Om ʼn kind te verloor

babahandjies

Foto: SeppH/Pixabay.com

Deur Marisa Engelbrecht

Om ʼn kind te verloor …. dis van die moeilikste goed wat ʼn mens kan oorkom. Ek hoor die hoeveelste persoon, ook sielkundiges en beraders, so sê. Ja, ek weet. Ek weet presies, want dit het met my gebeur.

Ná my seuntjie se onverwagse dood, besef mens dat dit nie net met ander mense gebeur nie. Dit gebeur met jou ook. Ek loop in die winkel en wonder hoeveel ander mammas loop ook met maskers omdat hulle ook ʼn klein mensie gehad het wat nie grootgeword het nie.

Kort ná sy dood het ek vir iemand gesê: “Hierdie is nou ons pad. Niemand kan dit vir ons stap nie. Hy lê hier voor ons. Ons sien hom. Hy’s ʼn werklikheid. Ons weet ons MOET hom stap, maar ons WIL hom nie stap nie.”

Die aarseling om hierdie pad te stap is nie een van wanhoop of vrees nie. Dis een van leeg. ʼn Groot leeg. ʼn Donker leeg. ʼn Diepe leeg. ʼn Warboel leeg en ʼn stil leeg. ʼn Leeg wat nie ʼn einde op hierdie aarde ken nie. Die mens wat later, eers heelwat later, maar ek is nie seker wanneer later nie, die eerste tree op hierdie pad gee, is nie ʼn mens wat ek ken nie. Sy tree stadig en swaar. Sy is nie, dis net haar dop.

Die dop strompel en stoei voort op hierdie donker, lang, stil, leë pad, oor ʼn tydperk van maande. Maande van nie bid nie, want daar’s te veel woede. Maande van nie sing nie in die kerk, want daar’s te veel hartseer. Maande van nie Bybel lees nie, want daar’s te veel verlange. Maande van net … wees. Die dop het eens op ʼn tyd ʼn warm hart gehad wat gevul was met liefde en wat opgevul was met kinderlaggies en vet voetjies en kort-arm-stywe-drukkies, met soentjies en ʼn stemmetjie wat liedjies sing en karre se name vra. Nou is dit net ʼn dop.

Maar iewers op hierdie donker, lang, stil, leë pad blink daar iets. Ietsie kleins. Daar ver voor. Later, wanneer die treë ligter raak en die strompel minder, is daar meer lig. Nader lig. Nee, dit is nie ʼn pad wat iemand anders vir haar kan stap nie, maar dis ʼn pad waarop ʼn oorvloed liefde soos ʼn helder verligte pad vir haar wink en hoop bied.

Hulle is vir haar gestuur. Haar man, haar ander kinders, haar vriende en familie verlig die roete. Hulle is net daar. Hulle wys haar waar haar hart sit. Hulle bid oor die woede, hulle sing oor die hartseer, hulle lees oor die verlange. Hulle help haar … oorleef.

Hierdie rubriek is ʼn lesersbrief wat op Maroela Media se webwerf gepubliseer is. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. -Red

Deel van: Só sê die lesers

39 Kommentare

Liezl ·

I’ve carried a child within my body, I knew that I’m going to be a mommy! I had dreams for our little one, I knew that he will be loved by a mommy and daddy! He didn’t see the world, instead he turned to be with our loving Father in Heaven. He didn’t choose this life, he chose a life that is beyond our understanding and human knowledge, one day we will also see what he is seeing now. He is at the best place that anyone can ever be. at the feet of our Lord Jesus. He is my child and I know he is safe. Hierdie het jare nadat ek ons babatjie op 5 maande verloor het by my opgekom. Ek mis hom, al het ek hom nie geken nie. Ek sou die jaar ‘n mamma van ‘n Graad 1 bulletjie gewees het. Ek mis die feit dat ek nie deel kan wees van ‘n skoolgaande seuntjie nie. Ons huis is stil, maar ons aanvaar. Ons Vader weet beter.

PIPP ·

Hey Liezl

My en jou pad klink dieselfde…my pad het ek net 12jaar gelede al begin stap. Die mooi herhinneringe aan die lewetjie wat binne jou ontwikkel is kosbaar en dit sal n mens altyd koester.

Chantelle Connoway ·

… ek het n man en n pa verloor en groot ouers … maar n kind … laat n mens stom staan en dink … n verlies is nooit te wagte nie veral nie op daardie oomblik nie NOOIT NIE
Sterkte aan die mamma en haar gesin en familie … woorde is daar nie … Net Vader weet nou en eendag sal ons weet

Sons ·

Ek weet presies wat jy voel en hoe leeg mens voel, geen ander kind kan daai 1 se plek vol maak ni.. mens bly mis en mens bly wonder oor hoe hy sou lyk en wees en en en.. daar is nie andwoorde ni en mens stoot gewoonlik die weg wat die meeste omgee! Ek was geseen genoeg om my seuntjie vir 2maande te ken, versorg en lief te he.. maar ek moes ook totsiens se baie vroeg, te vroeg. Vandag is my ander kinders my hele bestaan. Ek sal elke dag wonder en verlang maar weet hy is op n beter plek en 1 dag sien ek hom weer!

Elize ·

Ek weet hoe seer dit is..my seun van 32 jaar verlede jaar in motorongeluk verloor…..hyt so blink toekoms en baie drome gehad..was n dierbare omgee mens. N ma bly n ma en dis die heel ergste ding wat met haar kan gebeur.

Nakkie ·

Marisa,

Dankie dat jy hierdie geskryf het uit jou stukkende ma-hart uit. Dis so mooi gesê. Van een mamma wat ‘n kind verloor het aan ‘n ander, baie sterkte. My hart is seer vir jou. Maar ons vrouens is sterker as wat ons dink. Ons staan weer op. Ons hou aan loop.

bianca ·

Dai leegte gaan nooit weg ni dit bly daar di hartseer di trane di wonder di verlange als bly da.Ek het n 2ling gehaad en op 8 maande is 1 oor lede aan wiegie dood dis no10 jaar al en ek huil nog steeds elke dag.

Amelia-ann Pau ·

N Pad wat ek 3 jaar en 1 maand stap, n alleen pad met harsteer, vrae, n pad wat jou ‘DNA’ verander, n pad wat jy nie verstaan nie. n Pad wat mense se ‘ gelukkig het jy nog kinders, dit sal beter word, tyd !!!!! wel hulle verstaan nie want hulle staan nie in ons skoene nie. Dood van n kind maak jou anders, jy sal nooit weer dieselfde wees nie, want hierdie hartseer gaan nooit weg nie. Soos jy se dae word maande, maande word jare en so ploeter jy aan, alleen en niemand verstaan rerig tot dit me jou gebeur nie, verslae loop jy die wereld in, en al wat jy wil he is mense moet jou kind onthou, jou verstaan. Liefde vir jou ‘EK verstaan’

Eina ·

Vandag 4 jaar en 6 maande terug het ek oor hierdie pad begin loop. Daardie leë plek in jou hart, ‘n gat groter as Kimberly se gat. Mense wat nie regtig verstaan nie. Ek het geleer mense is bang vir jou rou proses, hulle is bang om jou seer te verstaan, want netnou word dit hulle eie. Dis of mense dink om jou kind aan die dood af te staan ‘n aansteeklikke siekte is. Maar een oggend staan jy op en dis so klein bietjie maklikker om asem te haal. Die verlange en die wat asse gaan nooit ooit weg nie, maar ons as Mammas moet aangaan. Ons het die hele huisgesin, jou man en ander kinders wat jy nog moet versorg. Sterkte Marisa en al die ander Mammas wat saam met my hierdie pad moet loop. Eendag sal ons jierdie kinders van ons weer kan vashou……

Hannelie Du Plessis ·

Ek loop die pad al 11 jaar en 8 maande, en soms strompel ek net voort in die donker van hartseer en altyd verlang. Nee, dit word nooit beter nie, mens leer net om met die oneindige pyn en seer saam te leef.

Dellaq ·

Sjoe, maar my hart mis ‘n paar slae na die berig en die kommentare. Ek wens daar was ‘n pil of ‘n pleister wat ek kon gee vir julle om die pyn te verlig – julle wat so iets moet deurgaan en so ‘n verskriklike pad moet stap. My hart huil vir julle. Ek het self kinders en net ‘n gedagte dat as ietsie met hulle moet gebeur…. ek is wel na-aan ‘n paar mense wat kinders moes afstaan en daar is nie woorde nie, verslaendheid, hartseer,woede,leegheid…. en ek kan net ‘n drukkie, ‘n traan en verstaan bied.

Iemand wat weet ·

Ek loop my paadjie al amper 17 jaar…..En voel dit nog elke dag, bai ekeer huil ek, baie keer val ek, baie keer wil ek net alleen wees. Het my dogtertjie gehad vir 7 en ‘n half maande. Wanneer jy praat het mense nie vir jou antwoorde nie, so jy bly stil en sê niks en hou dit wat jy dink en voel. Sommiges sal sê dis tyd om te laat gaan, mens kan nie. En dit het niks met vashou te doen nie. Jy is opsoek na iets wat jy nie kan kry nie. Ek het 2 pragtige seuns wat ek my lewe sal voor opoffer, maar die gemis bly…….Ek strompel nog voort na amper 17 jaar

Janine ·

Ek sit en huil soos n moeder wat self die pad moes stap, tog het Vader my dit – vir nou – gespaar. Geen een weet wat die dag van more inhou nie.

My sussie stap so pad. Ek het haar nog nie weer gesien nadat haar 3 jarige seuntjie 23 maande gelede van ons af weg geruk is nie. Maar ek sien haar fotos. Sy is anders. Sy dra haar pyn soos n kroon want sy het Lig en Lewe ontvang nadat haar seuntjie hemelhuis toe is.

Ek onthou, die dae wat ek hom opgepas het as klein babatjie het ek eenmaal toe hy 6 weke oud was, n foto van hom op facebook gesit met die inskrywing “mooiste klein hemelse weglopertjie”… Dit bly my by. Want ek wéét hy is op geen ander plek nie.

My sussie se eerste woorde aan my na hy afgesterf het was “Janine ek is vermink!”. Daardie woorde.. die intensiteit wat sy die woord vermink gebruik het skeur my siel..

Gisteraand gesels ons. Sy se “Abigail is mooi ne? (Haar 3 maande oue dogtertjie) Ek beaam.. want genade God het haar perfek pragtig geskape! Sy se.. “Joh die kind is die kleur in my lewe. Justin die Lig en baba Jason.. my belofte van n ewigheid.”

Ek wys my verloofde die beskrywing van haar 2 aardse en 1 hemelkindjie.. ons pik n traan.. verstaan? Nee.. ons kan onsself nie eers indink nie. 😭

Martie ·

Om ‘n kind te verloor is soos om oor ‘n muur te klim en elke keer as jy dink jy is bo, dan gly jy weer af. Dan tel jy die muur op jou skouer en loop maar verder die pad.

Marie ·

‘n Mamma se lewe is nooit weer heel nie. Ek weet, ek loop al 10 jaar en 9 maande asook 9 jaar en 8 maande met die groot gemis in my lewe. Altwee my pragtige seuns is weg. Weggeruk en ek kan nie verduidelik hoe stukkend my hart is nie. Ek mis hulle elke dag. As ek opstaan, regmaak vir werk, werk toe ry, werk – ag ek dink aan hulle elke sekonde van ‘n 24 uur dag.

Niemand verstaan daardie seer van ‘n mamma wat vir nege maande met nog ‘n hartkloppie in haar geloop het. En nou, nou is hulle nie meer hier nie en ek wonder elke dag hoe dit sou wees as hulle maar was. Dalk was ek al ‘n skoonmamma, ‘n ouma??? Sal nou nooit weet nie…

Egbert - aan al die pa's ·

Ons pa’s loop presies dieselfde pad. Die verlange na ons dogtertjie wat al 7 jaar en 2 maande weg is, haar glimlaggie en grappies mis mens elke dag. Dat sy by Jesus in die hemel is, maak die seer beslis beter. Sterkte aan al die pa’s wat sterk moet wees vir die res van die gesin.

Marisa ·

Dit is so. ‘n Pappa se seer is ook ‘n groot seer. Hy het sy eie pad. Ek sal volgende keer ietsie skryf oor ‘n pappa wat stap sonder ‘n seuntjie-hand in syne.

vonnie ·

en dis die rede hoekom ons altyd dankbaar moet bly. ek gun niemand dit nie. het vriendinne wat nie kan kinders he nie en het ook 2 wat kinders aan die dood moes afstaan. hulle kom nie heel ander kant uit nie. my niggie is ook op net 2jr oorlede. kan net sê almal van julle is in my gedagters. die van ons wat kan, onthou om jou kind ‘n stywe druk te gee en moenie vergeet van die “ek is lief vir jou” gedeelte nie. xxx

Rencia Griesel ·

geen mens sal dit verstaan nie behalwe die ouers wat ‘n kind verloor het. my seun is al 4 jaar oorlede op 36 jarige ouderdom . of jy hom/haar klein of groot verloor daai seer bly. sterkte aan die ouers wat ‘n kind verloor het

Nien ·

Sjoe wat ‘n akurate samevatting van emosies waardeur ‘n mens gaan na so ‘n groot verlies. Ek en my man loop al 15 jaar dieselle pad, ons mis ons Anna-Marietjie elk dag van ons lewens. Maar vind ook die vertroosting dat ons haar wel eendag weer gaan sien.. Sterkte aan almal wat ‘n kind afgestaan het aan die dood

Jacques ·

Ja ek weet presies wat dit is , gister het ek my tweede seuntjie verloor . Dit is bitter en baie erg . Dit het my lank geneem om die eerste een te hanteer en dit het beter geraak tot gister .
Dan jy kry jy mense wat kindertjies weg gooi wat nie gevra het om hier te wees nie . My hart is stukkend .

Megan ·

Hi ek is so jammer dat julle 2kinders aan die dood moes afstaan. Ons het ons dogtertjie van 7maande die 1ste Februarie aan die dood afgestaan. Dit is wat my so bang maak dat dit weer moet gebeur ek kan nie die dood van my pragtige dogtertjie eers verwerk nie. My hart bloei saam met julle sin. As ‘n mens n kind verloor toets dit ‘n mens se geloof 100% maar een ding weet ek of kom ek se eder klou ek aan vas met God se genade sal ons leer hoe om met die pyn saam te leef want so iets kom jy nie deur nie. Ek ken julle nie maar ek bid vir julle dat God sy arms om julle sal vou. Liefde Megan van Rensburg

Corrie ·

Ek het ouers,broers en suster verloor,maar niks kom naby die seer van my kind wat ek moes teruggee vir Jesus nie. Sy was nou we’ll nie meer n baba nie,maar sy was my baba dogter,sy was 22 en haar baba was maar n mnd oud toe my kind weg is. So is my kleinkind al 7 en ek het haar 7 j terug laas gesien. Die pa wil nie he ek moet haar sien nie,maar sy word groot en die wiel draai.

Monique ·

Ek is dieselfde deur … Die 8ste Desember 2017 het my opgewondenheid van oor 3 weke wat oor was vi my keyser na die grootste hartseer ooit !!! Ek het my seunQ op 36maande verloor … Niks was fout ma die nalatigheid praat ek nie eers van nie … Ek is stukkend ! Een van die hospital dames het ons hartseer in n nagmerie verander toe sy my seunQ in n sak wou gee vir my verloofde en ma om huistoe te vat want hulle het nie n lykshuis nie . Daar was soveel seer op seer. Daar was gese ek sou nooit kinders he nie en toe ek so versigtig was met die swangerskap toe ek die voorreg kry om n baba te kon dra vi 9 maande is dit ook tot einde gebring… Ek mis hom so baie . Tog het sy naam Leano die volgende betekenis gehad “God se plan” . Elke dag voel dit of hy nog moet kom maar alles tref my nou eers …Daar isi die regte woorde vir die seer wat ek hey en moet dra nie

Stoffel ·

En ‘n pa stap sy eie pad, een van probeer sterk wees vir sy vrou en kinders, een van voorgee dat alles okay is, een van trane in die donker huil want mans mag nie huil nie. Ek ken daardie pad goed, te goed, maar ek is ook stukkend, wil ook huil en het ook ondersteuning nodig. Gelukkig is ons ‘n baie hegte gesin met God as ons anker.

Bertus ·

Om een te verloor is erg en ‘n PA vat dit ook erg en sukkel. Maar om 2 kinders te verloor sal ek nie oorleef nie. 6 jaar en amper 2 maande op die pad…..

Stoffel ek stem saam

Santa ·

Dit is die seerste seer!!! Het n oproep gekry ons dogter het in Mauritius verdrink in Des 2014..daar was foul play vermoed En die verdagte is vrygespreek . Die ergste vir ons is Ons weet nie wat werklik gebeur het nie En moet alles net aanvaar….Ek bid Elke dag dat ons net die waarheid Sal weet..al gaan dit my seer maak…Ek Wil net weet Wat werklik gebeur het😢ons is geseen met n pragtige kleindogter Wat ons nou grootmaak En dit is meskien Wat my staande hou….

Diana van biljon ·

Inderdaat is jou pad leeg. En of ek regtig al n tree gegee het sal ek ni kan se. N mens versmoor in jou memories….maar my Abba se vlerke van beskerming omhul my in my traan dae. Ek het n perel verloor wat nou n kroon dra en nou LEWE veraltyd . My hart is met elkeen hier.

Hetty Openshaw ·

Dit is baie erg vir elke ouer. ‘n mens leer met tyd om dit te verwerk op jou eie manier. Gaan sien ‘n professionele persoon om dit te help verwerk. Daar is op fb groep’ eina mama’s. Sowel as the compassionate friends. Gaan kyk na die groepe, dit is mense wat deur die selfde pyn gaan en ondersteuning is baie goed., hulle verstaan waardeur ‘n ouer gaan. Sterkte aan almal.

Tokkie ·

Jy sal nie kinders kan hê nie was telkens wat my dogter by verskeie drs gehoor het. Sy het erge endometriose. Verlede jaar voel sy nie lekker nie ek gaan saam haar dr toe, en die nuus wat ons daar kry is oorweldigend, sy is 7weke swanger. Ons huppel en juig van blydskap, want die tyd van wonderwerke is nie verby nie. Maar hard en seer was die slag 9 weke later toe sy op 16 Mei 2016 daardie baba sonder enige logiese verklaring verloor, ñ volmaak geskepte klein dogtertjie lê daar sonder ñ asempie. Nodeloos om te sê die pad is lank en opdraend, party dae gaan sy aan en jy dink sy het berusting en genesing gevind, net om die volgende dag die seer en diepe donker pyn te sien in haar oë. Dit breek ñ ma se hart om haar kind so te sien en dit breek ñ ouma se hart om te weet sy sal nooit die voorreg hê om daardie klein lyfie te bederf nie. Dan onthou jy, jy het nog 3 ander lyfies wat jy kan bederf en vashou

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.