Meningsverskille tussen hom, polisiehoof word ‘oordryf’ – Cele

Die minister van polisie, Bheki Cele, en die nasionale polisiehoof, genl. Khehla Sitole, Vrydag tydens ‘n mediakonferensie. (Foto SA Polisie)

Daar was ʼn verduideliking vir die vergadering tussen die nasionale polisiehoof, genl. Khehla Sitole, en die EFF-leier, Julius Malema, en dit was “in die haak” met hom, het die minister van polisie, Bheki Cele, Vrydag gesê.

Cele het vroeër vandeesweek in die parlement beweer ʼn vergadering in Desember tussen Sitole en Malema was ʼn sameswering tussen die twee om van hom ontslae te raak. Hy moes die opmerking terugtrek, maar die voorval het groot kommer laat ontstaan oor die oënskynlike vyandigheid tussen die land se twee toppolisieamptenare.

“Ek het die kwessie geopper dat daar ʼn vergadering was. Daar is bevestig dat die vergadering plaasgevind het. Ek was nie by daardie vergadering nie en kan nie vir jou sê wat presies gebeur het nie,” het Cele by die bekendmaking van die jongste misdaadsyfers gesê.

Volgens Cele werk hy en die nasionale kommissaris “deurlopend” saam om misdaad te hanteer en dat dit nie beteken daar is nie somtyds verskille nie. Die meningsverskille tussen hulle word ook deur “wie ook al” oordryf.

Sitole het in reaksie op die minister se opmerkings gesê “net dwase verskil nooit nie” en dat daar saamgewerk word om oplossings te vind.

Die minister sê hy en Sitole vergader naastenby elke twee weke.

“Ons ontmoet en sit en praat oor dinge. Ons ontmoet nie oor koffie of ʼn bottel Johnny Walker Black nie. Ons ontmoet werklik nie omdat ons vriende is nie. Ons ontmoet omdat ons werk en daar sal hier en daar meningsverskille wees,” het Cele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Pietertjie ·

Hulle aspireer seker altwee om ook eendag President te word.

Swerwer ·

As daar saamgewerk word, waarom is daar nie resultate nie? Wat het Malema met die Nasionale Polisiehoof te doen? Sameswerings soos Cele oorspronklik gesê het? Elkeen kan maar sy eie gevolgtrekkinge maak, die antwoord is ooglopend.

JohanR ·

Ek wens julle wil julle hoedens vat en @Voertsak Ferreira’s……

Jr ·

Oh dear eers wharra wharra wharra. Nou dat mal emma gesê in die hof hy gaan president word nou moet Silly cele sy campaign reg kry om mal emmas se minister van polisie te word. Nou Nee chomma alles is sharp.

Stephanus ·

Daar is n verskil tussen meningsverskille en beskuldiging van ondermyning. Lyk my Cele baie onseker van homself. Nog n aanduiiding van onderlinge wantroue binne die regerende party wat doeltreffende besluitneming kniehalter.

Nie Verbaas ·

Ag asseblief tog. Geen intellektuele gesprek kan onder die klomp plaasvind nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.