verf) Nou wonder ek maar net, as jy die Landsvlag op jou gesig verf? Daar is mos swart in. Nie alles nie maar swart is dan daar op jou gesig (saam met die ander kleure). Hoe nou gemaak? Word mens nou gedeeltelik geskors? En hoe gedeeltelik? Mag jy dan net sekere van jou klasse draf? Of mag jy dan net ‘n sekere tyd van jou periodes bywoon? Eish, dit raak nou so gekompliseerd!

Pieter.v ·

Ek sal graag wil weet of van die mimiek kunsenaars wat op straat en in groot winkel sentrums optreeesigte wit en swart geverf is al aangekla is vir rassisme , die US het nou te ver gegaan ,ek dink hulle het hul fout agter gekom maar swyg soos die graf met die hoop dat hulle reg bewys word , ek vra ook dat Afriforum met n geld insameling begin om die meisies te ondersteun en as ons die saak wen dat die kostes deur die wat aanvanklik die saak teen die meisies aanhangig gemaak het verhaal word, letwel nie die US nie ,dit sal hulle leer om in die vervolg versigtiger te wees.

Retha ·

Hulle is rasbehepte mense aan die hoof van ‘n universiteit maar hulle kan nie kleur onderskei nie. Ek hoop sy dagvaar die grond onder hulle agterente uit. Om iemand so te intimideer spreek van rassisme, Zuma wil so graag voorbeelde van mense maak. ADV t de Beer verdedig haar in die hofsaak, julle gaan groot voorblaaie maak.

Carl Fourie ·

Plaas daarvan dat die wat so behep is met velkleur, geraas maak en toi toi oor kamstige rasisme aanvaar hoe hulle lyk en wat hulle is en hopelik sal dit tot by n einde kom

GB Jordaan ·

“I am proud to be black” said a black man once. “I am proud to be Asian” said an Asian man once. “I am proud to be white” said a racist once.

Andre ·

GB Jordaan….. Daar vat jy dit nou raak. Net blankes blyk my rassiste te wees.

Gerhard ·

Chris Rock, amerikaanse komediant het dit eenkeer as volg gestel.’Who is the biggest racists? White people or black people? The answer? Black people. The discriminate against white people and black people!’

chrisp ·

Skelmbosh is werklik ‘n surkis vol narre met die rektor as hoofnar.

Andrea van Vuren ·

Hoekom is almal so huiwerig om die rektor aan te vat? #de Villiers must fall!

Skinny Bob ·

Afriforum moet die meisie bystaan in ‘n eis teen US.

Varkie ·

Ek stem! Loods ‘n veldtog vir fonds insameling. Ek sal dit enige tyd ondersteun. Genoeg is genoeg, van wanneer af laat ons so oor ons loop?!

Henry ·

Stem allie pad saam met Bob, Varkie en andere dat Afriforum en lede bystand verleen.
Dankie Adv du Preez!!!

Cobus ·

Stem saam met die kommentare. Sal graag wil sien dat Solidariteit en Afriforum hierdie 2 getraumatiseerde studente bystaan en sake open teen die bestuur van die “kleurblind”Universiteit.

Hannelie ·

Adv Du Preez!!
Baie dankie! U stel die saak soos ek nie kon bewoord nie! As ek nie versigtig was dat die ding weer na die anderkant kan oorhel nie, sou ek voorstel dat ‘n hulp-fonds, -beweging, -petisie vir hierdie meisie daargestel word!

Na my mening is sy die slagoffer van die hele uitvloeisel wat begin het toe (Prof?) Wim de Villiers met sy intrapslag as rektor opdrag gegee het dat beelde van die kampus verwyder word! Hy skitter in sy afwesigheid om hierdie student aan sy universiteit te help om die saak te beredder!

Aan Poekie: Vasbyt meisie! Jy het onder die druk wat op jou uitgeoefen is gedoen wat jy moes! Wanneer ‘n stoomroller jou stormloop sal jy natuurlik padgee! Ek hoop van harte dat jy met die regte hulp en leiding hierdie saak te bowe sal kan kom!

Versigtig mense PERS IS DIE NUWE SWART!!!

J v Rensburg ·

Die jammer van die hele saak is dieselfde gaan tien teen een hier gebeur, as by Kovsies met die twee studente wat geskors en onskuldig bevind is. Hulle het gedagvaar en steeds het alles teen hulle geëindig. Dis net nie regverdig nie.

Brand ·

DIt is regtig betreurendswaardig dat die Universiteit so drasties opgetree het sonder dat al die feite nie ondersoek is nie, ek hoop die Universiteit gaan hulle net so drasties bystaan waneer die probleem uitgesorteer is. In SA is daar nie ‘n beleid van Onskuldig to andersins bewys word nie – Voel regtig vir die kinders wat duidelik nou onskuldig aangevat word.

Trots Afrikaans ·

Ek stel voor sy ondersoek die moontlikheid van regsstappe. As dit doenbaar is, is ek tot bereid om by te dra tot regskostes.

Ons kan nie nog ‘n Slagternek toelaat nie. Ons moet opstaan en terug veg.

Christa ·

Dit is wat politici en sekere studente nou van onskuldige studentepret maak…hulle misbruik hulle regte en ontneem ‘n student háár reg op studentepret…
Meisiekind, ek hoop jy neem AL die advies wat adv. T. du Preez vir jou gegee het aan…nog beter…skaf hom aan as jóú advokaat…
Al die trauma, vernedering, vervolging, dreigemente…ek hoop jy dagvaar die universiteit vir onderhoud vir die res van jou lewe…dit sal vir hulle ‘n les wees…
Ek hoop van nou af sal hulle…
SEKER van hulle feite…
Die ANDER party ook in AG NEEM…
EN…
ONTHOU ‘n saak het ALTYD TWEE KANTE…

eugene ·

Dit is barbaars om iemand te teister deur voor hulle blyplek te toi toi. Ek dink die staat moet onmiddelik intree ……… sjoe jammer my kop het my vir n oomblik verlaat. Die staat is juis die wat so rassisties en barbaars is so mens kan niks van hulle verwag. En hulle sal hulle tog nooit vewerdig om n ordentlike burger van die demokrasie te beskerm teen hulle eie barbaarse goed nie

Aggie ·

As Ek as ‘n “witman” my gesig met wit skoen poletoer smeer in openbare plek toertjies doen sal ek ook beskuldig word van een of ander rasistiese ondertoon .. wonder maar net

Jan maak n Plan ·

Ek stem volhardig saam met adv. Du Preez, met net een groot probleem, en dit is dat die arme studente gewoonlik nie eens genoeg geld het om kop bo water te kan hou nie, wat nog te praat van ‘n groot siviele saak teen die US wat hopeloos te veel geld to hulle beskikking het. Dit sal seker op die ou einde dieselfde uitdraai as die twee manne van Kovsies wat hulle saak gewen het maar nie geld gehad het vir die siviele eis nie. Ons weet mos die ANC sal nie die rekening optel nie want die kinders is dan wit, askies pers aag askies swart – magtig ek weet ook nou nie meer nie. Sterkte meisies sterkte.

t vans ·

sirkus,,,,,,,,,,,, die lot kan vir boswell en wilke n paar dinge wys! belaglike spul!

Cobus ·

My kind wil vreeslik graag volgende jaar op Stellenbosch gaan studeer. Ek sal haar maar moet oorreed om te heroorweeg.

Oud-lektor ·

Cobus, oorweeg onmiddelik ‘n ander unversiteit, trouens dit is waaraan alle voornemende studente van die US ernstig moet dink, selfs die wat tans ingeskrewe is!. Blanke studente word verguis, verneder, gedreig en beledig oor die uiterste. belaglikhede. Is dit waaraan teenswoordige en toekomstige blanke studente blootgestel wil word?!!. Afriforum, help hierdie student(e) om ‘n eis teen die US in te stel?!.

an2net ·

Misken moet ons maar daaraan dink om alles wat die kleur geverf of getint is uit die samelewing te verwyder…swart kleure…swart voertuie…eetgerei…haarkleur..tint…skoene…penne….;)….

Elma ·

Die storie van hoe die administrasie nie tussen swart en pers kan onderskei nie, en ‘n student op grond van hulle waninligting terroriseer en skors, trek wyd op die internet. Die universiteit is bloot nie meer geloofwaardig nie. Hulle kom tot gevolgtrekkings soos wat jy van ‘n 9-jarige sou verwag. Hulle mag dalk met hierdie beslissing wegkom, maar dit gaan ‘n hol oorwinning wees.

Hennie ·

Wil swartmense nie hoor hulle is swart nie? Ek ruik ‘n rot, of erken hulle daarin dalk iets wat hulle nie wil uiter nie?

Ernie Hattingh ·

Ek dink die mense is skaam omdat hulle swart is…..
En ek is seker die owerhede van die universiteit het glad nie die moed om hul saak hier te probeer stel nie. Hulle is hoeke so bang en skrikkerig vir die radikale dat hulle reeds vooruit begin spring voor iets nog gebeur het. Werklik pateties.

Rens Roodt ·

laat ons almal ons gesigte swart verf op n sekere dag – wat kan hulle on doen ?

Willa ·

Belaglik! Maar ek is meer geskok oor die US “bestuur”wat hierdie arme onskuldige kind so behandel het! Regte lamsakke!

marlene ·

kan enige mens aan so ‘n minderwaardigheid kompleks ly, dit is al wat dit kan wees, dan is hulle nog kleurblind ook!!!! geen wonder ons word beskryf as ‘n sirkus land nie, wens die mense wat so eenvoudig is, wil hulle tyd spandeer op regte dinge, maar nou klim ieder en elk op die rassis boot, en SOEK dan iets as daar nie is nie en dink hulle gaan raakgesien word met die verkiesing, PATETIES VERBY

Burger ·

Die universiteit is al so bang dat hulle hul vermoe om gesonde oordeel aan die dag te le verloor het. Ek hoop regtig hierdie kinders vat dit verder.

Ironies , die kweekskool op Stellenbosch waar aspirant predikante met apartheids ideologie gevul is en sodoende die ras gif versprei het , gaan in stilte aan met waarmee hulle ook al besig is… Nou wonder ek , as die kweekskool nie daar was nie , sou die predikante wat destyds rassime gedryf het , nie daar gewees het nie. Die rassehaat sou nie daar gewees het nie. Die 2 girls sou net fun gehad het …

Vir hulle wil ek se , julle hoef voor niemand te kruip nie.

Die sondes van die verlede haal ons in .

Mag ek ook maar net sê ·

Ek wonder. Mag ons dan ook kla en Toi-toi oor “whitefacing”. Die jong Xhosa mans wat hulle gesigte tydens inwyding wit verf?? Waarom mag ons nie daaroor kla en dink dit is rasisties nie. O, ja. Nou onthou ek. Die meerderheid moet mos nou teen die minderheid beskerm word.

Sarie ·

Het nie geweet party van ons landgenote is inwoners van Extraterrestrial nie. Miskien die rede waarom hulle so getraumatiseerd is met die aardwesens. Wonder wat ou gloeivinger ET sou sê van die debakel. Ek stem saam laat ons saam staan en die US aanvat oor hierdie student se vernedering. Eis dat al haar studie en verblyfkostes betaal word vir die vernedering en trauma waar deur sy moet gaan. Hier moet dit nou stop en US moet in die bek geruk word. Kla sommer diegene wat buite haar woonplek gedans het vir rusverstoring aan.

Benito Odendal ·

When stupidity becomes your be all and end all……you surely and absolutely showing your true colours…….. ( STUPID IS AS STUPID DOES !!! ( FG’s Mama )

Willie ·

En ongelukkig spring die hoofstroom media op hulle “high horses” en versprei die storie wereld wyd, sonder om enigsins self agter die feite te kom nie. Dit is mos wat sensasie veroorsaak. Nie die waarheid nie. Wat ‘n patetiese wereld leef ons nie in nie.

Michelle ·

Die onderskeid tussen velkleur is nie werklik afkomstig van mense met ligte velkleur nie. As jy baie mooi gaan kyk na die kulturele geskiedenis van elke groep is veral die swart groepe in Afrika baie trots op hul kultuur en kleur.

Buiten dit. Niemand kyk skeef as ‘n swart dame of man in ons woongebiede wandel of in die huis langsaan intrek nie, maar laat jy wat wit is nou net in Macassar ry met jou kar of hier uit Strand omgewing op met die pad langs shoprite en jy word aangekyk of jy ‘n oorlogskrimineel of ‘n stuk geurige braaiwors is. Eerlikwaar. Wie is werklik die rasiste?

My jonger boetie was ‘n paar jaar gelede in die omgewing in ‘n goeie skool in matriek. ‘n Bruin seun het ‘n wit meisie gemollesteer en hy het hom gevra om haar uit te los. Die knaap het aangegaan. Toe hy hom van haar aftrek is my broer op detensie geplaas vir rasistiese geweld. Eerlikwaar. Dit is tyd dat ons as ‘n nasie saamstaan. Ons kan iets leer by hierdie mense…daar is krag in eenheid.

Mandy ·

Die arme kind! onskuldige pret het in ‘n nagmerrie ontaard vir haar! Nes jy dink dinge kan nie meer bizarre raak in die land nie word ons verras!!!
So raak ek net elke dag MEER en MEER rassisties!!!
Sterkte!!

burger ·

en dis hoekom dit so lyk , vergeld donker met donker en dit bly donker…

Lee-anne ·

Ek is baie telleurgesteld in die universiteit se hantering van die saak. Is daar iewers waar ‘n mens kan beswaar maak teen hul optrede waar dit gaan saakmaak? Ek hoop regtig die universiteit besef ‘hy’ het oorreageer en sal die meisies om verskoning vra. Daar is geen manier hoe dit verkeerd kan wees om jou soos ‘n ‘marsman’ op te maak nie. Ek skud my kop in ongeloof.

Ans ·

Ek wonder maar net wat gaan gebeur as ons kinders hulle gesiggies verf vir die pret. Gaan hulle ook in die moeilikheid beland as gevolg van die rassisme storie. Foeitog arme bloedjies. Ek kry julle maar net jammer.

Ruby ·

Tutu het gesê ons is ‘n reënboognasie, hy’t vergeet om te sê dis sonder die pers en swart!

Tommie ·

Ek is al so gatvol vir US. Word groot en kom by my magtig. Sy is dan n Avatar dan nie?

WL ·

Arme Poekie. Nou gaan ET seker eis dat jy hom beledig het en dat jy om verskoning moet vra.

zach Coetzee ·

Herinner aan Puk-storie. Soek ‘n stok om mee te slaan en in hande van politiek (oor-) korrektes en media word dit magtige wapen en mitiese feite. Hoe verweer mens jouself teen leuens?

Stan ·

Terwyl Afriforum besig is kan hulle ook ‘n saak teen die xhosas maak wat hul gesigte met inisiasie wit maak. Ek neem aanstoot!

Hendrik vd Westhuizen ·

Hoor Hoor Stan. Daar word ‘n groter bohaai gemaak oor die twee dames wat kwansuis die kleurgrens oortree het, as oor die tientalle, indien nie honderde wat elke jaar tydens inisiasie skole hul lewe verloor ter wille van “our culture”. Hoekom word dit net goedsmoeds aanvaar?
Waar trek ons die menseregte streep?

anna ·

Aan US – wat se kleur verf mag die studente gebruik of is julle te bang vir Open Stellenbosch om dit te publiseer.
Wat ‘n klomp lamsakke sonder rugraat.
Hulle sit lyk my die heeldag daat by US en wag vir ‘n verkeerde woord of kleur om verby te stap sodat hulle dadelik kan gaan kla oor die trauma wat sopas met hulle gebeur het.
Die afgelope paar maande het baie hulle respek vir die lotjie verloor en ek dink mede kollegas ook.
Daar is nie woorde om die patetiese lot te beskryf nie.
Hoop hulle voel in hulle sielle skaam – seker dit ook al verloor.
Dit is ‘n skande – ek het vanoggend gebel en hulle neem nie oproepe oor die _”Pers- verf” geval nie.
Mens moet e-pos- -te bang om oor die foon te praat!!!
Lamsakke!
Ek hoop Carte Blanche neem dit verder.
Het die Avatar mense aanstoor geneem of die man op die naam?
Wil graag weet!!!!!!

Ansophie ·

Die indruk word geskep dat die Universiteit van Stellenbosch bang was of nie geweet het hoe om die situasie te hanteer nie. Rassisme is verkeerd maar om twee van jou studente net te kruisig
sonder om ‘n deeglike onderdoek te doen is tragies

JohannS ·

Ek dink daardie twee moet onmiddelik en onvoorwaardelik onverskoning vra aan alle pers mense!

Soldate in die veld mag ook nie meer kamofleer tegnieke gebruik op hulle gesiggies nie asb, die blare, bos en grond se waardigheid gaan ook aangetas word!

Sterkte bul ondersteuners! Die smurfs gaan julle binnekort roer!

leon ·

Haha…goeies Johan!!
Smurfs is moontlik polities korrek.
Tragies hoe hulle met “moord” wegkom. Tyd om saam te staan. Ek sal beslis n fonds insameling steun in die feval

Tommie ·

My vrou het hare pers gekleur. Ek vermoed sy het vandag moeilikheid by haar werkgewer. Haar oorspronklike haar kleur is swart.

Cobus ·

Miskien sou dit help as vriende en ondersteuners hùlle gesigte ook “anderskleurig” tooi om solidariteit met haar saak te wys….

Eugene Norval ·

Wonderlike advies en raad adv Du Preez ., Ons mense het meer van U advies nodig.
Dagvaar hulle ook saam met die ander blatante foute , om verskoning te vra op alle media vlakke .
Ons ondersteun julle ten volle.

A Willemse ·

Die liberaalgesinde kliek het hulle self tot so ‘n mate met swartwees vereenselwig dat hulle namens swartes ‘n minderwaardigheidskompleks teenoor blankes ontwikkel wat eintlik vir swartmense ‘n belediging is. Omdat hulle self oor geen volkstrots beskik nie voel hulle hulself minderwaardig teenoor wit Afrikaners se trots en dit maak dat hulle selfs teenoor swart mense se trots op hulle eie verskonend optree.

Flippie ·

Ek is nou deurmekaar. Is daar net een dame by die skandaal betrokke. Of was daar eers twee en nou net een. Of daar mog nog steeds twee, maar daar word nou net oor die een berig sonder om te noem dat daar ook ‘ n ander een is.

Sune van Heerden ·

Dagsê Flippie

Daar is definitief twee meisies wat in verband met die voorval geskors is – lees gerus Maroela Media se nuusberigte oor die saak. Hierdie artikel is ‘n meningstuk, opgestel deur ‘n leser.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

grotman77 ·

ek hoop sy dagvaar US vir n paar miljoen en dan kan sy gerus by NWU inskruif vir haar kursus

Oom Boer ·

Sal maar nie meer verder enige kommentaar op die berig lewer nie aangesien dit telkens vanaf Vrydag, 07 Feb’16 gesensor of verwyder is. Dalk is ons nie meer geregtig om die nodige gedagtes te lewer met mede lesers tensy dit net na goeie dinge vir die eenkant is sonder enige kritiek. Dankie en sterkte aan die meisies vorentoe.

Henk Venter ·

Ons sê graag wanneer ons na die optrede van Zuma en die ANC verwys dat `n vis van sy kop af vrot. Lyk my dit is hier ook die geval.

MCS ·

Sien op News24 , Poekie vra verskoning! Poekie waaroor? Ek het eenkeer die gelees” Don’t try to explain yourself to stupid people! You are not the Jackass whisperer”.

Roger ·

US se “bestuur” kan nie eers ‘n taxi dryf nie. Huigelaars, wat gewillige knegte is van die duiwels wat hierdie land regeer, of wil regeer. Naspers se ultra-liberale nuusblaaie gooi verder petrol op die vuur. Laasgenoemde so dae is getel. Daar is lankal ‘n groot behoefte aan eerlike en diepte joernalistiek vir Afrikaanssprekendes. Ek hoop Maroela se bestuur kan daardie stap neem.

ertjie ·

Wat maak dit saak of dit pers of swart was?! Selfs al was dit swart, dit moet binne konteks gesien word! Sy sou haarself nie swart verf om n swart persoon te spot nie, dit sou wees om by n spesifieke tema (ruimte in die geval) in te pas. Wys my die wet wat my verhoed om myself swart te verf! Hierdie is niks anders as diktatoriale onderdrukking van ons vryhede nie, die oorlog het lankal reeds begin. Belaglik hoe erg sommige mense se minderwaardigheidskompleks is.

antonie ·

Ek dink die universiteite het baie geld en tyd om aan ‘bs’ te spandeer.
Ek dink die twee dames moet regsadvies inwin en universiteit hof toe vat en
n paar miljoen rand eis vir ‘vernedering’, ‘crimen injuria’, onderbreking van
hul studies, ens.

Baie baie kwaad. ·

Die persone wat hierdie kommentaar moet lees is waarskynlik te belangrik om te sien hoe die deursnee mense oor hierdie gemors voel.
Ek is nou oortuig dat daar n groep swart mense in RSA is wat nie hul swatheid kan aanvaar nie. Ek kon ook nie kies om wit te wees nie. Ek het nie apartheid ingestel nie. Maar ek het gestem om daarvan ontslae te raak. Ek glo alle mense is gelyk maar hierdie swart mense wat so ongelukkig is met hul swartheid dat hulle rasisme onderskryf en aan die lewe hou, is nog n tou om die nek van ons land.
Wat die Universiteit van Stellenbosch betref, is dit jammer dat die leiers van die universiteit so emosioneel onvolwasse is dat hul hul deur Open Stellenbosch aan hul neuse laat rondlei.
Die bedrading wat die Universiteit so vinnig was om uit te deel aan die sogenaamde getraumatiseerde moet liewer gerig word om studente te leer om hul ras te aanvaar. Dit is moontlik dat self wit studente met hul eie ras n probleem in Suid Afrika kan hê na al die aksies wat witmense in hierdie land plaasvind.
Ek kan net byvoeg ons beursie gaan in die toekoms heeltemal toe wees vir my, my man en my kinders se alma mater.

Drikus ·

Ons verneem dat Open Stellenbosch vandag ‘n verskoning vir hulle kommentaar teenoor die betrokke dames aangeteken het. Hulle bevestig daarin dat hulle nie vooraf oor al die feite beskik het nie. Groots van hulle, as dit waar is. Kom US ons wag op julle verskoning. Julle wil sekerlik die regte voorbeeld aam julle kliënte, die studente, stel?

John ·

Die rektor en kie hiperbool darem nou vreeslik. Ek wil raai dat die’ rektor ten spyte van alles nie nog honderd jaar in sy pos gaan wees nie. “Hulle” lees hom soos ‘n sagtebandboek. Het ons nie soiets al vantevore gesien nie, of verbeel ek my? Voetewas meisies en nie met pers handdoeke afdroog nie, asseblief!

Div ·

En deur dit alles swyg jy Dr Wim de Villiers ! Staan op en verduidelik aan ons, jou en jou bestuur se optrede (skorsing) teen hierdie twee onskuldige studente. Julle het waarlik die kat aan die stert beet gehad en dan is julle nog kleurblind ook ! Verduidelik sommer ook jou Regs- en Ingenieurs- dosente se eensydige besluit om hulle klasse slegs in Engels aan te bied en jou Afrikaanse studente se regte blatant te ignoreer ten spyte daarvan dat jy reg vanaf die begin gesê het dat Stellenbosch `n meertalige Universiteit is en dat Afrikaans, Engels en Xhosa gelyke regte sal geniet. Vir my is dit duidelik dat jy te lank in Amerika en ook aan Ikeys doseer het en jou hart lankal nie meer op die regte plek is nie.

John ·

Oorlog is die enigste oplossing. Maak nie saak wie dit ookal wil ontken nie. Hierdie gemorsspul sal nooit ophou totdat dit gestop word nie. Moorde, diefstal ensovoorts sal aanhou totdat ons dit finaal moet stop deur om saam te staan teen die heidense volgelinge.

Andrea van Vuren ·

Ek was die naweek in die geselsskap van ‘n baie wyse aangetroude neef. Hy beweer dat ons dankbaar moet wees oor die donker omstandighede in ons land. Plaasmoorde, bedrog en natuurlik die swak bestuur van die US. Sy woorde was:” Dit gaan ons blanke volkie inspireer om saam te staan! Daar is hoop…

anna ·

ek lees nou net op n ander nuus webtuiste dat open stellenb omverskoning gevra het vir die misverstanf. watter misverstand? hulle was so gou om die vinger te wys saam met us. hulle staan saam agter die deur. hoop die ouers ry hulle tot by oom daantjie in die kallerhok. dagvaar hulle vir miljoene. trauma.vals beskuldig. die vark in die verhaal wees. kleublindheid deur us. lamsakkigheid sonder rugraat. rassisme. net die eenkant van die storie hoor en dan skors. dit is verregaande. hulle moet dit op tv wys waar hulle hulle kastige jammerte wys. lekker rooi gesigte nou !!!!!!!!!!!!!!!!

LOES ·

US en regering is nou ewe belaglik. die wit geverfde gesigte is algemeen in oos kaap

Esther Louw ·

Ek stem saam, hulle moet jou onverskoning vra in elke moontlike bron. Die mense wat buite getoi-toi het moet vervolg word. Jou naam is deur die moder gesleep , laat hulle betaal!!

Francois Botha ·

Buiten die toyi-toyi buite haar koshuis is haar selfoonnommer op Twitter versprei in reaksie op ‘n vraag oor wat mense oor haar blackface kan doen. Sy moet daardie mense ook dagvaar vir naamskending.

1VR ·

En vir die verspreiding van privaat/vertroulike inligting. Moenie skaam wees die dames, laat loop met daai dagvaardiging…

Nou te laat ·

Die rektor moet val.
Dis duidelik dat die Universiteit van Stellenbosch geen leiding kan gee t.o.v rasisme. Die skade wat aan rasseverhoudings met die Universiteit van Stellenbosch se lamsak optrede gedoen is, kan deur geen Suid-Afrikaner geduld word nie.

Meisies, dagvaar Open Stellenbosch en die Universiteit van Stellenbosch vir die trauma en naamskending wat jul moet verduur.

Danie ·

Dit is net vir my verstommend dat so n’ groot meerderheid so bedreig kan voel deur so n minderheid. Dit se tog iets van jou selfbeeld en dalk dat jy minderwaardig voel. Afriforum sal nie van veel hulp wees want hulle mors geld op hofsake waaraan die “meerderheid ” hulle glad nie steur wat die uitspraak ook al is nie. Ek was onder die indruk dat die hof gese het Pretoria se ou straatname moet terug-nog geen teken daarvan gesien nie of grhoor dat die burgemeester of enige iemand in n’ sel sit vir minagting van die hof nie. As die no 1 en sy regering wat n’ voorbeeld moet stel die hoogste hof in die land kan minag sonder gevolge, wat se boodskap stuur dit uit.

Denise ·

Wel, hier lê iewers in my foto-albums ‘n bewys van hoe swart ek gesmeer was in my 2e jaar op Maties toe ek as ‘n Kaapse Klopse “ge-fancy dress” het.

Nou sal ek ook seker voor ‘n Waarheids-en-versoeningskommissie moet gaan boete doen?

Onskuldige studentepret word deesdae nek-om-gedraai deur politieke INkorrektheid.

Ek wens die kleingeestige mense wie so uit hul kele skree oor dit-en-dat wat kwansuis rassisme is, wil
hul pretensies en skynheiligheid en nonsens los en liewers leer om te lag.

Haat het nog nooit mense nader aan mekaar gebring nie. Humor wel.

George ·

Poekie vs US en OS!!!
Neeee!! Wie is die lafaards wat skuil agter die instansies!! Publiseer die individue wat opgetree het namens US en OS !! Selfs die verklarings skitter in hul naamloosheid!!!
Laat die wêreld weet wie is die verantwoordelike sg US leiers wat teen die meisies opgetree het en wie is die OS barbare wat in die koshuis ingebreek en die meisies en HK geviktimiseer het !!
Erens tussen die pendulum van rassisme en barbarisme moet ons kinders kan leef in pers!!
Die politieke besluit om rassisme weer oop te grawe in die aanloop tot die verkiesings v 2016 is besig om die pers party na die stembus te jaag … So baie dankie aan
OS( barbarisme) en US (rasisme) EN pers “Poen en Toekie” (ONSKULDIGE) vir jul bydrae aan die begin van #respect4all !!

Esme Engelbrecht ·

Sies vir jou US!!!!! Hierdie pragtige kind was net besig met n bietjie studente pret en het nie n swart strepie op haar gesig nie, tot die tinfoelie oortjies is n bewys, maar julle voel nou vere vir haar en wys net watter sort instelling julle geword het, hoop al die oud Maties hou op om hul alma mater finansieel te steun. As sy enigsins haar gesig swart geverf het, het ek ook nie simpatie gehad nie maar ai, julle is pateties!

Nakkie ·

Wat gebeur as ek my gesig donker verf met n paar wit strepe in ???? Wonder maar net

Elbie ·

#handsoffpoekie! Los haar uit, hulle is geheel en al rasbehep, dis pateties!

Pi3tpi3l ·

Geskok in die SU en regtig jammer ek is geasossieer met hulle

James Moorcroft ·

Een van die dae sal wit mense nie eers mag “tan” in die son nie.

TTh ·

Nou draai die wiel, die meisies se ouers kan nou die koshuispersoneel, die klaers en die universiteitsbestuur hof toe sleep en hulle looi en looi en looi, LAAT HULLE BETAAL, nou kan julle trauma, karakterskending et al ingooi – dis wat ek sou doen !!!

marlene muller ·

ek skryf die komentaar namens my en my vriend louis le roux, die twee student moet na afriform toe gaan en om hulp vra en dan hof toe gaan en die universiteit hof toe vat en dag vaar vir miljoene rande nie honderde of duisende nie maar miljoene rande want hulle toekoms is in die gedrang. Hoekom moet hulle alles wat n wit person se of doen in rasisme oor dra maar die swartes kan oopenlik op fb se hoe hulle ons haat en ons dreig dat hulle ons gaan uit moor maar niemand se enigeiets daar oor nie hoekom kan hulle se wat hulle wil en ons mag niks se nie of dit word as rasisme uit gemaak dis tyd ons op staan en aan hulle begin wys dat ons nie verder onderdruk gaan word of dit gaan aanvaar nie die land behoort aan ons ook nie net aan hulle nie,ons het net soveel reg in die land as hulle dis tyd die universiteite hulle self begin reg ruk en op hou dink hulle kan ook net doen wat hulle wil en student skors soos hulle wil sonder enige reg

Michael ·

Skokkend en tragies. Aan diegene in die bestuur van US wat die arme onskuldige meisie se lewe ‘n hel gemaak het wil ek net sê baie geluk, ek hoop julle het vir julself ‘n groot standende ovaise gegee. Ek sukkel om die verskil te sien tussen julle en ‘n pa wat sy dogtertjie gooi vir die wolwe. Geen verskoning wat deur US “uitgebraak” word sal opmaak vir die onherroeplike skade wat julle haar berokken het nie. Dan het US nog die vermetelheid om geld te bedel by ou Maties – sies julle walg my!!!

Andrea van Vuren ·

Ou Maties (alumni) hou jul skenkings (geld) terug tot Wim de Villiers afgedank is of die pad teruggevat het Engeland toe. Mag dit spoedig gebeur.

Annie ·

Adv T du Preez, goed geskryf! Kan jy haar nie dalk met die regte mense in aanraking bring nie? Ek dink verseker sy’t ‘n saak! Kry die kind en haar ouers só jammer.

Kandas ·

My kinders se harte is gebreek….want Barney the Dinosaur is nou ‘n rassis volgens die US. Studente is ons toekoms en hier word hulle weggejaag…neem hulle nie kwalik as hulle oorsee gaan om ‘n beter minder “kleurvolle” lewe gaan soek.

Zuri ·

Ek moet begin aansoek vir Universiteitstoelating. Ek is nou al so gewalg met Stellenbosch Universiteit dat ek dit nie eers sal oorweeg om my kind daarheen te stuur nie. Dit is tyd vir ons eie universiteit sonder bagasie van die verlede. Ek sal weer koeksisters bak as dit moet soos my ma-hulle gedoen het om ons skool op te gradeer.

Tammy ·

Baie dankie vir almal se kommentaar. Almal is in die kol. My vraag is net waarom ons mense nog uitreik na die anders kleuriges? Hulle vloek, verneder en vermoor en verkrag. Steeds word daar uitgereik na hulle en word hulle ingestop van alle kante. Sorg vir jou eie mense wat in nood is want hulle word nie raak gesien nie. Wat n uitstekende voorbeeld is die siek man wat staan en fudge maak om te oorleef. Dis bitter harde werk. Hy verneder niemand nie en loop nie en bedel nie. Help sulke mense en kyk net weg van die sogenaamde agtergeblewenes want hulle gaan net bly waar hulle was.

Theresa ·

SO waar!
Niks is ooit goed genoeg nie, want dis ‘n nimmereindigende poel van “wil hê”. Daar is min mense oor om mekaar te help. Laat die hordes die hordes versorg.

charles ·

Ek is ‘n oud Matie van 20 jaar terug, phew, dankie tog!

Theresa ·

Slaak ‘n sug van verligting vir die goeie tye, nie waar nie? Maar skynbaar moet mens ook ligloop vir sulke pragtige herinneringe – want dis die waarheid…

Rudolph Venter ·

Ek sal ook wil sien dat US hof toe geneem word deur hierdie onskuldige meisies, wat onnodige trauma moes ervaar. Ek is bereid om bydrae te maak en ek daag almal uit wat soos ek voel om ook n bydrae te maak al is dit net R10. Ek is seker hulle sal gou genoeg, genoeg geld he om regshulp te bekostig. Die US is belaglik en word die leeu deur die muis rondgeswaai.

nadea ·

Wtfudge en as ek my avo masker opsit vir velsorg redes? Is dit nou #avofacemustfall# ook. Sorry knyp jouself op die wang en kom uit jou ander velkleur laat daai dik rassistiese aknee nou laat lê. Dis dikvellig nou..

Stephan ·

Dit is omdat wit Suid Afrikaaners nie meer saam staan nie, ons geloof in God is nie meer daar nie, die wittes kyk hoe hulle die ander wittes kan uit oorle en besteel, in plaas daarvan om saam te staan en te gaan fight vir wat ons land was, hoekom is daar nie nou 20000 wittes wat toi toi voor US nie, nee want ons is te bang, maar was hulle nou swart, dan was hulle met busse aangery, waar is die sogenaamde DA, wat baklei vir geregtelikheid, hoekom is hulle nie daar nie, by hulle gaan dit mos nie oor kleur nie, maar oor wat reg of verkeerd is. Die ANC het nou al sy neus oral in en die is maar net nog ‘n rassisme ding wat hulle voor ons wittes kan gooi.

Christine ·

Shame. Siestog. Jammer oor misvetstaan,sal nie skade kan reg maak. Hulle moet ook toi toi en skreeu “we get you”. Wat het geword van die ou op fb wat ons wil dood maak terwyl hy met n rewolwer teen sy gesig op fb staan en nie kan wag vir die uhuru. Wat daar van? Die begrafplaas storie, wat ook skamtig jammer gese word,shame, skade ook klaar gedoen. Hulle doen sulke goed aspris. En op tv nuus hoor jy weer niks daarvan,nie eens die regstelling. Dieselfde met die ou wat skamtig blasting geld skuld,shame,maar hoor niks meer van swart mendr,ens wat so baie skuld.

GPC ·

Verkiesings jaar, dis al. Regerende party het nie antwoorde op huidige kwessies nie, nou moet hulle dit “toesmeer met enige kleur” solank hulle “rassisme verkiesingsveldtog” goed kan vlam vat, is die regerende party gelukkig.

anna ·

Kry net asb die Wim-kerel uit sy pos.
Hy het seker die pos gekry omdat hy met sy maatjies wat net so rugraatloos soos hy saam gekonkel het,.
Dankie aan die twee studente wat hierdie kan wurms in hulle onskuldigheid oopgekrap het.
Julle sal altyd ‘n werk kry- ek is seker daarvan- by werkgewers wat integriteit het.
Wie stem saam met my?

J.M.Oosthuizen ·

In alle regverdigheid – Wanneer word die kwaadwillige, begriplose, dreigende, rassistiese beskuldigers van die “pers meisies” dan geskors? Is daar geen gevolge vir sulke onverantwoordelike, intimiderende, vernederende optrede nie?

anna ·

ek lees nou net op netwerk 24 dat de villiers n onafhanklike kommissie wil aanstel om die saak te ondersoek. is hy te bang en rugraatloos om dit self te doen? is hy bang vir iemand? is hy bang hy verloor sy job?

anna ·

n ene qino isdie voorsitter van die studente raad by us . het nog niks van hom in die pers gehoor nie. kan julle oor hom uitvind en agtergrond kry maroela media en ander nuus instansies?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.