Ma deel hartseer ná kind (2) se dood

Zoey Beckmann. Foto: Facebook

Zoey Beckmann. Foto: Facebook

In die vroeë oggendure van 25 Januarie is Zoey Beckmann, die tweejarige dogtertjie van Edward en Jo-Ann Beckmann, in ʼn hospitaal in Kimberley oorlede.

Jo-Ann het gesê volgens die dokters was algehele dehidrasie en skok die oorsaak van Zoey se dood. Tog staan Jo-Ann en Edward steeds sprakeloos oor die dood van hul geliefde klein Zoey.

Die seer van ʼn kind verloor is ʼn ervaring wat Jo-Ann al vroeër moes trotseer. Haar eerste dogtertjie is in 2010 doodgebore. “Mense sê ek is sterk. Ek wil skree en sê, ek is nie sterk nie! Ek moes twee kinders begrawe! [Hoe] my hart dit kan hou?” skryf Jo-Ann. “Ek het altyd gedink, ek is nou veilig met Zoey, want die lewe het klaar een kind van my af weggeneem. So ek kan met ʼn geruste hart vir Zoey grootmaak, en nie in vrees lewe nie. Die lewe sal nie so wreed wees om twee kinders van my weg te neem nie. Dit is net te wreed. En hier is dit nou.”

Jo-Ann het in ʼn Facebook-inskrywing die nagmerrie-ervaring gedeel van die gebeure voor Zoey dood is. Haar direkte woorde word hier met haar vergunning op Maroela Media gedeel:

Almal wil weet wat het gebeur. Hier kom dit. Zoey het 2uur wakker geword met ʼn koors. Ons het haar koors geneem en dit was 38.1. Sy het begin opbring (vomit). Na nog meer vomit het ons besluit om haar staatshospitaal toe te vat. Na ʼn lang gesit, omtrent 5uur, besluit ons om huis toe te gaan en te wag tot ons siekeboeg oopmaak om 07:30. By siekeboeg gekom het sy al gastro begin kry. Die kaptein het bevind haar mangels is erg geswel. Sy was verstom dat Zoey die glukosewater gedrink het, want blykbaar is dit seer vir grootmense om net hul saliva te sluk met so [erg] geswelde mangels.

Kaptein sê Zoey het oorinfeksie ook. Sy skryf haar bevindings neer – dat Zoey op ʼn drip moet kom, want kleintjies ontwater gou. By ons withuis gekom vra die manlike verpleegster die ander mense of hulle vir Zoey eerste kan help, want sy is baie siek. Sy is al pap. Dokter ondersoek haar en trek bloed; sit sommer ʼn shortdrip in sodat hulle die drip vir die vloeistowwe daar kan insit later. Hulle stuur ons toe vir X-rays, want daar was iets op haar longe.

Ons word toe on-call pediatrie toe gestuur. Daar loop Zoey se maag soos water terwyl ons wag vir dokter. Dokter kom en ondersoek Zoey. Ek vra vir dokter gaan hy nie vir Zoey ʼn drip insit nie, want laas keer toe hulle haar net sien toe sit hulle [eers] ʼn drip in en doen toe die papierwerk en sy het sommer gou beter geword. Maar die keer sê die dokter vir my hy gaan haar nie drip insit nie, net antibiotika gee vir die opgeswelde mangels en oorinfeksie. Hy doen toe sy papier werk vir meer as twee en ʼn half ure terwyl Zoey daar lê en al swakker word.

Ek en Edward sien iets is fout met Zoey. Sy het in ʼn koma verval. Ons is asvaal geskrik en roep die dokter. Hy bel ʼn ander dokter en hulle sit nou eers drip in! Al die ander susters sê dokter moes eers drip ingesit het, sulke kleintjies ontwater gou. Zoey kom toe later by. Nog steeds papierwerk. Dokter weet nie eers waarna moet ons private pasiënte gaan nie.

Portier vat ons saal toe. Ons lê en Zoey is verskriklik dors. Sy drink drie bottels tee na mekaar. Intussen het ek en Edward haar bly glukosewater gee. Zoey se maag loop toe weer soos water. Die hele bed en vloer is net water. Ek merk op dat Zoey blou en yskoud is. Roep die suster en wys haar. Sy sê ek moet vir Zoey sokkies aantrek. Ek wys haar Zoey se blou mond en vra haar of dit normaal is (verergd). Sy kom nader en kyk. Roep haar ander kollegas en kom met hulle masjiene en goed en sit vir Zoey suurstof aan. Skuif haar sommer ICU toe.

By ICU is hulle besig met haar, drips en goed. Trek weer bloed. My kind se liggaam kook uit, maar die voete en arms, neus, mond en ore is yskoud en blou. Sy het geen krag nie. Sê net, “eina Mommy”. Ek kon nie my kind help behalwe om vir haar te sing, bid en gesels nie. Die slim mense weet mos van beter.

Zoey Beckmann. Foto: Facebook

Zoey Beckmann. Foto: Facebook

Ek vra die suster hoekom sê my kind sy het eina. Die suster sê Zoey se hele liggaam het eina. Sy haal vinnig asem en haar oë rol om. Die suster het vir haar antibiotika ingespuit. Onmiddellik het Zoey se hand bloedrooi geword met groot wit blase. Die suster het ophou spuit en die dokter gaan roep om te kom kyk. Die dokter spuit sowaar weer in. Ek vra haar toe verergd hoekom sy nog verder inspuit, sien sy nie die uitslag nie? Gevoel ek kon die naald uit haar hand klap.

Die nagpersoneel roep ons in en sê om een of ander rede het die drip nie gewerk nie. Ek dink toe terug aan die dagpersoneel. Die een suster het vir die ander een gesê, “Suster, jou drip werk nie! Kom maak dit reg!” My kind word al swakker ten spyte van al die pypies en goed. Nagpersoneel sê alles van Zoey het platgeval. Ons kind is baie, baie siek. Sy was nou amper dood. Hulle moes al die pypies, drade en drips vervang van die dagpersoneel.

Edward is nou al huis toe. Hulle sê ek moet probeer slaap, al die ander mommies slaap. Ek kon nie. By Zoey gewaak, haar haartjies gevryf en gesels met haar… Sy het deurmekaar begin praat. Om 01:30 die aand kom ek agter Zoey haal nie meer asem nie. Ek hou die agterkant van my hand teen haar mond en neus… Niks! Ek roep die dokter en sy roep die een suster en daar doen hulle CPR. Die wit verpleegster het hulle nog geskel en gesê nou is beslis nie die tyd om in Tswana of wat ook al taal julle praat te praat nie, want ek moet ook help. Ek hardloop uit en huil. Die susters vra wat is fout – een van hulle gaan help en sê die ander een moet my kalm hou.

Ek gaan loer weer en sien hulle is nog hard besig met die klein mensie vir wie ek die liefste is in die wêreld. Ek huil en bid hardop – besluit om vir Edward te bel. Hy kom. Ons huil en ondersteun mekaar. Ons gaan kyk en hulle doen nog steeds CPR. Ek drink ʼn angspil vir kalmte.

Na ʼn lang ruk kom roep hulle ons. Ek wil na Zoey toe gaan, maar hulle sê nee… Twee dokters en drie susters kom almal in. Die dokter praat oor wat hulle alles gedoen het en kom nie tot die punt nie. Ek kyk hulle gesigte deur vir enige aanduiding, maar hulle gesigte is uitdrukkingloos. Uiteindelik kom hulle by die punt uit waar hulle sê, Zoey het dit NIE gemaak nie. Ek sê vir hulle daar is geen manier hoe julle vir my gaan sê my kind is dood nie. My kind lewe! Ek gaan nie nog ʼn kind begrawe nie. Ek gaan nie by nog ʼn graf staan en my hart onder ʼn hopie grond begrawe nie.

Ek hou my hart vas. Hulle hou my vas, want ek is buite myself. Edward huil harde droë snikke. Ek gaan na Zoey toe en sy lê daar leweloos. Ek soen haar en sê sy moet wakker word, maar sy word nie wakker nie. Meer as ʼn uur het ek met my kind gesit, haar gewas, lotion gesmeer en weer met haar gesit. Gedink my liefde vir haar gaan haar terugbring, sy gaan nou weer asemhaal. Toe kom vat hulle die kind wat ek binne my gedra het weg van my.

Gister het ons haar doodsertifikaat gekry. So dit beteken mý Zoey is rêrig dood??? Dit voel soos ʼn nagmerrie en ek hoop ek word wakker. Haar kissie ook gister gaan uitsoek. Kissie vir wie? Vir my kind?? Here, nee!!

Vanoggend is die huis stil. Geen Zoey wat wil “Poppies” kyk nie, geen “Heidi Ma”. Ons huis is leeg nes ons harte. Ek wil weghardloop, maar die herinneringe gaan saam. Ek is besig om mal te word. Here, ek soek net my kind! Zoeyyyyy

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

108 Kommentare

Ella ·

Eks huil terwyl ek lees. So jammer vir jul eina. Hvl moet nog so afgeskeep word en dood gaan in daai hospitaal. KH is n doodshuis. Mag God wees met ons Kimberliete wat nie medies kan bekostig nie

Se Maar Net ·

Trane van seer en ongelooflike woede loop oor my wange. Here wees asb met die twee stukkende vernielde kinders van U.
Vader gee hul vertroosting, want NIKS op die aarde
gaan hul nou hèel maak nie. Net U , en U alleen kan hul heel maak. Here gee hul asb krag. Gee hul berusting, help hulle in die donker tyd.
Ek le die twee kinders voor U neer. AMEN

Cindy ·

Ai dit is bitter hartseer. Ek bid hard as n ma dat ek nooit deur so iets moet gaan nie. My gebede gaan uit na julle as gesin en familie. Geen ouer moet ooit n kind begrawe nie. RIV klein Zoey

andrea van vuren ·

As oud-verpleegkundige my volgende raad aan ouers met klein kindertjies wat gehospitaliseer moet word. Moet NOOIT maar NOOIT jou kind alleen laat in vandag se staatshospitale nie. Al gebeur ook wat, dis jou kind en net jy as ouer kan agterkom as iets begin verkeerd gaan.

Lettie ·

Terwyl ek die roerende storie lees sit ek en huil en as ma kan ek nie myself nie in dink die pyn wat julle moet deur maak nie. Ons innige simpatie.

Alet ·

Dis so bitter hartseer!!!! Ek is so jammer oor jou verlies. Bid dat God julle sal heel maak. Huil saam met jul

Nakkie ·

Ai dis so verskriklik hartseer. Mens het nie woorde om hierdie mamma te troos nie. Ek het ‘n 16 maande oue seuntjie, en ek weet nie hoe gaan mens aan as jou kind moet voor jou gaan nie. Alle sterkte, ons bid vir jou mamma.

Babie ·

Neeeee!!!! Nalatigheid!!! Ek is sommer kwaad. Arme ouers. My hart krimp vir julle

Felicity ·

Liewe Vader, staan hierdie mamma en pappa by in hulle tyd van rou. Bitter hartseer om 2 kindertjies aan die dood af te staan en ek glo, na wat ek nou gelees het, Zoey se dood was as gevolg van absolute nalatigheid! Ek bid vir julle en glo onse Vader die Heer sal julle omvou met liefde en krag, al voel dit nie nou so nie. Sterkte, my hart bloei vir julle.

Wipgat ·

My hart is gebreek na die hartseer storie:( my hart bloei vi julle. Baie sterkte mamma en pappa, jul verdien dit ni! Here, wees asb saam met hulle, hier in die kar waar eknou sit en dit reen, so loop di trane oor my gesig.

Elzane ·

Ek kan myself net indink… Ek huil saam met julle mamma en pappa. Kinders is nie veronderstel om deur sulke pyn te gaan nie, en dit alles deur onbevoegde dokters en susters. Ons bid vir julle. Mag God julle dra deur hierdie moeile tyd? RIP kleine Zoey

Annie ·

Sover as wat ek lees huil ek, dis baie hartseer, sterkte aan die ouers en ek hoop julle laat die dokters en al die personeel van die hospitaal aankla van moord want dit is wat dit is – niks anders nie.

Dianne ·

Gaan na ‘n goeie prokureur wat spesialiseer daarin en doen ‘n mediese nalatigheidseis. Dit sal ten minste keer dat nog ‘n kindjie moet doodgaan. Ai my hart gaan uit na julle toe. Sterkte jong.

NALATIGHEID ·

Ek stem saam, moenie dit net so los nie, nie uit wraak nie maar om te verhoed dat nog ‘n kind of ouers hierdeur moet gaan. Mens kan net eenvoudig nie hierdie nalatigheid ongesiens laat verbygaan nie. RIV engeltjie.

Bia ·

Dit gaan defnitief nie die kind terug bring nie net keer dat dit nie weer gebeur nie xxx

Karin ·

Ek stem saam met die eis!!! Dit gaan nie daai mooi poppie terugbring nie, maar daar moet opgetree word!!!! Wat se tipe mense word in sulke belangrike poste aangestel!!! Raak ontslae van hulle!!!!

Anton ·

…n pyn wat net n moeder sal verstaan…my hart gaan uit vir julle…

Amanda ·

My hart is baie seer en die trane loop vrylik terwyl ek hierdie Mamma se eina lees. Waar gaan dit eindig? Wat het geword van die EED VAN HIPOCRATES of is dit nie van toepassing in vandag se lewe nie? Moenie die saak net daar los nie Mamma, ek weet dit gaan nie jou liefiekind terug bring nie – maar dit kan help om ander kindertjies se lewens te red – asb. Baie baie sterkte – woorde – maar in my hart en in my gedagtes hou ek jou vas. Ek gaan nie sê alles gaan regkom nie, want dit gaan nie….die eina bly daar…die verlange bly daar….maar asb hou vas aan God – dit is net Hy wat julle hierdeur kan dra.

andrea van vuren ·

Tydens my opleiding het ons nog die Florence Nightingale eed afgelê met ‘n lampie. Dit was so mooi en edel. Ek wonder of dit vandag nog gebeur. Ons het voor God en die mensdom die gelofte afgelê en dit as heilig beskou om ons medemens te dien en eerste te stel.

Christelle ·

As hulle die regte stappe geneem het sou Zoey nog gelewe het. My innige meegevoel vir die ouers.

Jean ·

Dit is skokkend, maar dit is omdat gekwalifiseerde personeel met goeie ervaring deur onervare mense vervang is .. dit is omdat daar geen belangstelling en professionaliteit meer in meeste hospitale heers nie .. dit KOS LEWENS maar die dokters en susters was hulle hande in onskuld . solank hulle net salarisse kry .. SO JAMMER vir julle ongelooflike verlies, dit is onaanvaarbaar . daar was genoeg tekens dat sy BAIE siek was. .. RIV mooiste poppie, niks sal jou moeder en vader se harte troos nie, net GOD. SKOKKENDE agteruitgang in SA .. hierdie trein hardloop nou met ‘n baie vinnige pas teen die bult af.

Dee ·

Ek kan dit nie glo nie…my hart breek vir die ouers…ag my Hemelse Vader, help hierdie mense en hou hul sterk en staande…so ‘n pragtige ou dingetjie

i ·

NALATIGHEID ek sal n saak maak en aanhou baklei en dit nie los nie….so gaan volwassenes ook onodig dood en onkunde word misbruik…Hulle laat party papiere wegraak)daar is prokereurs wat spesialiseer in mediese nalatigheid.

Della ·

Trane rol…hoe hanteer ‘n ouer so iets? En dit oor ander “slim” useless mense se hartelose onbevoegdheid…Mens is te bang om hospitaal toe te gaan, jy weet net nie of jou geliefdes lewendig daar sal uitkom nie. Dieselfde gedagtes het deur my kop gegaan toe ek Nuwe Jaars my kind na die hospitaal moes neem. Dr gaap en kyk ander pad terwyl ons met haar praat. Ek is so jammer vir julle verlies….geen woorde sal julle kan troos nie….

Vinkie ·

O nee liewe Vader dis erg, Woorde is daar nie om te troos nie, Liewe Here hou hierdie mense styf vas in u arms. Rus sag Zoey,

not in wonderland ·

Privaat hospitale behoort ten minste een pasiënt per dag op ‘n dringende basis gratis te kan sien . So-iets kan die arme kind gered het.

Lomari ·

Nee jong almal worry net oor geld en nie meer oor lewe nie

Marcell ·

My hart gaan uit na julle dis rêrig seer ekhet een ou seuntjie hy is mamma se alles net om daar aan te dink is seer. My ma hulle het ook al een kind op 1en half verloor ook deur nalatige hospitaal in pta hulle het verkeerde bloed oortapping gedoen toe val aartjies plat en raai waarskynlik die dokter speel golf.. En daar word ook gesê dis nie hulle skuld nie. Ek dink baie van die gevalle is dokters en hospitale se skuld veral staat hulle worry net nie. Dan moet jy maar vrede maak.

Sari Gray ·

Absolute nalatigheid my hart breek vir julle. Baie sterkte

wilma ·

Huveel kindertjies moet nog sterf in hierdie hosp. Asb laat doen n nadoodse ondersoek en gan sien n prok. Hul mag ni heermee wegkom nie. Te veel mense is net daar vir n salaris en bugger die res.

Lezandie Lightfoot ·

My liewe mens daar is geen woorde wat ek kan se om jou te troos nie want dit is een pyn wat niemand sal kan vertroos nie. Om n klein mensie te verloor breek mens se hart en al wat ek kan se vir jou is ek is oneindig jammer en ek hoop ter harte dat jy in ons Vader se arms kan troosting vind weet net hulle altwee wag vir jou sonder seer sonder die trauma en geweld van ons lewe. Ek as n ma weet in alle eerlikheid nie hoe ek sal reageer nie ek sal mal word. Huil skree gaan mal doen enige iets wat jou hartseer kan uitkry maar moenie opgee nie dis moeilik om te se en doen maar jyt n sonplekkie in die lewe en die Here weet jou seer en pyn en sy arms is styf om julle gevou. My uiterste liefde vir julle

Jolene ·

Dis vreeslik hartseer. My trane rol soos ek jou storie lees. Jou kinders is jou lewe. Vreeslik jammer vir julle verlies. Mag die Heer julle sterk maak deur hierdie moeilike tyd. Dink aan julle. Xxx

Elsie ·

Innige simpatie met julle groot verlies. Ek weet wat julle deurnaak. Ek het ook n kind aan die dood afgestaan. Sterkte

Lollos ·

Ek is nou opgehuil van hartseer en woede nadat ek hierdie gelees het! Haar dood was totaal onnodig en die direkte gevolg van lui en swak hospitaal personeel en Dr’s!!!! Ek hoop daai klein gesiggie spook vir die res van hul lewens elke nag, heel nag by hulle. Mag hulle geen rus en vrede ooit weer in hul patetiese lewens ervaar nie!!!

andrea van vuren ·

Wat het van die Florence Nightingale gelofte geword?

afrikaans ·

Dokters en verpleegters doen julle werk reg asseblief…..met respek…. die wat lief is hul werk uitgesluit. Hoeveel mense moet nog sterf en luister na ouers want hulle ken hul kinders. Ons is lief vir ons kinders daarom ek as persoon aanvaar net goeie diens. Die rede ek probeer om die beste diens vir my medemens te gee. Ek sal die hospitaal en sy personeel antwoordelik hou vir die kind se dood. Nee, nee, nee so kan dit nie meer aangaan nie. Ons land se mense het geen meer respek vir mekaar nie. Kan iemand ons land se mense oplei as dit kom by omgee, liefde, respek, asseblief, groet, nee dankie, dankie, netheid en om waardig te wees . Gebruik geld wat ons almal se lewe beter maak…..die staat kan dan geld op goed mors wat nie mense help met respek vir ander nie. Mense ons het baie om voor te Bid….probeer my beste om positief te bly met die Here se krag

afrikaans ·

Not in Wonderland……ek hou van u kommentaar. Uitstekende idee en dit moet vir enige kind gedoen word.

Tanya ·

Ek kan myself nie in hierdie ma se skoene plaas nie! Ek kan nie dink dat n ma sterk genoeg moet wees om hier deur te gaan nie, wel ek sal dit nie maak nie. ek vra altyd die Here hy moet asb my en my kinders spaar en as hy een van ons wil he moet hy ons almal vat omdat ek so swak sal wees en dit nie sal maak nie.. Here hou asb die mama styf vas en gee haar asb die nodige antwoorde wat sy sal soek!

Henco ·

Ek is ‘n man van amper 36 en het nie kinders nie – maar ek het my oe uitgehuil terwyl ek gelees het. In my geestes oog het ek dit sien gebeur en die emosie van die ouers gevoel. Ek bid vir julle – ek dink nie ek sou dit kon maak nie. Die Here gee nooit vir ons ‘n kruis te swaar on te dra nie. Sterkte vir julle ek mag Jesus julle dra deur die moeilike hartseer tyd.

Hermien Brittnell ·

NEE NEE NEE!!! Geen woorde sal nou hierdie seer beter maak nie… my hart huil saam.

nhk ·

Ek het my man weens nalatigheid verloor. Dit gaan nie oor haat of wraaksugtigheid nie. Dit gaan oor geregtigheid te laat geskied. Die primere sorg van die staat is nie swak nie. Dus die mens wat dit moet toepas wat nie omgee nie.

Michelle P. ·

Liewe Vrou,
Jou stukkie skryf stof het my in trane!
Ek ervaar elke liewe emosie waardeur jy gegaan het met die afsterwe van jul meisiekind.

My hart is seer al het ek nie kinders van my eie nie.
My hart trek skeef in rigtings in, vol emosie want ek kan in jou woorde lees watse pyn dit moet wees om te ervaar.
Ek wens ek kon help met iets maar ek is magteloos.
Ek kan well vir jou en jou man bid:
Here ek dra die twee mense op aan U,
Ek weet ek is n sondaar nes die ander maar hoor my lied as ek se die twee mense het U nodig nou meer as ooit.
Maak hulle harte rustig en tel hulle op en hou hulle styf vas teen U bree bors!!
Laat U engele hulle oppas in hierdie tyd van donker dae want niks maak nou sin nie.
Gee berusting van hulle gedagtes en plaas die mooi herinneringe daar en verseker hulle dat U nou na daardie mooi poppie sal omsien.
Dat sy saam al die engelkindertjies op groen gras sal baljaar onder U toesig.
Here die twee mense is stukkend en verward en ek spreek vandag liefde oor hulle uit en weer helder gedagtes, dat hulle gesond sal word en die poppelief nooit sal vergeet nie.
Mag hulle weer vol nuwe asem geblaas word Here, en weer opstaan,
In U naam
Amen.

Xxx

Maureen ·

Amen. Baie mooi gebed. Mens kan jou nie in dink hoe hul moet voel nie. Ek sal self wil doodgaan.

GRIEKIE ·

Die storie is so diep en hartseer nie. Ek ken nie die mense nie maar vir n oomblik was ek in daardie wereld en ek wil nooit so seer he soos so mamma wat haar kind verloor het nie. Ek voel so jammer vir die mamma en haar gesin. Sterkte

Mariet ·

My hart is stukkend vir julle…dit was blatante nalatigheid! Mag God julle toevou in Sy liefdevolle Hande…

Kotie Forbes ·

Ek voel jou pyn deur en deur my baba prinses is ook weg geruk uit ons arms uit oor nalatige dokters op die ouderdom van 6 maande sy is twee maande terug oorlede… ek wens so dat dit met niemand hoef te gebeur ni die pyn is ondraaglik en dis n lewelange straf om saam mee te lewe elke dag….

Lize ·

My Hart bloei vir julle en kan ek nie my trane terughou en my seer pynende hart beter maak met enige woorde nie want ek as n mamma met n dogtertjie van nou 2 en n half kan nie myself indink hoe enige mamma dit moet deur maak nie. ek Bid onophoudelik vir julle.

lindie ·

Innige simpatie mamma en pappa
Ons kan net BID dat ons of ons families nie Moet siek word …. Hospitale is n nagmerrie … Lees elke dag agv hulle nalatigheid is iemand oorlede en dit is nie net staatshospitale… Beste Privaat hospitale ook

Mamma ·

My hart huil vir julle. Dis so so onregverdig dat dit met haar moes gebeur. Ek wil myself nie indink nie. Treur en rou en skree en huil, doen wat julle moet doen maar staan op en moenie dit hier los nie. Almal sal julle bystaan as julle die nalatiges wil vervolg. Ek bid vir julle.

Johan Likkewaan ·

As ‘n pa wat se dogtertjie onlangs baie siek was met Rota virus kan ek sê die simptome lyk maar baie dieslefde.
My klein dogtertjie was vir 5 dae lank op vloeistof voor hulle haar van drup af gehaal het, sowel as isolasie kamer. Kan nie glo die personeel is so deur die mis nie! Rota neem amper 5 miljoen klein lewentjies elke jaar so sekerlik sal hulle die simptome nou al ken ai.
Mens kan nie die water verlies keer nie, net vloeistof vir die kind gee en bid tot dit verby is.

Sterkte vir die ouers gedurende, wat ek moet dink, die moeilikste tyd ooit in iemand se lewens kan wees.

Karma ·

Ag, hoe verskriklik, verskriklik hartseer! Ek het nie kinders nie, so ek kan myself nie in hierdie Mamma se skoene sit en sê ek voel met haar nie. Hierdie soort verhale is egter aan die orde van die dag – gebeure wat in staatshospitale afspeel, wat op die ou einde die pasiënt se lewe eis. En hoekom? A.g.v. onervare, onopgeleide of swak-opgeleide verpleegpersoneel wat dikwels nie eens behoorlike Engels kan praat nie. Ek moet sê, hier in die Wes-Kaap (met uitsondering van Tygerberg en Karl Bremer hospitale), is ons staatshospitale van hoë gehalte. Ai liewe Mamma en Pappa, mag die Here jul styf in Sy arms vashou en vertroos!!!

Stacey ·

My hart bloei vir julle. Hier waar ek sit, het ek trane in my oë.

My klein engel kind het laas jaar net so voor haar 1ste verjaarsdag RotaVirus gehad, met byna baie van dieselfde simptome. Ek dank die Here ons was gelukkig genoeg om goeie Dr’s en ‘n goeie hospitaal te hê en sy het darem na 5 dae weer huistoe gekom,

Ek kan my nie eers indink hoe julle as ouers moet voel nie!
Sterkte aan julle, ek weet daar is geen troos, en niks wat daai lee plekkie nou sal vol maak nie.

Chantelle Connoway ·

Woorde is daar nie en die trane loop terwyl ek hier lees, Here gee aan hulle krag en onderskraag hulle deur die tyd, U weet daar is n tyd om te lewe en n tyd om dood te gaan maar die mens vat dit moeilik.

Sterkte aan die mamma en pappa en familie deur die moeilike tyd wat voorle

Rita ·

Ons het dieselfde scenario gehad. Mangels, hoe koors; bo in onder uit soos water totdat sy glad nie meer kon staan op haar beentjies nie. Ons het haar die nag ongevalle toe geneem en die inspuiting het die braking darem gestop. Ons is 8 uur na ons huisdokter. Sy was gedihidreerd. Hy het dadelik ‘n drip opgesit en inspuitings gegee ens en haar daar in sy spreekkamer gehou vir die hele dag om self ‘n ogie oor haar te hou. Ontwatering gebeur vining. As mens nie vining werk maak nie, kan die kind sterf. Meeste staatshopitale is ‘n disaster. Ek is soooo jammer vir julle!

Self daardeur ·

Jammer mamma. Ek west hoe my voel. My hart is gebreek saam joune. Weereens staatshospitaal. Net nog n pasient wat deur nalatigheid gesterf het
. So begrawe hul al hul foute. :-(

Hartseer ·

Wat n hartseer storie. Kan nie eers begin om te dink hoe die ouers moet voel nie. Baie baie sterkte vir julle en ek bid dat ons grote God julle sal omarm en troos in die donker tyd waarin julle julle bevind en leiding sal gee vir die toekoms

Elize ·

My opregte en innige simpatie met jul ontsettende verlies. Mag jul so bewus wees van God se nabyheid en liefde in hierdie tyd van rousmart.

Kallie du Plessis ·

Wag vir ure en julle word nie gehelp? So ‘n ernstige siek kindjie! Dit skree ten hemele. Wat het van ons “siek” mensdom geword? Waar is empatie, deernis en naasteliefde heen? En dit ‘n kind, ‘n klein ou kindjie? Ek is met stomheid geslaan!!

MARITA VAN DER LINDE ·

Die was nalaatigheid van ALMAL !!!!!!! ek dink so aan die mamma, mag Onse Vader julle toevou in sy liefde en gee dat julle vertroosting sal vind. EK sal van my kop af gaan.
Swak swak swak

ilse swanepoel ·

My hart is seer saam met jou. My kind het ook n engeltjie geword net na haar 2de verjaarsdag. Dis di seerste seer wat enige mens kan he om n kind te verloor wat ng van 2. Ek hou jou in m gebedde.

marina lester ·

Dit is baie hartseer. Dink aan julle. Laat God sy hand om julle vou en vertroosting gee. Ek hoop ek moet nooit n kind aan die dood afstaan nie. Julle bly in ons gebede.

ISAMIEN ·

My hart het nou amper gaan staan…… Ken ek nie hierdie vrou se smart nie!!!! Dieselfde tekens het ek getoon en my optrede was dieselfde as hierdie mamma sin, toe my dogtertjie van 4 in tref en trap dood is….. Dis verskriklik. Ek het gedink ek gaan mal word… By tye dink ek regtig ek was mal…… Net God het my deurgedra…….. Niks woorde of enigiets maak sin in so n tyd nie… Mens soek net jou kind. Sterkte….. Ek weet wat dit is… Dis hel

Tatiana ·

Ek het nog nooit so gehuil nie! My innige simpatie met die ouers!

My dogtertjie was op 2 jarige ouderdom verskriklik siek. Sy het opgegooi, sonder om op te hou. Haar lyfie was pap, en al wat die dokters gese het, is dat sy verstop is. “Moeder instinkte” se altyd anders. Ons het die hele nag wakker gesit, ek kon haar nie alleen los nie. Die volgende oggend(na hulle ons vroeer die oggend huis toe gestuur het, want sy sou nie so le, as dit erenstig was nie… sal nooit daai dokter se woorde vergeet nie), het ek die hospitaal gebel, en oggend skof se mense het gese ek moet haar onmiddelik inbring.
Daar gekom, het hulle haar uit my hande gegryp, sy het bloed opgebring… Na bloedtoetse, x-trale en sonar, het hulle agter gekom sy het ‘n “inter-seception” gehad.
Na die operasie, het die dagsusters dieselfde dag haar ge-overdose met parasetamol. Die nagsuster het gestaan en kyk na die medikasie wat toegepas was en tyd, wat haar presiese woorde was: oh my F…. en sy het daar uitgehardloop. Sy is direk ICU toe. (Dit voel of jy wil mal word). Hulle moes ‘n klomp toetse doen om te kyk of dit haar lewer en niere aangetas is.
My hart huil saam met die mamma!! Ek bid vir julle, dat die Here julle sal toevou in sy Genade en Liefde, met die groot verlies.

oumie ·

O my genade ek kan my nie die pyn voorstel nie my trane loop af my wange vir elke ouer wat sulke pyn moes deurmaak Al wat ek kan sê is mag GOD jul in sy hande toevou en vertroosting bring want dit is iets wat geen MA of PA behoort te voel nie en waste mooi engeltjie is sy nou in God se tuin RIV klein engelkind

KWAAD ·

Ek is nou so kwaad en hartseer .. Ek het self ‘n dogtertjie van twee en kan my nie vir een sekond in jou skoene probeer sit nie want net die gedagte maak my van my kop af. My hart is waarlik seer saam jou maar ek sal dit nie net daar los nie!!! Jy MOET dit verder vat..
Mag God jou die krag gee wat jy nodig het en jou dra in liefde. xx

RIKA HOOLE ·

My hart gaan uit na die moeder en pappa wat hul dogterkie verloor het
my innige simpatie vir jul as ouers ek weet nie hoe dit voel om `n kind te verloor nie maar kan my self indink hoe ek sal wees as so iets met my moet gebeur
Mamma alle sterkte vir die toekoms sy was n pragtige dogterkie gewees.

Rika Hoole

REGVERDIG ·

Here help hierdie arme verskeurde mense. My hart gaan uit na julle…..ek huil saam met julle
Dis so onregverdig. Ek is soo kwaad. My innige simpatie.

Shané ·

Ek lewer gewoonlik geen kommentaar op enige stories nie maar hierdie verhaal is hartverskeurend en ek kan nie glo mense moet hierdeur gaan nie. My hart gaan uit na hierdie ouers en sal bid vir vertroosting! Nalatigheid is ook my eerste gedagte soos ek die stuk lees! Hoe kan mense so iets doen aan ‘n kind, so min omgee vir ‘n kind. Mens vat jou kind hospitaal toe omdat jy glo en vertrou hul weet wat hul doen! As ‘n ma van 2 kan ek my nie eers indink hoe hierdie twee mense moet voel nie. My innige simpatie!

So onnodig en onaanvaarbaar! ·

Ai dit maak seer om te lees van jul verlies! Daai hele lot moet hof toe gesleep word! Totale nalatige optrede van die wat jy met jou lewe vertrou!!! Nee wat nie goed genoeg nie soos hul se Dokters begrawe hul foute en die lot klink maar vir my soos n klomp onbewkame kwaksalwers… Eina so sterkte aan die gesin. Mag die Here jul dra en die verantwoordelik die prys betaal en geregtigeid geskied!!! Sulke standaarde is maar net nie op daai vlak aanvaarbaar nie jammer!

Sweetyloops ·

Liefste mamma, my hart gaan uit na julle. Ek huil as ek jou storie so lees. Ek self het ‘n klein lyfie van 2 jaar oud.

Daai dat jou kind uitgeslaan het vd spuit, sê dit vir my jou kleintjie was allergies vir penicillin. En daai dokter kon dit ni agterkom ni????? En dit bly inspuit het in haar handjie alhoewel sy begin uitslaan het. Daai is uit en uit nataligheid. Dis di 1ste ding wat di dokter moes optel.
My kind en man is allergies vir penicillin. En dit kan dodelik wees as jy allergies is.

Asb stel ondersoek in !!!!!

Ek bid vir julle xxx

Baie liefde

Lolla ·

Hier waar ek nou sit en lees huil ek so hard ekt some ‘n kopseer, Vader ek lees hierdie mamma en pappa se seer raak, ek sien die pyn ai Here. Het jy geen hart nie, hoe kan jy so gewetenloos wees om te sien dat ‘n klein lyfie ly, maar jy is te sleg om jou werk te doen. Ek is ook ‘n mamma en dis my grootste vrees dat my klein liefies siek moet raak, seer moet hê en niemand help nie. Hoe slaap jy? Jy wat beloof en gesweer het om swakes en siekes te versorg?
Hoe vertroos ‘n mens hierdie arme ouers, want ek weet rêrig nie eens waar om te begin nie.

Helene Heyns ·

Ek is stom van ontsteltenis en hartseer. Kan maar net bid dat die Here jul genadig moet wees. Sterkte liewe ouers.

Mnr Ray ·

Dit is baie hartseer. Mag God altyd se hand opr julle hou. Moet nooit ophou bid nie. God sal julle genees.

Baie sterkte!!!

Ina Wessels ·

My liewe mens ek wens ek kon jou nou styf vashou en se alles is okay maar ek kan jou nie vashou en se alles is okay nie want dis seer en leeg, die leegheid maak dat jy luister maar niks hoor nie jy kyk maar sien niks nie, jys verslae….hoe kan dit wees…..ek weet want my dogter is agt maande terug oorlede. Waar is respek vir ander se lewens heen??? N Dr en verpleegsters wat lewens moet red gee nie om wat hulle doen nie. Almal vergeet van jou pyn en angs. Sterkte mag God jou toevou in sy genade hand en mag die straf van Hom afkom.

Colani ·

Liewe Mamma

Ek het nie vir jou woorde nie ek verstaan nie hkm jy deur so baie moet gaan nie Ek kan net vir jou sê al twee jou Engeltjies sit op God se skoot as ek nie so vreeslik lief was vir myne nie het ek regtug vir jou gesê kom haal vir jou ñ kindtjie by my sterkte vir jou en jou man alles in die lewe gebeur met ñ doel maar net God sal weet Ek bid vir Julle liefde Colani

Elize Moore ·

So, so jammer vir julle.Ek self het my 2 dierbare seuns aan die food afgegee, ek jhet ook gedink na eerste seun, die Here sal nie nog n kind van my laat doodgaan nie.Dis verskriklik hartseer……rus in vrede Zoey

anne coetzer ·

Sooo jammer oor julle verlies. mens ek hoop nie julle gaan dit daar los nie. Ons gesondheidssorg is rerig pateties . Mens lees van so baie gevalle op die internet deesdae. Dit is hatseer want hulle le n eed af wat blykbaar niks beteken nie, Sterkte daar

Sarie ·

Ek is stomgeslaan. Soveel onprofesionaliteit. Soveel hartseer, soveel skade aan mense harte….Ek beleef dit in die daaglikse samelewing al hoe meer, as jy nie ñ mediese fonds kan bekostig nie, word jy soos ñ hond behandel. Sit maar daar of doer, ons sal jou wel ( dalk 3 dae later of heeltemal te laat) help as ons by jou kan uitkom vir die dag. Wat het van ons menslikheid en empatie met mekaar geraak? Aan hierdie Pappa en Mamma wat hul kind verloor het, wil ek sê: ” Mag God julle styf in Sy arms toevou en vir julle die vertroosting bied wat net Hy kan. Ek sou ook om vrede in jul gemoed te vind, die saak verder opneem met die betrokke hospitaal en die mense aandadig vir julle kind se dood, aan die pen te laat ry. Die betrokke name van die personeel wat aan diens was, is tog opgeteken, so julle veg nie ñ verlore stryd nie!

Rentia ·

Ai my mensie, ek huil saam met jou. Ek het nie vir jou woorde nie. Net ‘n drukkie. Sterkte jong x

Sus ·

Hartverskeurend!!! Mamma en Pappa die hele land huil saam met julle!
Dagvaar die wit waks uit daai hospitaal – dit was nalatigheid in die ergste graad!

Petro ·

Ai, ek ken die seer wat julle deurgaan. Ek het self gedink my seuns gaan my oppas wanneer ek oud word. Ses maande terug is hulle in ons sitkamer doodgeskiet terwyl ek en my man in die kamer was. Daai hartseer is ‘n hartseer wat net ‘n ma en pa wat ‘n kind verloor het ken. Mense se almal – onthou die goeie tye saam, maar dit help nie om die pyn weg te vat nie, partykeer maak dit meer seer. Sterkte. Ons bid dat jy die sterkte sal he om hierdie groot verlies te kan verwerk.

nicci.doula ·

My hart huil vir jou Petro. My innige simpatie.

nicci.doula ?

Stukkende Hart ·

Dit is die seerste seer wat mens kry, my trane loop van voor af. Het ook my seun kersdag verloor en dit is n baie moeilike paadjie om te loop.
Maak nie saak wat mense se nie, jou hart bly stukkend.My trane en jou trane meng en mag ons twee mooi kinders saam in die hemel speel

Joos ·

Kimberley se staats hospitaal is een van die vuilste plekke wat ek al ooit gesien het. Die toilette is vuiler as die openbare toilette by vulstasies en malls. Dis hoekom mense hospitaal toe gaan en dan ‘n virus in die hospitaal opdoen en skielik dood gaan. Mens wag moet maar agter in die ry inval ongeag hoe ernstig jou siekte of besering is. Die personeel aan diens kan nie onderskei tussen noodgevalle en minder ernstige gevalle nie.

Adele ·

Ek weet hoe jy voel mamma ekt my seun verlede jaar julie di 3de verloor deur ook diahree en opgooi en hy was maar net 4j oud. As die dokter haar werk gedoen het sou hy hier rond gehardloop het. My mensie jy moet sterk wees ek gee ook soms op al is dit 8maande gelede en glo my di seer gaan ni weg ni, maar glo en vertrou in di Here. Ek sal vir jou en jou man bid sodat die Here sy arms om jul sal vou en vertroos. Sterkte my liewe mens

connie ·

Ek vra ons almagtige Vader om Sy Hand oor julle te hou en vertroosting te gee. Die moeilikste ding waardeur ouers kan gaan is om n kind aan die dood af te staan. Ek is daar deur en ek vra die Here vir krag en genade oor julle. Ons Vader is saam julle Hy hou jul nou styf vas, al voel dit nie nou so nie, maar Hy dra jul nou. Sterkte vir jul mamma en pappa en familie lede, jul is in my gebede ek dra julle op aan onse Vader.

Zonja Labuschagne ·

Dis so Hartseer en Seer. Ek wonder soms of die lewe dink as dit reeds een van ons kinders gevat het ons sterker is, sodat hy maar nog een kan vat. Ons (my man se oudste, maar soos my eie) seun is oorlede en 5 jaar later ons Pragtige meisiekind van 15 jaar, sy het altyd gese sy kan nie haar ouboet se dood verwerk nie. Dis die Grootste Seer in enige ouer ooit kan deur gaan.
Sterkte Liewe Mamma en Pappa, mag Jesus julle krag gee om aan te gaan, krag om weer te Glo.
Hulle se altyd daar is ‘n doel met alles, maar ek wonder ……. Elke ouer wat ‘n kind verloor het sal verstaan.
My seun se altyd die dag as ek dood gaan, gaan ek Jesus vir ‘n rukkie besig hou….. Maar hoe langer en hoe groter die verlange dink ek, ek gaan so bly wees om my Summie te sien dat Niks meer saak maak nie.
Baie Baie Baie Sterkte !!!!

Sterrewink ·

Lee-Ann en papa, sjoe, wat ‘n bitter eina! Geen, gèèn woorde wat enige-iemand nou vir julle gaan sê gaan help nie, dit gaan hol klink. Ons kan net bid en julle by Jesus se voete kom neersit vir vertroosting. Dit gaan baie, baie lank vat en mens kom nooit daaroor as jy die kosbaarste besitting (nee, dis eintlik mens se hele lewe, jou kinders)? moet teruggee nie. Ek wens sommige mense wil liewer stilbly as om vir mens te sê jy is sterk of julle moet sterk wees? Rus sag, klein Zoe.

Ruhandi ·

Hoe ‘n ma en pa dit ‘survive’ sal net die Here weet. Here gee hierdie mense krag… dis amper onmoontlik om te dink mens kan soveel seer harteer. Al vat mens die personeel en hospitaal aan oor nalatigheid bring niks daardie kind terug.
Maar miskien spaar die n volgende kind.

mel ·

Genade mens Kan ni anders as om saam te huil ni, Liewe ouers, ek is so ongelooflik jammer wat met julle gebeur het! Jesus het nou nog ‘n pragtige blommetjie vir sy tuin kom pluk, ons weet ni hoekom ni, maar in my hart voel ek stukkend saam julle! Ek bid vir julle vertroosting toe! RIV Pragtige Zoey

Natalie ·

Ek is so so so jammer.. Ek huil nou iets verskrikliks en ek kan myself nie indink hoe jy as mamma moet voortgaan nie. Ekt nie woorde vir jou nie. Sjoe ek bid nou hardop vir jou sodat die Here jou kan omvou in liefde en al jou seer weg vat. want ek weet niks wat ek hier tik of se gaan dit beter maak nie. Wens ek het jou geken om jou net tekom druk.

Lara ·

NALATIG, ONGEKWAAMHEID, NALATIG ONBEKWAAMHEID……..hartverskeurend

Lindie ·

Ai….nog ‘n kleine liewe diamant deur absolute onvermoë om die erns van ongesteldheid te besef.
Kinders het baie keer baie meer seer as wat hul laat blyk, en die onge-ergdheid van sekere mediese personeel is verbasend.
Sterkte vir julle.

Esmé ·

Verskriklik! Waarom het haar hand rooi geraak… met blase? Allergies/Anafilakties? Wonder net…. het al met my kinders gebeur…

Lika ·

Hoe vreeslik jammer kry ek julle nie! Ek weet daar is geen woorde wat die seer beter kan maak nie!!Ons het ons seun ook verloor deur n narkotiseur in n baie bekende hospitaal! Hy het net sy tande laat trek en nou moet twee klein kindertjies groot word sonder n pappa! Moet dit nie daar laat nie laat die skuldiges aan die pen ry! hulle begrawe hulle foute en gaan normaal met hulle lewe aan maar jou hele wereld is in skerwe!! Ek dink aan julle en STERKTE!!!!

MissDemeanor ·

Sjoe dit is vreeslik hartseer. Tenspyte van die vreeslike fout wat die dokter gemaak het om nie vinnig vir haar ‘n drip in te sit nie klink dit of sy iets onder lede gehad het wat haar baie vinnig siek gemaak het. Duidelik kon die verpleegsters agterkom dat Zoey gedehidreer is. Net soos meeste ander ouers vat ek nie my kind hospitaal toe elke keer as sy net bietjie hoes nie. Maar hoe weet mens dat iets baie ernstig is? Waneer begin mens uitkyk vir tekens van dehidrasie, en watter stappe kan mens neem on te keer dat dit nie erger word nie? Ek het al gelees dat te veel water of die verkeerde verhoudings tussen elektroliete ook dodelik kan wees.Miskien moet mens maar altyd n paar sakkies Rehydrate byderhand he en sodra n kind naar word of diaree kry dit vir hul gee inplaasvan water…Dis vir my so tragies dat ons nie almal toegang het tot uitstekende mediese fasiliteite nie.

Sê maar net ·

Ai, die is so seer en so stukkend. Ag Here hoekom? Ek kan my eie verlies in hierdie mamma se woorde lees, ek sien my eie seer raak. Ek het net een kind verloor, U laat hierdie mamma 2 verloor. Hoe gaan sy hierdeur kom? Here, ja ek vra U, asb help haar, want die is nie iets wat net binne ‘n rukkie weggaan ni, ek weet, ek dra myne al 17 jaar saam my. Ook te danke aan ‘n staatshospitaal. Maar hoekom die seer Here? ja, moenie die kindertjies verhoed om na U te gaan nie, want die Konigkryk behoort juis aan hulle, maar Here hoekom ‘n mamma en ‘n pappe bly maak, en dan net sommer weer net so te vat? Ek wens ek het geweet wat die plan is om straatkinders te laat lei en swaarkry, en kinders te vat wat werklik liefde te ontvang te vat. Ja, daar is ‘n groter plan, wat ons eendag sal sien en verstaan, so vir nou Here, asb help hierdie mamma en pappa, moenie dat hulle ook na 17 jaar nog steeds huil, hartseer wees en vrae vra wat niemand in elk geval vir hulle kan beantwoord nie, nie eers ‘n sielkunduge of berader nie. Here, ek smeek U, asb help hulle, want die is ‘n seer wat bly, dit raak beter, maar gaan nie weg nie.

Baie dankie dat U verstaan

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.