Ope brief aan Julius Malema: Wie is nou eintlik verward?

Julius Malema tydens die perskonferensie op 13 Oktober 2016 (Skermskoot uit EWN-video van die konferensie)

Julius Malema tydens die perskonferensie op 13 Oktober 2016 (Skermskoot uit EWN-video van die konferensie)

Ek oorweeg al ʼn geruime tyd of ek op hierdie wyse op jou verbitterde en roekelose dreigemente teenoor die ‘wit’ burgers van Suid-Afrika moet reageer. Die vraag waarmee ek geworstel het, is of jy hoegenaamd ʼn reaksie van hierdie aard waardig is.

Wat my beweeg het om hierdie brief aan jou te skryf, is die feit dat ek myself herinner aan ʼn sekere Duitse leier en die mense wat hy so volkome mislei het. Soos jy, het hierdie man ook groot intellektuele vermoëns gehad, was hy baie gewild en is hy bewonder vir sy leierseienskappe. Hy het ook geweet hoe om miljoene mense te laat inkoop by sy misplaaste populistiese boodskap.

Hierdie man was ook baie gegrief en soos in die geval van alle verbitterde mense, was hy van mening dat hy geregverdig was om daardie emosies te vertroetel en ook om ander te oortuig om dieselfde te doen.

Daar was by hom ook gefokusde haat teenoor sekere mense en gevolglik het hy ʼn strategie gevolg om hulle op elke moontlike manier te marginaliseer. Destruktiewe emosies, wat deur bitterheid veroorsaak is, eskaleer altyd en moet noodgedwonge ʼn uitlaatklep vind.

In die geval van Duitsland, was die volkome marginalisering van diegene wat die Führer so gehaat het, nie genoeg nie. Om hulle te sien ly het nie sy wraaklus bevredig nie. Sy haat en gepaargaande retoriek het gevolglik toegeneem en dit het uiteindelik tot volksmoord gelei. Hierdie leier, as daar op hierdie wyse na hom verwys kan word, het, nadat hy in minder as ʼn dekade ondenkbare smart oor Europa gebring het, in 1945 selfmoord gepleeg.

Tot vandag toe is die noem van sy naam taboe in Duitsland. Sy nalatenskap kan nie in Duitsland gevind word nie. Sy ondergrondse skuiling (soortgelyk aan dié waar alle gewelddadige mense opeindig), is onder ʼn ongeplaveide, onversorgde parkeerterrein in Berlyn (en dit is geen toeval nie – dit is asof die grond in hierdie omgewing vervloek is).

Ek het al dikwels gewonder of iemand die Führer gewaarsku het teen die verwronge rigting wat hy ingeslaan het. As iemand het, het hy nie ag daarop geslaan nie. Hy was sy eie mentor en het ʼn duur prys daarvoor betaal. Selfs diegene wie se dood hy veroorsaak het, het ʼn genadiger einde gehad as hyself. Op sy laaste was die miljoene wat hom gevolg het, óf dood óf het hulself in haglike omstandighede bevind. Hy was nie meer ʼn held nie. Hy het in sy laaste dae die aaklige werklikheid van sy verwronge droom beleef.

Jy, mnr. Malema, sê ‘witmense’ moet nie verward wees nie. Aangesien ek ‘wit’ is, neem ek aan jy rig hierdie advies aan my. Hierdie en al jou ander sinnelose stellings noop my om aan jou te skryf. Ek dink nie dit is net ons ‘wittes’ wat verward is nie, maar ook jy, wat baie, baie verward is.

Wanneer jy sê jy doen nie ʼn beroep ‘op die uitmoor van witmense nie, of ten minste nie nou nie’, kies jy jou woorde baie omsigtig. Doen jy wel ʼn beroep op ʼn volksmoord, maar net nog nie nóú nie, óf doen jy nog nie nou al ʼn beroep op volksmoord nie? Speel jy slegs met die idee? Is dit iets wat jy wil sien gebeur? As jy dink hierdie benadering sal jou volgelinge tot ekonomiese vryheid lei, is jy baie verward. Enigiemand wat al ooit in handelinge van hierdie aard betrokke was, is ʼn lewe van onderdanigheid gewaarborg. ʼn Moordenaar het nie ʼn nalatenskap nie.

Jy kan egter nie ontken dat jy, wanneer jy hierdie uitlatings maak, ʼn saadjie plant in die gedagtes van jou volgelinge nie. Saad, goed of sleg, groei en as hierdie saad vrug dra, sal jou uitlating dien as ʼn bewysstuk in die Internasionale Kriminele Hof. Ek sal nie verbaas wees as iemand reeds besig is om ʼn dossier hieroor by te hou nie.

Jy onderneem goedgunstiglik om ‘nie die wittes die see in te jaag nie’, maar aan hulle ʼn ‘deel’ te gee. ʼn ‘Deel’ van wat, mnr. Malema? Jy is erg verward. Jy het ʼn opgeblaasde begrip van jouself. Dit is nie vir jou, of dié wat jou misplaaste opinie deel, om te besluit wat my ‘deel’ in hierdie lewe mag wees nie. Tot die mate wat jy dink jy kan dit doen, het jy ʼn verwronge begrip van mag en die verantwoordelikhede wat daarmee gepaard gaan.

Hierdie beginsel is nie net op jou van toepassing nie. Dit is nie vir die mens – dit geld vir alle mense – om lukraak oor die lot van ander te besluit nie. Vir hulle wat al probeer het om dit te doen, dalk op die oog af met sukses, het dit altyd skouspelagtig misluk. Diegene wat poog om dit te doen, is altyd die uiteindelike verloorders. Daar is geen uitsondering op hierdie universele wet nie, ook nie in jou geval nie.

Terloops, die ‘deel’ in die lewe wat regtig tel, word nie deur mense uitgedeel nie. Die ‘lewe’ is baie meer as dit.

Dink jy regtig, mnr. Malema, deur net grond te ‘vat’ jy die boeie van armoede sal breek en welvaart aan jou volgelinge sal verskaf? As jy dit glo, is jy daadwerklik verward. ‘Grond’ opsigself bring nie welvaart nie. Dit is die bewerking van grond, met kennis, vaardigheid, deursettingsvermoë, wysheid en bowenal liefde vir die grond, wat die vrug van die land oplewer. Daarsonder gee ‘grond’ jou niks nie. Om grond te ‘vat’ is een ding; om ʼn lewe daaruit te maak en welvaart daaruit te skep, is totaal iets anders. Indien jy weer Zimbabwe sou besoek (wie se uitgediende grondbeleid jy nastreef), gaan net ʼn bietjie verder as die buitewyke van Harare en jy sal sien waarvan ek praat.

Ons neem kennis dat ‘wittes’ in die algemeen en ‘wit monopolistiese kapitaal’ jou uiteindelike teikens is. Om dit jou lewenstaak te maak, is sekerlik jou reg; jou goeie of slegte besluite bepaal tog jou lot. Ek is nie seker of jy alle faktore in ag geneem het, voordat jy hierdie strategiese besluit geneem het nie. Weereens, dink ek jy is baie verward: dink jy regtig dit (die marginalisering van ‘wittes’ en selfs verdere katastrofiese optrede), sal meebring dat jy en jou volgelinge ekonomiese vryheid sal kry? Miskien is dit nie ekonomiese vryheid vir ander wat jy in gedagte het nie; dalk is dit net mag en wraak.

Jou visier is op president Zuma gerig. Volgens jou, is jou primêre strategiese teiken egter ‘wittes’ en ‘wit monopolistiese kapitaal’. As gevolg van die parlement se onvermoë om teen die president op te tree, is jy van mening Suid-Afrika is nie langer ʼn konstitusionele demokrasie nie en doen jy gevolglik ʼn beroep op die ontbinding van die parlement en ʼn vervroegde nasionale verkiesing. Ironies genoeg, dreig jy in dieselfde asem om grond te ‘vat’, ‘deur watter metode ook al’, met ander woorde, binne of buite die konstitusionele raamwerk.

Jy gaan selfs verder: jy maak jouself ook skuldig aan verdere konstitusionele skending deur na ‘wittes’ as ‘besoekers’ in Suid-Afrika te verwys; met ander woorde, mense met minderwaardige konstitusionele regte. Mnr. Malema, weens die feit dat wat jy sê volkome snert is, is jou opinie irrelevant. Wat wel van waarde is, is dat hierdie stellings wys wie jy werklik is. Vir jou is die Grondwet van geen waarde nie.

Terwyl jy konstitusionele voldoening eis wanneer dit by die president kom (en maak geen fout nie, ek is nie ʼn apologeet vir die president nie), dreig jy om self buite die raamwerk van die grondwet op te tree wanneer dit kom by jóú strategiese agenda, wanneer dit jóú pas. Ek dink jou huidige optrede, binne en buite die parlement, waar jy voorgee om te veg vir die beskerming van ons Grondwet, is slegs opportunisties.

Dit is belangrik vir jou om te weet jou begrip van die geskiedenis van Afrika en Suid-Afrika is eenvoudig verkeerd. Miskien is jy bewus daarvan, maar verkies om jou eie weergawe van die geskiedenis voor te hou. As dit die geval is, is dit oneerlik. In ieder geval, jóú weergawe van die geskiedenis is misleidend en gevaarlik.

Daar is diegene – en daar is baie van hulle – wat jou uitlatings nie ernstig opneem nie, wat jou inderwaarheid heel humoristies en vermaaklik vind. Ek is nie een van hulle nie. Die feit dat jy ʼn vyand van die president is, maak jou nie my vriend nie. Volgens jou is dit nie die president wat jou teiken is nie, maar die ‘wittes’. Ek sien jou vir wat jy is; volgens hoe jy jouself definieer. Ek vind geen humor of enige vorm van konstruktiewe gedrag in jou uitlatings en optrede nie.

Daar is nog een ding wat jy moet weet. Onder die mense wat jy so verag en wat jy met soveel geesdrif wil benadeel, is daar geen vrees wanneer hulle jou manewales sien of hoor nie – daar mag dalk enkele uitsonderings wees. Ons sien dit vir wat dit is en ons sal dit gepas hanteer – deur God se genade en oorvloedige voorsiening – wanneer die uitdagings opduik. Intussen moet jy baie mooi nadink oor wat jy doen. Wat jy glo nou in jou guns tel, mag uiteindelik jou ondergang bewerkstellig; die ‘baie’ wat jou tans volg en gebruik, sal eendag in ontnugtering teen jou draai. Getalle opsigself vestig nie noodwendig mag nie. Leierskap vereis wysheid.

Mnr. Malema, ‘dié wat na die swaard gryp, sal deur die swaard omkom’. Hierdie mag nie vir jou goeie nuus wees nie en jy mag dalk nie daarmee saamstem nie, maar hierdie universele wet bly staan. Teenstrydig met jou huidige denke, is dit die ‘vredemakers’ ‘wat die aarde beërwe’. As jy wil hê dit moet goed gaan met jou en jou volgelinge, sal jy hulle aanraai om hierdie benadering te volg. Jy het so baie wat in jou guns tel en jy is geseënd met uitstaande eienskappe. As jy jou energie in die regte rigting kanaliseer, kan jy ʼn volhoubare verskil maak.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Meer oor die skrywer: Gerhard Papenfus

Gerhard Papenfus is die uitvoerende hoof van NEASA.

Deel van: Meningsvormers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Oom Kalahari ·

@Gerhard: Wat ‘n pragtige brief en puik skrywe uit jou pen. Dit is nou waarlik ‘n skrywe wat ek glo op vele se lippe vir lank hang en in hul harte geberg word, maar nie dit wil uitspreek met al die hedendaagse politieke korrektheid nie. God is in beheer en wie is die mens dan om sy werke te wil verander.

Johann ·

Hy kan nie omgee wat jy sê nie So vir wie skryf jy dit.?.Ken jou Wiskunde want die wereld is gebaseer op leuens nogmaal leuens en dan statistieke.Om te verkondig en in die media te plaas wat almal wil hoor is die grootste fout wat jy en joernalistiek kan maak.Kom terug na die werklikheid want dit is al wat homself in die geskiedenis bewys het.Ek gaan nou nie ingaan op waar ontkenning ons gebyt het nie want dit is legio.Hitler, kommunisme tot terug by Troy en die grensoorlog Waar daar geglo is wat ons moes.Ek sê weer jy jok nie, maar jy is in die laaste maar gevaarlikste fase van die miskenning van statistieke.Jy sien daar wen Donald Trump agv die misintrepetasie van wat die media dink en versprei .Wiskunde sou bewys: die groep gaan bv. so en so stem en die groep gaan glad nie stem nie .Maar soos keer op keer bewys: domheid se perke sit nie hier nie. Was .Kort en lank en dit geld eintlik vir ontleders politieke kenners en veral die klomp slapg..t joernaliste wat agter die groter mediahuise aan slenter:Hou op om n klomp strooi vir ons te vertel wat ons weet en waarsku en propageer eerder almal teen die ontkenning van statistieke,al moet jy nou Cartoons kyk om jou tot jou sinne te ruk.groetnis Dr Marais

Theuns ·

Baie Baie Uitmuntende artikel Gerhard!. Johann wanneer is jou afspraak?

Mariska ·

Baie geluk Gerhard. Jy het dit uitstekend deur gegee. Ons glo iemand gaan dit duidelik in sy moedertaal oordra.

charmaine ·

Puik…..niemand kon dit beter se nie….kom ons hoop daar is iemand wat bereid is om die Crayons uit te haal om dit aan die rooihuid te verduidelik…..

Wilma ·

Baie goeie brief.. Ek het al gewonder wanneer gaan iemand iets plaas wat die man kan reghelp..

Leon ·

Puik! Ek is net bevrees dat ‘n mens iets van integriteit moet hê om die inhoud te begryp.

Karma1 ·

@Leon, nie net is integriteit noodsaaklik nie, maar ook die verstandelike vermoë en vermoë om te lees en Afrikaans te verstaan. Dit help niks mnr. Papenfus sit sy ope brief op ‘n Afrikaanse mediablad nie – Juliass lees nie hier nie (dit is nou as hy hoegenaamd KAN lees). Sit dit op FB en die EFF se webblad, in Engels. Dit sal dan dalk die teiken bereik.

Tali ·

Bravo. Ek hoop van harte dat hierdie brief onder Malema se aandag gebring word en dat hy dit aandagtig lees. ‘n Hele paar keer. En dan wil ek bitter graag sy reaksie hoor.

Lila ·

Wat ‘n lekker brief om te lees! Kan iemand dit asseblief in Engels vertaal sonder om die mooi en goeie skryfstyl in te boet? En kan ons die brief laat aflewer per koerier by sy volgende hofverskyning/ arrestasie?

Anoniem ·

Wanneer Malema op die oordeelsdag voor die Here staan, sal hy nie apartheid kan blameer vir al sy sondes nie. Ek sidder vir sy part as ek daaraan dink.

GEREED ·

Uitstekend – die inhoud van die boodskap asook die mooi Moedertaal. Jammer Malema gaan nie agslaan daarop nie. ‘n Dwaas luister nie na goeie raad nie. Sy agenda staan vas – blankes se ondergang en uitwissing. Hy gaan dit aanvoer tot die einde toe – dit is tog so gewaarsku deur die profete. Wees maar gereed daarvoor.

Rina ·

Puik voorwaar – sal iemand dit net vir die geleerde mnr Malema vertaal en goed verduidelik ook asb! Ek stem saam met jou Leon!

Esmay ·

Gerhard Papenfus jy het regtig moeite gedoen met jou brief. En het my van begin tot einde geboei.Hoop die inhoud kom uit by Malema en dat Ğod sy oè sal oopmaak.

Luister ·

Ek is bevrees Malema sal hom glad nie steur aan enige goeie raad nie.
Sy honger na mag, en natuurlik geld, is te groot.
Hy wil President wees, die grondwet verander, en van wit mense ontslae raak.
Hy gee nie om oor die res nie.

Adri ·

Ek kan dan ook net hier bevestig dat ek my stamregister sedert 1671 in my besit het. Dit is die jaar toe my voorvader hier aan wal gestap het. Elke geslag tot by my seuns en dogter. Sou graag wil verneem waar Mnr Malema se voorvader was, op daardie staduim. Seker nog in Wes Afrika Mnr Malema het u enige bewyse vanwaar u kom en waarop u aanspraak maak?

Johan ·

Pragtige uiteensetting Gerhard..ongelukkig sal die inhoud geen verskil maak aan malema nie…hy haat ons met ‘n passie. Soms lag ek vir die man..soms maak hy my bang. hy sal slaan waar dit die seerste maak, ons oumensies en kinders

humor ·

Goed ja. Wat die begaaftheid en geseendheid betref dink ek regtig jy voer hom met n lee lepel. In sy dwaasheid sal hy dit nogal vir homself toeeien en sal sal dit net nog sy verwronge selfbeeld voed.

Uiltjie ·

Uitstaande taalgebruik! Mooi so Gerhard! Daar is net een foutjie, jy moet die woord ” intellektueel ” met “dwaas” vervang! Spr. 27v22 se: Al stamp jy die sot met n stamper in stampblok fyn, sy sotheid sal van hom nie Wyk nie!

Sputnik ·

Puik skrywe! Ek steun Lila se versoek hierbo. ‘n Mens kan egter net wonder of Malema se denke werklik die diepte van hierdie skrywe kan bereik – sy optrede tot nou getuig nie daarvan nie. Dit is eintlik tragies as mens dink watter skade hy aan die land kan aanrig.

Dup du Plessis ·

……..’n paar antwoorde op Malema se vrae:
Daar werk duisende (hoofsaaklik wit Afrikaanse) seuns in die VSA, Kanada ens. as plaaswerkers. Die hektare wat hierdie seuns jaarliks oorsee bewerk is lankal meer as die totale hektare wat in die hele RSA bewerk word.
As hy somme kon doen sou hy besef dat die wit-swart verhouding ongeveer 1,5-50 is en dit dan ook verklaar hoekom hy so min wit mense in sekere werke sien. Verder poog wit kinders om hulle d.m.v. studie/opleiding so te bekwaam om beroep spesifiek te wees.
In die sestiger jare was hier ongeveer 11 miljoen swartmense en net oor die 3 miljoen witmense in die RSA, nou is die witmense ‘n miljoen of 2 meer terwyl die swart bevolking nader aan 55 miljoen of dalk meer is…,.,…RSA se appel ((ekonomie) word net al dunner gesny en met elke ekonomiese stukkie grond wat waardeloos le word die appel (en kossies) net al minder……nog baie swaarkry wat voorle

Jo ·

Die “führer” was nie ‘n Duitser soos in u skrywe genoem nie. Hy was ‘n Oostenryker.

jurie blanche ·

Goed gestel ons weet dit alles maar ongelukkig irrelevant vir malema hy gaan groter en groter word omdat anc die land in afgrond bestuur en mense sonder toekoms drome laat. Wat sal beteken dat die eufaria deur malema die alternatief gaan word vir baie. want gaaping tussen middel klas en arm word al groter, middel klas verdwyn en afrika model of ryk of arm is wat oorbly en dit lei tot katostrofe.

Johan Fourie ·

Wat my bekommer dit ingesliut met sy kometaar nou die dag is dat al die buurstate en ons self uit die internasionale kriminele hof bedank het.en as ek reg verstaan vat dit n jaar .Dan behoort ons nie meer aan dit nie ,dis waar voor hy wag,net vir daai jaar .Hy ons ge waarsku

Johannes Meintjes ·

Ons kom daagliks voor al meer radikale en “self-verdedigende” optredes, polarisasie en uitsprake te staan. Dit toets ons geduld en lankmoedigheid, en druis in teen gesonde norme vir die samelewing, voer ek aan. Volks en kultuurleiers met inbors, integriteit, persektief en visie raak ‘n al groter behoefte in SA. Dit is ook na mening belangrik om rekord te hou van Malema se optredes en uitlaatings, sodat as aangehidste geweld sou uitbars, daar nie gehuiwer word om waar nodig regsgeldig en effektief maar ordelik in self-verdediging op te tree nie.

Charmaine ·

Sinvolle en pragtige brief. Uit die hart. Vir die wat se dit beteken niks, jou negatiewe afkrakery maak ook geen verskil.

piper ·

die oorsaak van al ons probleme kan in n paar woorde opgesom word. ons bevolking aanwas oorskrei ons ekonomiese groei.

Jenny Nel ·

Dink julle dat daai ou kan lees. Nee ek glo nie. Ek hou van jou brief Gerhard maar dink jy dit is reg om hom Mr tenoem…Al wat hy doen is afkrak. Hy verdien nie om Mr genoem teword nie…

Alida ·

Mooi brief. Malema verstaan nie eers ons eie geskiedenis nie hoe sal hy enigiets van Duitsland verstaan. Hy hoort in die tronk.

Smith ·

Baie mooi brief. Ek het net gou n vraag. Hoe lank gaan ons wittes nog le lat hulle oor ons loop. Wanneer gaan ons opstaan en vir ons self begin baklei? Of wag ons vir die regte tyd?

Susan ·

Die dag as Malema in die tronk land, kry ek die bewaarders jammer. Hulle moet nou al aan ‘n enkelsel vir hom begin bou om hom eenkant te hou. Daar sal hy amok maak as hy tussen ander is.

Andre' ·

Baie goeie brief net n punt hier en daar,as jy n voorbeeld van n voorval gebruik soos in Duitsland maak sekker van jou veite baie mense lees die berig,Hitler het nie selfmoord gepleeg nie,hy en sy verloofde het gevlug na n ander land en is op n klein plasie op n ouderdom van ongeveer 75 oorlede

Ben ·

Veite ou swaer, veite. Nes die Tandmuis werklik ‘n feit wat mens verras.

Schalk ·

Andre ek het al baie oor die vermoede nagelees en tot vandag is dit nog nie onteensegtelik bewys nie. Maar miskien is Malema die resultaat van reinkarnasie. Ek het al google platgelees oor die onderwerp en geen feite bestaan met bewyse nie

Melanie ·

Uitstekende brief maar ongelukkig hits hy sy navolgers aan,kyk na sy uitlatings en dan kyk die aanvalle op blankes wat volg.Hy gee sy navolgers die reg om die wet te oortree.Solank sy navolgers glo saam hom ons het die grond gesteel gaan niks verander.

Johann ·

Onhou net! “Kings do not win the war,soldiers do”UITSTEKENDE BRIEF,,

Merkur ·

Dit sal definitief baie naïef van wit mense wees om nie voorbereid te wees wanneer die dreigemente waargemaak word nie.
Wees so geestelik en liggaamlik voorbereid en weerhaftig as moontlik. En stig organisasies wat kan inspring en help, net vir hierdie geval.

Amanda ·

sjoe hy die M is baie arrogante lafaard… ek wonder of hy weet:
Die arend vlieg hoog maar moet ook afkom om water te drink.

Maryke ·

Ek het die voorreg gehad om die volksmoord-museum in Kigali, Rwanda te besoek. Wat ‘n skokkende, ontstellende, hartseer ervaring was dit nie……..!! Ek wens dat elke inwoner van Suid Afrika dit kon sien en net kon besef wat ons besig is om te doen en waarop ons afstuur. Mag God ons bewaar……….dis my gebed, elke dag.

Attie Olivier ·

Nee wragtig mense. Heeltemal teveel inhoud vir so besoedelde brein. Attie Olivier

G Snyman ·

Ek dink persoonlik dat as Malemma die eerste paragraaf nie verstaan het nie sou hy seker die brief eenkant gesit het – hy dreig oop en bloot om wittes uit te roei maar wil huil as daar nie kos is nie. Wanneer draai die wiel dat hy voor die hof skuldig bevind word op sy aantuigings en dade. almal weet tog dat al hierdie plaas moorde ens afkomstig is van hom.

Schalk ·

Malema sal net een kyk na die artikel gee en dan kom sy “Eish”
Hy is nie eers die intelligente artikel werd nie en sal verseker dit nie verstaan nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.